Die ringnek papegaai / ringnek voëls / ringnekke is die onderwerp van hierdie blad.
My blou-ringnek wat ek gehad het, het ek vir my broerskind gegee en vir my ‘n African Grey aangeskaf. Louis is nou 2 jaar oud en ‘n handvol, glo my. Jy wonder seker waarom ek hom weggegee het, nie waar nie? Die kind het so sin in hom gehad dat ek met trane hom aan haar oorhandig het. Op daardie stadium het ek nie veel kennis gehad van papegaaie nie, maar het nou baie meer opgedoen.
Goed, kom ons gesels rondom julle probleme.
Indien jy nie die eerste eienaar is nie is dit geweldig ontwrigtend vir jou voël. Hulle is nes mense in vele opsigte, juis omdat hulle gou geheg raak aan sy eerste baas. Daardie persoon is die een wat hy uit die staanspoor leer ken het en met hulle ‘n hegte band gesmee het. Nou is hy weg uit sy bekende omgewing waarin hy hopelik gelukkig was.
‘n Nuwe begin moet hy weer aanpak en hy vind dit moeilik as ek na jou luister. Wat sy eetpatroon was, daarby bedoel ek wat hy gevoer was, is baie belangrik om te weet. Enige papegaai moet vrugte en vars groente daagliks ontvang. Groente soos gevriesde groente wat afgespoel is, net om te ontdooi, is ideaal.
Wat egter lewensbelangrik is om te onthou is dat jy nooit enige vrugte se pitte aan hom moet voer nie. Veral nie appelpitte nie. Hulle is dodelik en natuurlik avokadopere. Dit moet jy glad nie vir hom gee nie, hulle sterf daarvan baie gou.
Enige ander vrugte kan jy gee, geskil en in hanteerbare blokkies vir hom soggens gee. Probeer om die vrugte eers net ‘n bietjie op ‘n slag aan hom voor te stel, sodat vermorsing nie te veel is nie. Vrugte wat geneig is om gou te verkleur, soos piesang, moet jy verwyder, omdat die vrug begin afgaan en hulle kan siek maak. Maak dit ‘n verskeidenheid van kleure waarvan hulle hou en dit hoop ek sal hom nuuskierig maak. Hou hom dop en jy sal gou leer waarvan hy hou. Druiwe kan jy ook voer, maar pitte eers uithaal.
Jy moet soetigheid en veral sout tot die uiterste toe beperk. Koekies, chips, vettigheid, is kos wat hy nie nodig het nie, aangesien dit hulle lewens radikaal verkort. Dis ongesond en veroorsaak dat hulle later nie gesond wil eet nie.
As jy hom regtig wil bederf gee hom die hoenderboudjie se beentjie, los ‘n klein bietjie vleis aan en hy sal dit geniet. Nie te gereeld nie, so eenmaal ‘n week is reg.
Groente soos aartappels en pampoen moet nooit rou gevoer word nie. Enige ander is reg rou. Uie moet hy ook nie kry nie, want dit veroorsaak gasse. Jy kan slaaiblare voer, maar nie lank in sy hok hou nie na dit begin verlep nie. Dit kan hom dan siek maak.
Jy moet onthou dat jou voël soos ‘n kind is en daarom is dit jou plig om hom te leer wat gesond is om te eet. Leer hom stelselmatig deur verskillende kosse te gee. Hou dit waarvan hy hou, wat ongesond is weg van hom af. Jy doen hom ‘n guns en jy gaan die vrug daarvan pluk voorentoe.
Nou wil ek oor die algemeen met jou gesels. As ‘n mens onkundig is, soos ek was, maak jy sulke onnodige foute. Jou ringnek moet jou leer ken en jou vertroue wen. Soos jy sy vertroue moet wen. Dis ‘n verhouding wat nou aan gewerk moet word van albei se kante af, maar veral van joune af. Jy sal hom moet wys dat jou motiewe ten alle tye suiwer is deur hom reg te hanteer.
Die manier wat jy met hom moet praat moet altyd sag, strelend en vertroostend wees. Hy moet nooit op geskree of hard mee gepraat word nie, want hy verstaan dit as of speel, of mishandeling van jou kant af. Dit gaan afhang van die situasie waarin julle jul bevind. As hy stout is, jou byt of iets dergeliks, trek jou oë groot en gee hom ‘n ferm en besliste "nee," gevolg deur sy naam. Hulle is baie slim en weet net hoe om jou te manipuleer. Laat jy dit toe dan het jy die stryd verloor.
Nou moet jy daaraan werk om sy vertroue te wen en te wys dat jy lief is vir hom. As jy hom wil mak maak gaan dit baie geduld en tyd neem. Gaan gereeld na sy hok toe, probeer aan sy koppie te vryf en gesels sag met hom. Onthou jou stemtoon vertel hom baie en hy gaan daarvolgens reageer. As jy aan hom vat en vryf herhaal elke keer dieselfde woorde sodat hy jou gebaar aan daardie woorde koppel.
Wanneer jy sy kos voorberei doen dit waar hy jou kan sien. Plaas sy hok in die vertrek waar daar heeldag beweging is, want dis belangrik dat hy nie weggesteek is van sy gesin nie. Gesels met hom, neem tyd om met hom te speel en sy aandag te kry. Wanneer jy agterkom dat hy sy koppie skuins draai en luister moet jy weet jy is halfpad daar met hom. Moenie moedeloos raak nie, hou net aan. Onthou altyd hy is ontwrig en dis nou jou plig om hom tuis te laat voel.
Die ringnek is nie baie lief vir kinders nie en kan hulle byt. Veral as hy ‘n band gesmee het met jou is dit beter dat hulle hom uitlos. Self as jy hom sover gekry het om by jou te sit sal hy dit nie verdra dat kinders of jou man naby jou kom nie. Hy sal jou deur ander aan te val probeer beskerm. Sou dit gebeur, sê net vir hom "nee", en streel hom. Moet nooit met jou ringnek raas en skree nie asseblief.
Daar is ‘n ware gesegde wat sê "liefde oorwin alles," en met ons diere is dit die waarheid. Liefde wat jy gee gaan jy terug kry in ‘n groter maat. Die ringnek praat ook, maar is uitstekende nabootsers van geluide. Enige wysie wat jy fluit gaan hy een of ander tyd naboots. Selfs die geblaf van jou honde.
Hou jou ringnek gelukkig deur aan hom veelkleurige speelgoed te gee, maar sorg dat dit nie gevaar vir hom inhou nie. Harde plastiek is die beste, gekleurde hout speelgoed, tou, nie nylon tou nie, kettings ens. Sorg dat die verf wat aangewend word veilig vir hulle gebruik is. As jy van sy speelgoed self maak, gebruik voedsel kleursel, want dit is veilig vir hulle gesondheid.
Stel hom eers voor aan ‘n nuwe speelding deur dit vir ‘n paar dae naby sy hok te hang en dan te waag om dit in die binnekant aan te bring. Hout is baie belangrik vir hulle om aan te kou. As jy vrugtebome het, kan jy soms ‘n takkie afbreek en vir hom gee, maar nooit avokadopeerboom se takke, of vrugte, of blare nie, asseblief.
Ek wil vir jou ‘n kort opsomming gee van wat jy onder geen omstandighede aan hom moet gee om te eet nie en wat jy met vrymoedigheid vir hom kan gee.
Vermy die volgende:
Koffie
Suiker
Sjokolade
Kaffeien
Avokado
Pitte van enige vrugte
Alkohol
Sout
Rou vleis
Rou eiers
Enige kos wat muf aan het of al oud en bederf geraak het
Kos wat beperk moet word:
Hierdie lys is veel langer en wat hom nie soos in dadelik dood maak nie, maar wel na ‘n tyd sy lewe verkort. Die voedsel val in verskeie kategorieë.
Kos met hoë vetinhoud:
Enige kos wat hoe vet inhoud bevat is nie net vir hom nadelig nie, maar vir ons ook. Dit beteken egter nie dat hy van tyd tot tyd saam met jou aan so iets mag eet nie. Wanneer jy hom voer dink daaraan dat jy besig is om ‘n klein kindjie van ongeveer 3 jaar te voer. Jy kan hom ‘n chip gee maar nie meer as een stukkie nie. Moet net nie dat dit ‘n gewoonte raak nie. Hier tel die hoeveelheid en gereeldheid daarvan.
Voorbeelde van die tipe kos is:
.Chips in pakkies
.Groente met baie margarien
.gebakte kos met olie of margarien
.enige tipe room
.koek versiering
.roomys
.vet vleis
.enige tipe sop wat ryk is
Kos met baie sout:
Te veel sout is vir hulle en ons nadelig. Wanneer jy kos maak kan jy sy deel uitskep voordat jy sout byvoeg en hy kan saam met jou sy ete geniet. Gee vir hom ‘n koekie en as daar sout aan is krap soveel moontlik af. Ongesoute neute kan jy ook vir hom gee, maar nie te veel omdat hulle te vet word daarvan. Wanneer jy popcorn maak gee hom sy deel sonder sout en hy is mal daaroor. Enige vleis wat sout bevat hou weg van hom af.
Voedsel hoog in suikerinhoud:
Papegaaie kan "junkfood eters word" soos dit met joune lyk my die geval is. Moontlik is hy dit gereeld gevoer daarom dat hy niks anders wil neem nie. Jy moet net sterk wees en dit glad nie meer voer nie, anders gaan hy gouer sterf. Hulle is baie lief vir lekkers en sal vra wanneer jy dit eet. Gee net ‘n klein stukkie en dis al. Moet dit nie deel van hulle daaglikse dieet maak nie.
Gee hom suiwer vrugtesap wanneer jy iets drink en hy vra, dis veilig vir hom.
Dit wat jy eet is veilig en laat hom saam met jou eet. Hou sy etes gesond en hy gaan ‘n gelukkige voel wees. Sy vere gaan goed lyk en jy gaan komplimente ontvang. Gebruik jou eie diskresie hierin.
Indien hy dalk liewer gaar groente verkies gee dit so vir hom, want dis tog beter dat hy dit eet as glad nie.
Goed soos gekookte eiers, net 3 ‘n week is toelaatbaar, kaas, pasta, rys, pizza, stukkies gaar vleis of vis en ander mense kos kan jy hom gee. Vrugte, groente, rys of pasta, droë vrugte sonder suiker en popcorn kan jy gerus gereeld met hom deel. Laat hom besluit wat hy wil hê, maar jy bly in beheer. Soos ek genoem het, ‘n hoenderbeentjie is veilig en ander vleis bene kan jy ook met matigheid gee as dit nie tee vet is nie. Die murg in die beentjie is sy voorkeur natuurlik.
Moenie hom melk voer nie, want hulle kan dit nie verteer nie. Alhoewel yoghurt goed is om hulle te voer.
Sonneblomsaad is noodsaaklik dat hy kry, maar in klein hoeveelheid. Gewoonlik gee ek elke aand vir myne sy saad en deur die dag eet hy sy vrugte en groente. Sonneblom moet jy nooit sy stapel voedsel maak nie, want hy sal sterf aan ondervoeding met te veel vet aan die lyfie.
As jy jou ringnek wil leer praat sal ek nie aanraai dat hulle almal op een tafel geplaas word nie. Wanneer hulle geleer word om te praat moet daar nie ander naby wees wat sy/haar aandag gaan aftrek nie. Hou hom totdat hy meer gevestig is alleen.
Sjoe, dit was omtrent ‘n mondvol wat ek met julle gedeel het. Hoop julle kan dit gebruik. Ek waarborg jou ‘n gesonde en gelukkige voël as jy die stappe volg.
Sou daar nog vrae wees wat julle wil vra, voel vry om my te kontak en ek probeer my bes om julle te help. Sterkte en wen sy vertroue deur vir hom liefde in oormaat te gee.
Vriendelike groete
skrywer: Francien Mare
Hierdie was in antwoord op:
Help
Ons bly in Swaziland en het ‘n ringnek (groen) geërf by vriende wat SA toe verhuis het. Haar/sy naam is Bonny, ek weet nie hoe om haar/hom te hanteer nie ek is mal oor haar, daar is nie ‘n ring om die nek nie so ek skat maar dit is ‘n wyfie. Ek gesels met haar en kry dit nou al reg om haar snawel te vryf met my vinger en ek kry dit so bietjie reg om haar koppie te krap, hoe kan ek maak om haar te leer praat? Ek het ‘n budgie en twee zebra vinkies in verskillende hokke. Kan ek hulle langs mekaar sit byvoorbeeld op dieselfde tafel of rak? Ek wil bitter graag hê Bonny moet praat maar weet nie hoe om dit te doen nie en wil haar ook graag mak hê. Ek het geen idee hoe oud sy is nie. Is daar dalk iemand wat kan raad gee. Mail my asseblief by prinsloopg@gmail.com Raad sal baie waardeer word dankie solank.
– Ronel Prinsloo
Wenk: Sit ‘n spieëltjie in jou voël se hok as jy wil hê hy moet sing. Hulle sing vir hul eie weerkaatsing.
Help
Ek het 5 ringnekke gehad maar al 5 het vanoggend 21 November 2008 dood gelê in die hok. Daar is nie katte of rotte in my erf nie maar dit het baie hard gereent die vorige dag. Een van die voëls het nog gelewe en het net ‘n skreeu geluid gemaak. Kan iemand my asb sê wat kon dit veroorsaak het asb?
– Dick Neethling
Francien Mare: “Haai daar Dirk. Hierdie is ‘n vraag wat eerlik baie moeilik is om sommer net te antwoord en om verskeie redes.
Ek neem aan jou papegaaie was buite in hulle hok en dalk het hulle nat gereën en deur die aand koud gekry en as gevolg daarvan doodgegaan. Hulle is nie in staat om baie koue te hanteer nie, veral nie as hulle lyfies boonop nat is nie. As jy my dalk met meer inligting sal voorsien sal ‘n mens makliker ‘n afleiding maak en tot ‘n slotsom kom wat die werklike oorsaak van hulle dood was. Dit klink egter asof koue ‘n oorsaak kon wees aangesien een nog geleef het toe jy by hom kom. Hokke moet ten alle tye beskut wees teen wind, reënstorms asook baie koue. “
Help
Hallo Francien Mare
Baie dankie vir jou raad wat jy my gegee het – My ringnekkie (Kasper) het toe deur ‘n baie moeilike tyd gegaan – sy beentjies het verswak en het soos “splyed legs” gelyk. Gelukkig het ek dit dadelik gesien en hom toe gevat na die vrou waar ek hom gekoop het. Nietemin, sy beentjies het hulle gespalk en voeding terug op die fyn pap gesit. Dit was ‘n wonderwerk – vandag is hy ± 9 weke oud en wat ‘n plesier. Geen teken van die agterstand met die beentjies nie. Ek wil net graag die volgende vra: Ons gaan almal soggens uit die huis en kom weer so 5 uur middae by die huis. Dan is hy natuurlik baie bly en is op sy hok, op die skouers en sommer oral. Hy kom dan eers weer tot ruste so teen 8-9 uur se kant. Is dit te lank vir hom uit. Hy is ook lief vir skouer sit. Wat my bietjie pla is hy gesels nie baie – so teen 7uur in die aand begin hy bietjie fluit en gesels maar dan moet ons dit ook aanpor. Ons gesels vreeslik baie met hom en spandeer baie tyd aan hom. Ek het al gedink hy is bederf. Dan eet hy saadjies, appels, en sommer engiets wat byderhand is – hy is baie lief vir beans sprouts – wil dan net dit eet. Verder het ek nie ander klagtes nie – maar is dalk versigtig dat ons te veel aandag aan hom gee – veral op die skouer of buite-is dit reg so as hy so buite wil loop/ of wil wees.
Dan as hy iets vreemds sien dan loop hy so snaaks – hoogh met die lyfie en dan “pin” sy ogies so klein. Hy buig sy vlerkies so vorentoe. Dit gebeur nou nogal baie – veral die “pin” van die ogies.
– Sarietha
Francien Mare: “Hallo Sarietha. Ek is dankbaar om van jou goeie nuus te verneem en dat hy alles goed deurwerk het. Ja, gelukkig het jy dit opgemerk en dadelik opgetree. Ongelukkig is dit onvermydelik dat baie van ons “papegaai-ouers” heeldag uit is en hulle alleen gelaat moet word, maar dit behoort nie te veel invloed op hom te hê nie. Daar is egter ‘n paar belangrike punte wat ek wil noem in hierdie verband. Jy moet sorg dat hy baie het om homself mee besig te hou en dat die speelgoed van so ‘n aard is dat hy in jou afwesigheid, homself nie sal beseer nie. Hy moet vars kos en water hê wat hy heeldag kan eet.
Dan die belangrikste is dat hy aandag moet kry van die gesin wanneer julle tuis kom. Dis nie bederf nie, ook nie nadelig om sy gevoel van alleenheid van hom te ontneem nie. Hy moet weet hy is deel van julle gesin en die roetine wat plaasvind sal hy met tyd aanleer dat dit onvermydelik is. Hulle pas vinnig en maklik aan, maar kan stout raak in die proses. Gee vir hom genoeg speeltyd buite saam met jou, in die huis, en gesels soveel moontlik met hom. Hy is nog baie klein en sal nie nou al praat nie, maar onthou, hoe meer jy gesels hoe meer woorde hy gaan leer gebruik. Herhaal dieselfde woorde elke dag in dieselfde omstandighede en so leer hulle om woorde in konteks te gebruik. So teen die ouderdom van ‘n jaar behoort hy goed te praat, maar hulle is bekend daarvoor om soms vinnige en ook stadige praters te wees.
Dit wat jy eet kan jy hom ook van gee, maar natuurlik geen sout en soetigheid nie. Vettigheid moet jy tot die minimum beperk. So ja, deel jou kos met hom, hy sal dit geniet. Slaaptyd is belangrik vir hulle en jy kan hom leer wanneer slaaptyd aangebreek het. Jou tyd genoem is nie te laat nie, leer hom soos jy jou kinders sou leer. Kyk op Roekeloos, onder diere afdeling, dan p – papegaaie, en jy sal baie van lyftaal daar vind. Daar word onder meer geleer wat elke beweging en of optrede beteken. Dit sal jou help om hom beter te verstaan. Lat ons asseblief weet hoe dit met hom gaan met tyd sodat ander deur jou ondervindings ook kan leer. Sterkte en geniet hom. “
Help
My ringnek is al 10jr. Oud.het hom by ander ouers gekry.hy praat maar nie veel nie.sal hy nog woorde aanleer? Eks ook al moedeloos. As hy eet, bring hy die kos op en eet dit weer. Het enige iemand raad vir my asb.?
– Baby Webb
Francien Mare skryf: “Baby, dis regtig ‘n kompliment wanneer jou papegaai kos opbring vir jou, maar as hy weg van jou af dit doen, is daar ‘n problem teenwoordig. Die opbring van kos is gewoonlik ‘n “liefdesverklaring” aan sy mense ouer. Dit word betwyfel dat hy nog woorde kan/sal aanleer, maar dit gaan van jou aandag aan hom afhang, want dit kan hom aanspoor om steeds meer te leer. Sterkte en geniet hom.”
Help
Ek het ‘n baba ringnek pappegaai – hy is nou 3 weke oud. Ek is bietjie vreemd met die kos gee – hy is nou op ‘n growwerige pappies wat ek by die petshop gekoop het – ek maak dit aan met bietjie warm water – hoeveel keer op ‘n dag moet hy eet en hoeveel op ‘n keer – hoe moet ek maak dat hy nie so alleen voel nie want ek kom agter hy “huil” gedurende die dag – of is dit normaal. Ek is baie vreemd met die baba pappagaaitjie – kan enigiemand dalk het met raad. bv hoe lank ek hom nog moet voer en watter soort kos – wanneer moet ek hom leer om self te eet ens.
– Sarietha van der Walt
Francien Mare skryf: “Sarietha, jou papegaai is nog baie klein en behoort drie keer per dag gevoer te word met die fyn papegaaipapmengsel en nie die growwe tipe nie. Begin deur een teelepel op ‘n slag aan te maak, met warm water, maar wees baie versigtig dat nie mengsel glad nie warm is wanneer jy hom voer nie. Hulle kroppe brand vinnig, wat hulle dood kan veroorsaak. Later sal jy agterkom dat een teelepel nie meer genoegsaam is en gee dan ‘n ½ teelepel by en vermeerder so totdat jy 2 teelepels per ete voer. Dit behoort vermeerder te word van 1 ½ teelepels wanneer hy ongeveer 6 – 7 weke oud is. Op die ouderdom kan die growwe pap aan hom gegee word. Let egter daarop dat hy kos sal vra nie lank na hy geëet het nie, maar dis belangrik dat hy nooit weer gevoer word voordat sy kroppie leeg is nie. Dit kan hulle siek maak as die krop steeds kos in het en weer ander bygevoeg word. Om te bepaal of daar kos in is kan jy liggies daaraan vat en jy sal voel of dit leeg voel al dan nie.
Jy noem dat dit lyk of hy “huil”. Ja, ek glo dit kan gebeur omdat, die outjie honger het. Op die stadium ontvang hy nie genoeg kos om hom heeldag deur te dra nie. Sorg dat jy iemand betroubaar het wat hom die middag kan voer as jy dalk heeldag uit is. Hy is regtig van sy kos afhanklik om gesond te ontwikkel en ‘n gelukkige papegaai te wees. Hulle eet gewoonlik pap tot op die ouderdom van 7 – 8 weke en sal minder en minder gewillig wees om pap te eet. Sorg ook dat hy in sy hok, vanaf die ouderdom van 7 weke, ander kossies ook in sy hok kry en so sal hy self leer om te peusel en sy eie smaak te ontwikkel. Jy moet hom hierin aanmoedig sodat hy leer om gesond te eet. Laat weet my asseblief hoe jy vorder en of jy nog hulp nodig het.”
Help
Ek soek hulp:- ek het heelwat verskillende voels waarmee ons teel. Ongelukkig het ek nou n 2de keer te doen met n Ringnek wyfie wat skynbaar n calsium tekort opdoen. Sy presenteer asof sy geen beheer oor nekbewegings het nie. Sy kom ook erg senuweeagtig voor en val sommer van die stok af. Sy eet goed maar wat nou? Ek gee wel extra calsium nin poeier vorm oor sagte kos, ten minste 2-3x pern week. Wat kan ek doen om haar te help, of is dit onomkeerbaar?
– Celeste van Zyl
Francien Mare skryf: “Hi Celeste.
‘n Kalsiumtekort kan erg afmetings aanneem, maar ek wil my nie met vrymoedigheid hieroor uitlaat nie. Die belangrikste is dat jy so gou moontlik haar by jou veearts moet kry voordat sy doodgaan. Dit is vreeslik belangrik dat jou voëls van die begin af kos moet inneem met kalsium, sowel as al die ander noodsaaklike vitamine en minerale. Veral hardgekookte eiers, met fyngedrukte eierdoppe, laevet maaskaas, gewone joghurt sonder suiker, piesangs en arbeie is goed. Maar ek stel voor dat jy eerstens na ‘n veearts toe gaan met haar vir noodhulp in haar toestand. Sterkte en laat weet wat gebeur ren raad ontvang, sodat ander baat kan vind daarby.”
Help
Ons wil graag weet op watter ouderdom ringekke vere groei? My dogter het ‘n baba ringnek gekoop en die voëltjie op ouderdom 2 maande gekry in Maart 2008. Vandag einde Julie 08 is die voeltjie byna 6 maande oud. Slegs die kop en beenjies is tans bedek met lig blou veertjies? Die res van die lyf het slegs baie kort donsies. Ons beoog om maar by ‘n vearts uit te kom maar soek bietjie raad?
– Mathys Willemse
Francien Mare skryf: “Mathys, ek vertrou dat jy aan die einde van die dag jou ringnek na ‘n veearts toe geneem het. My antwoord aan jou sou eerstens ‘n veearts wees om te help in hierdie probleem. Dit gebeur dat jou ringnekke wat nog in die nes is, op een of ander manier in kontak kom met ‘n virus wat die oorsaak daarvan is dat die vere nie groei en die liggaampie kaal laat, soos in sy geval, en net donsies los. Jy is gelukkig dat daar wel donsies was, want die gebeur dat die hele liggaam gestroop word van alles. So, die veearts is die regte persoon om op te soek vir hulp.
Hulle ontwikkel redelik vinnig hulle vere en kom ons aanvaar maar dat hulle bedek sal wees met vere vanaf die ouderdom van 3 – 4 maande oud. Sterkte en hoop hy het reeds ‘n lyf vol vere.”
Help
Ek het vier ringnekke wil hê hulle moet broei wat moet ek doen? Hulle is in ‘n groot hok buite het hulle by ‘n petshop gekoop twee mannetjies en twee wyfies groen en blou.
– Christoff Human
Francien Mare: “Christoff, ek het inligting vir jou, maar sal daarvan hou as jy my by die hieropvolgende e-pos sal kontak sodat ek al die nodige inligting en prentjies aan jou kan aanstuur. Hoop om spoedig van jou te hoor
“
Help
Ek hoop iemand kan my help! Ek het ‘n geel ringnek (Tweety). Sy (of hy) is nou 1 jaar & 9 maande oud en het nog nie ‘n ring nie, so ek weet nie wat die geslag is nie. Ek het haar op 2 maande gekry en met die hand groot gemaak. Sy is baie liefdevol teenoor my. Ek kan haar hele lyfie vryf, terwyl sy haar ruggie platmaak, koppie oplig, vlerke bietjie uitstoot en die oulikste, sagste geluidjies maak. Maar soms sal sy my uit die bloute byt, veral as ek haar wegvat as sy by iets blibks besig is om te speel. As sy op my skouer sit, byt sy my ore op ‘n baie aggressiewe manier en sommige dae sal sy die hele dag net aanhou skree. My ore kan die nie meer uithou nie! Sy kry baie aandag gedurende naweke. In die week kom ek egter eers so 17:00 by die huis en kan net so ‘n uur vir haar aandag gee, want sodra dit donker begin word, raak sy al meer beneuk en aggressief met my. Kan jy my asseblief raad gee, sodat ek haar kan leer om op te hou byt en skree? Baie dankie vir al die inligting wat julle gee oor ringnekke!
– Lelanie
Francien Mare: “Haai Lelanie. Soos almal teen hierdie tyd weet is die ringnek daarvoor bekend om ‘n skreeuende papegaai te wees. Nog nooit van een gehoor wat nie skree nie. Die mannetjie ringnek is die een wat so vanaf 3 jaar ‘n duidelike ring om sy nek toon, as bewys daarvan dat hy ‘n mannetjie is. Die wyfie het nooit enige teken van ‘n ring nie. Soos met enige papegaaispesie is dit, wat my aanbetref, belangrik om te onthou dat hulle daarvan hou om altyd in beheer te voel en te wees van sy mens maat. Op jou skouer is hy hoer as jy en derhalwe voel hy na jou meerdere en sal jou gesig aanval om jou op jou plek te hou, of jou van, na sy mening, van gevaar te beskerm. Dis beter om hom glad nie op jou skouer toe te laat nie en jy hom hiermee moet beheer. Wat aggressie met speelgoed aanbetref, moet jy daarvoor sorg dat daar nie by verkeerde, of gevaarlike, speelgoed beskikbaar is nie, aangesien dit aggressie aanwakker. In die natuur is dit hulle manier om met donker reeds vroeg te slaap en moet jy daarvolgens leer dat slaaptyd aangebreek het en daar nou rustig geraak moet word. Jy moet nuwe gewoontes aanleer en daarvolgens beheer uitoefen, want dit lyk of hy/sy in beheer is van jou. Opleiding in beheer van haar gebyt sal tyd neem en moet die papegaai streng en ferm terug in die hok geplaas word wanneer daar gebyt word. Haal die ringnek na ‘n tien minute periode weer uit die hok uit en herhaal hierdie metode totdat daar geleer word dat dit ‘n straf is wanneer daar gebyt of oortree word. Sterkte met jou ringnek.”
Help
Ons ringnek is nou agt maande oud, dit lyk of daar ‘n donker kring om sy/haar nek vorm, is dit ‘n aanduiding dat dit ‘n mannetjie is. Ons het nou ook nog ‘n ringnek by gekoop, geen idee hoe oud hy/sy is nie, maar daar is ‘n ligte groen ring om die nek. Wil ook graag weet of dit veilig sal wees om die twee saam in een hok te sit. Dit lyk of hulle mekaar gaan byt as ons die twee hokke naby mekaar sit. Dankie vir al die ander inligting ons baat regtig baie daarby.
– Reinette Breedt
Francien Mare: “Hi Reinette, dankie ook vir jou terugvoering waardeer dit. Wat jou vrae aanbetref net die volgende: – Wanneer ʼn ringnek papegaai ʼn ring toon aan/om sy nek is dit ʼn bewys daarvan dat dit ʼn mannetjie is. Ek is nie bewus daarvan dat hulle ringe so gou – op vroeër ouderdom van 8 maande – reeds ʼn ring toon nie, maar daar is altyd ʼn eerste keer vir alle dinge. Om twee bymekaar te plaas behoort ook nie ʼn probleem te wees nie, maar die gevolge is gewoonlik beter wanneer hulle saam groot geword het. Twee mannetjies gaan met mekaar baklei aangesien hulle vir een die ander kompetisie is. Onthou dat in die natuur die jongs saam leer tot op ʼn sekere ouderdom en dan verander hulle. Daar word altyd gekompeteer vir ʼn wyfie. In die geval is daar nou nie een nie en die moontlikheid bestaan dat hulle mekaar sal verdra of dan nie te goed oor die weg sal kom nie. Kyk maar wat gebeur en werk daarvan af wanneer hulle bymekaar geplaas word.”
Help
Eerstens wil ek baie dankie sê vir al die inligting wat ek reeds kon kry aangaande ringnekke.
Ek het 2 ringnekke persent gekry nadat ek gehoor het hulle word nie in die beste omstandighede aangehou nie. Die eienaar het gevra of ek hulle sal vat want hy is bie meer lus vir hulle nie. Dit is ‘n witte en ‘n mosterd groen enetjie. Ek was geskok om te ontdek dat altwee in ‘n kokketiel hokkie aangehou is en net sonneblom gevoer is. Ek is nie van plan om hul te leer praat nie maar voel tog ek moet die beste vir hulle gee. Ek het reeds ‘n groot hok gaan koop sowat 1.5mx1.5mx1.5 en staan omtrent 1.3 meter hoog. Die bodem van die hok is oop. Ek dink na alles wat ek gelees het het ek ‘n goeie idee wat hulle moet eet,ek het egter gehoor hulle hou baie van rooi brandrissies. Is dit so en hoe gereeld kan ek vir hulle daarvan gee? My 2de vraag is, kan ek hulle buite aanhou nadat hulle so opgekrop was in die persoon se huis? Ek sal die hok saans toemaak met seile en saagsels op die bodem gooi om hitte binne te hou en ek het ‘n hout nes gekoop en daarin gesit. Is dit aanvaarbaar of wat stel jy voor? Ek kan hulle nie nog ‘n dag langer in die kokketielhok aanhou nie. Dis eenvoudig te wreed.
Hoop om ou van jou te hoor voordat ek hulle buite in die hok sit.
– Amanda
Francien Mare skryf: “Hallo Amanda, ek is bly dat jy iets geleer het uit al artikels oor ringnekke. Jy is baie gelukkig om twee sulke pragtige ringnekke te kry, veral dit witte is baie duur. Die grote van die hok wat jy gekoop het is ideaal, en as ek reg verstaan wil jy hulle in die hok buite plaas? Dit behoort nie ʼn probleem te wees nie, maar ek sou aanraai dat jy hulle redelik beskut plaas buite, in ʼn hoek byvoorbeeld, waar die koue winter aande en dae nie te erg op hulle gaan neerkom nie. As daar ook ʼn kassie, nes, ook binne geplaas is sal dit regtig goed wees, maar sit dit hoog teen die hok vas. Hulle hou daarvan om hoog op te sit en slaap, op ʼn stok of in die nes. Net om seker te maak hulle is veilig teen koue en wind is ʼn seil goed. Saagsel is reg, maar hou dop dat dit nie te vuil word en siektes kan veroorsaak nie. Brandrissies is nie ʼn probleem nie, as hulle dit eet kan jy maar gee op ʼn daaglikse basis.”
Help
Kan iemand dalk vir my enige wenke en versoriging van rignekke gee, het een present gekry, ring net so liggies sigbaar, al is hy glo hand groot gemaak byt hy verskriklik.
– Michele Faurie
Francien Mare: “Hallo Michele. As jy sê sy ring is net effens sigbaar dat moet hy amper drie jaar oud wees. Hulle ringe word op daardie ouderdom sigbaar en is ‘n bewys daarvan dat hy ‘n mannetjie is. Die wyfie kry nie ‘n ring nie. Daar is al reeds baie inligting deur my aangaande die ringnek se versorging gegee, wat maar dieselfde is as die African Grey s’n. Die enigste verskil tussen hulle twee is dat die African Grey die intelligenste papegaai is van alle papegaaispesies. Wat kos, hantering, versorging, opleiding en behoeftes aanbetref is alles dieselfde en ook op die ringnek van toepassing. Lees gerus al die verskillende artikels reeds hier beskikbaar en pas alles net so op jou ringnek toe. Soos reeds genoem, hulle is bekend daarvoor om te byt, en sterkte met hom.”
Help
My groen ringnek is so +/- 5 maande oud. As hy binne sy hok sit kan mens hom nie uithaal nie – hy byt, maar as hy self uitklim en bo-op sy stok sit dan klim hy op my hand … maar byt my man. Sy vlerke is geknip. My vraag: hoe gereeld sny mens die vlekrke en sny mens julle naels, want dis baie skerp en druk soms gaatjies in my vinger?
Dankie vir al die hulp ek lees graag al die nuus oor ringnekke – dit het my al BAIE gehelp!
– Petro Reinecke
Francien Mare: “Hi Petro. Dankie vir die terugvoering en ons is regtig bly dat jy daarby baat vind. Dit maak my net al hoe meer daarvan oortuig dat ons pragtige ringnekke net daarop uit is om sy mens-familie te byt. Dis so jammer, omdat dit fisiese kontak met hulle aansienlik bemoeilik. Ek wil voorstel dat dit ‘n permanente wyse van optel word. Laat hom eers uit die hok klim en dan kontak met hom te hê, sonder om gebyt te word, en hom dan hom op te tel. Laat dit ‘n gewoonte raak, sodat hy nie nodig “voel” om ‘n aanval te loods nie. As dit enigsins troos wil ek net noem dat my African Grey ook byt as hy binne in sy hok ‘n hand kry. Ek glo hulle voel bedreig, want sy gebied word betree en hy moet dit beskerm. Terwyl hy gewilliglik op jou hand klim wanneer bo, hou dit so, maar jy moet ‘n groot ophef daarvan maak. Prys hom, vertel hom hy’s soet en oulik. Dat hy jou man byt maak sin, juis omdat hy reeds met jou meer verbind geraak het en nie met hom nie.
Vlerkvere wat geknip word val met tyd uit en nuwes neem die plek daarvan in. Sodra jy sien dat hierdie nuwe vlerkvere weer laag oor sy rug begin groei is dit beter om hom na ‘n veearts te neem vir nog ‘n sessie. Hulle toonnaels moet verseker geknip word, omdat hulle nie in kontak kom met harde materiaal wat die naels kort hou nie. En ja, dit maak regtig gate in ‘n mens se hande. Daar is in troeteldierwinkels ‘n skurwepapier beskikbaar wat jy oor hulle stokke binne in die hok aanbring, maar dit word gou afgeskeur deur hulle wat eintlik geld mors is. Beste laat sy toonnaels geknip word.”
Help
My ringnek is Desember gebore en is hand groot gemaak deur my suster wat met hulle boer. Ek het hom in Maart gekry toe hy kon begin eet. Ek gee hom al die liefde wat ek kan ongelukkig werk ek in die dag en het 2 honde wat ook baie aandag verg. Ek is bang hulle byt hom daarom is ek baie versigtig ek maak die hok in die middag 5uur oop en laat hom uitklim hy loop oral rond waar ek is en hy eet uit my bord. Ek haal hom ook in die oggend uit voor ek gaan werk. Hy kry spesiale koekies, vrugte en hy eet kook kos uit my bord. Die probleem is hy bly vir my wild. Hy loop op my skouer ek soen hom maar hy bly wild hy byt my verskriklik stukkend wat kan ek doen. Is dit omdat ek hom nie genoeg aandag gee en liefde gee nie. Help asb.
– Suzanne Swanepoel
Francien Mare: “Hallo Suzanne. Ek lees tussen die lyne dat jy hom nie baie hanteer nie, maar hy het redelik vryheid. Hy loop rond, maar die oomblik wat jy fisiese kontak met hom het byt hy jou. Hy is nog baie jonk en jy kan hom leer om jou nie te byt deur dissipline toe te pas. Soos ʼn kind moet hy leer daar is reëls wat hy moet volg. Wanneer jy tyd kry moet jy hom meer hanteer. Leer hom om die “op” opdrag te ken. Leer hom dat hy stout is deur hom in sy hok terug te plaas vir ongeveer 10 minute wanneer jy gebyt word. Haal hom daarna weer uit en plaas hom terug wanneer hy weer oortree. Hy sal een of ander tyd leer dat hy straf ontvang as hy byt. As hy op jou skouer sit stel ek voor dat jy hom dit nooit toelaat nie. Hulle voel hulle is totaal en al baas daar, so haal hom net elke keer af.
Hulle word mak deur baie fisies hantering en kry hulle nie baie daarvan nie neem dit tyd om hulle te leer dat hulle jou nie moet byt nie. ʼn Tekort aan liefde is nie die oorsaak van jou probleem nie. Nee, probeer ʼn speelding neem en speel saam met hom daarmee waar jy TV sit en kyk. Raak kort-kort liggies aan sy lyfie en hou net op ʼn daaglikse basis daarmee aan. Enige papegaai moet leer dat hulle onder sekere reëls saam met sy mens-maat moet leef en jy is die enigste een wat hom dit kan leer. Sterkte en laat weet hoe jy vorder.”
Help
Ek het ‘n mak grys ringnek. My vriendin het ‘n blou ringnek van ongeveer agt weke oud. Hy eet slegs uit haar mond. Hy eet sulke rooi pilletjies wat sy by die dierewinkel gekoop het wat hulle gesê het geballanseerde kos is en verder peusel hy aan groente en vrugte en ‘n paar neute per dag. Onlangs het hy ‘n geel kol op sy snawel ontwikkel en ons sal graag wil weet wat die oorsaak daarvan is. Ons wil ook graag weer van watter ouderdom af hulle self begin eet.
– Miemie van Niekerk
Francien Mare: “Beste Miemie. Jy het my ‘n tyd gelede genader aangaande hierdie probleem en stel voor dat julle hom veearts toe neem. Daardie ringnek is nog te klein om dit te oorweeg om sy babakos van hom te ontneem. Hy moet tenminste twee maal per dag sy babakos met ʼn inspuiting en/of teelepel gevoer word. Om hulle met die mond te voer is uiters onhigiënies en kan hulle mens-kieme opdoen wat tot hulle dood kan lei. Jy kan ook by hom iets optel. Hy sal net aan ander voedsel peusel en nie genoeg inkry wat genoegsaam sal wees nie. Maak seker dat hy genoeg eet. Wanneer hy ongeveer 13 – 15 weke oud is sal hy al hoe minder babakos eet en wegdraai wanneer julle hom wil voer. Hou net aan met ander kossoorte gee.”
Help
Ek het ‘n mak grys ringnek. Ek soek inligting oor die broeityd en hoe die neste voorberei moet word vir ringnekke.
– Alta van Wyk
Francien Mare: “Ek sal bly wees as jy my per e-pos sal kontak aangesien daar prentjies is wat ek jou wil aanstuur en die nodige inligting oor die neste vir broeidoeleindes.
My e-pos; kalaharikat@webmail.co.za”
Help
Ek het ‘n mak grys ringnek. Hy het uit sy hok geklim en toe het my ma se worshond hom beet gekry. Ek was by die veearts met hom, hulle sê hy sal okey wees. Gelukkig het net sy 1 vlerkie seergekry. Maar nou vrees ek dat hy sal wild raak. Wat moet ek doen sodat hy nie wild raak nie? Help aseblief.
– Anoniem
Francien Mare skryf: “Anoniem, ek wens ek het jou naam geken, makliker om so met jou te gesels. Dit moes ‘n geweldige ondervinding vir jou ringnek wees, dankie tog dat hy dit oorleef het, nie te seergekry het nie, maar ek is bevrees dat hy ‘n tyd gaan neem om te herstel. Jy moet in ag neem dat hy aan skok ly, sy vertroue geskaad is, ten eerste omdat jy nie na sy beskerming omgesien het nie en sy lewe daardie oomblik bedreig was. Baie liefde en sagte hantering, as hy dit sal toelaat, sal nou prioriteit saak vir hom wees. Jy moet hom wys dat hy veilig is, maar dit sal baie oortuiging neem, en dat jy daar is vir hom. Liefde in oormaat gaan dit bewys. Gee hom kans om te herstel, want hy behoort ‘n mate van pyn te ervaar. Nogtans moet jy voortaan om hom te hanteer, buite die hok, waar daar geen ander troeteldiere is nie. Sodra hy ‘n hond sien gaan hy weer sy naby-dood ervaring onthou en beleef, so jou verantwoordelikheid is nou om ander diere weg te hou van hom af. Wanneer jy oortuig is daarvan dat hy geheel en al herstel het, vra jou veearts wat hy dink, dan kan jy eers stelselmatig troeteldiere begin voorstel aan hom. Dis belangrik dat jy jou papegaai in sy hok hou terwyl daar vreemde troeteldiere by jou aan huis is, want dit kan sy dood beteken. Dit kan veroorsaak dat hy geheel en al verander, maar met baie liefde, sagte hantering, geduld kan jy hom help deur die tyd van sy lewe en steeds jou mak ringnek behou. Ook kan hy verander in ‘n baie saggeaarde papegaai met al die ekstra aandag wat jy gee. Laat my asseblief weet hoe dit met hom gaan. Sterkte.”
Help
Ek het seegroen ringnek papagaai van so 5mnde oud. Het hom/haar hand grootgemaak. So maand gelede het die kopvere en borsvere uitgeval en lyk nie of sy/hy groei nie en is wild en maak geen geluide. Weet nie of dit mannetjie of wyfie is nie en is aleen in eie hok mar saam african grey in selfde vertrek. Gee sade,vrugte en groente. Ek was so 2mnde weg mar nou weer terug. Kan u my asb raad gee om my gipetto te red?
– Liza Jordaan
Francien Mare skryf: “Hi daar Liza. Dit lyk my, as ek reg verstaan, dat jy weg is van hom af op ‘n stadium wat hy nog baie klein was. Reg? Dit was ‘n baie klein papegaai wat jy agtergelaat het vir twee maande, terwyl hy op daardie stadium van sy lewe, baie liefde en sorg nodig gehad en met sy mens-ouer, later mens-maat, verbind moes raak. Jy gaan nou baie hard daaraan moet werk om sy vertrou te verdien. Dis reg, ek sê verdien. Jy moet baie aandag gee, liefde in oormaat, en saam as hoofbestanddeel, baie geduldig met hom moet wees. Hy moet jou weer van vooraf leer ken. Wat die uitval van sy vere aanbetref, stel ek voor dat jy hom dadelik veearts toe neem om presies vas te stel wat die probleem is. Laat weet asseblief hoe hy vorder.”
Help
My kerel se ma het ‘n groen ringnek, ek is nie seker van sy ouderdom nie, maar hy is ‘n hele paar jaar al oud, sy het hom eers gekry nadat hy reeds redelik ouerig is. Hy is glad nie mak nie en is redelik bang as enige iemand naby sy hok kom, hy het altyd gefluit en redelik baie geskree. Sy het nou onlangs weg gegaan op vakansie en het die voël na haar ander seun gestuur om na te kyk, Kokkie was oorgeplaas na ‘n kleiner hok sodat die hok bo-op ‘n kas kon staan weg van die kat af, hy was daar vir omtrent 3maande, ons het hom nou terug gekry en dit lyk of hy verstrooid is, hy het van sy vere uit geplik, ek weet hulle doen dit as hulle verstreed en gestres is, ek is ook net bang dat hy dalk vlooie gekry het, is dit moontlik? Sy hok was langs ‘n hamster se hok. Ek hoop dat dit die geval is en dat hy nie siek geword het nie, ek het gelees van ‘n virus wat hulle kry dan gebeur dieselfde. Enige raad op hoe ons hom weer gesond en mooi kan kry.
– Yvette Basson
Francien Mare: “Hi daar Yvette. Om die minste te sê was ek geskok om van Kokkie se omstandighede te wete te kom. Ek is ʼn verskiklike diereliefhebber en kan geen vorm van dieremishandelinge regverdig verklaar nie. Ongeag die omstandighede wat die betrokke persoon in was tydens die situasie. Voordat ek jou vrae beantwoord wil ek ʼn paar stel. Was dit nodig om daardie onskuldige papegaai bloot te stel aan sulke mishandeling? Het enige iemand aan die nagevolge gedink waaraan hy blootgestel word, of was dit net ʼn kwessie van kry die papegaai by iemand tot hulle teruggekom het na 3 maande? Om lief te wees vir jou diere – papegaaie ingesluit – moet jy ten alle tye bereid wees om met oorgawe na hulle om te sien, wat meer is, ten koste van jouself as dit nodig sou wees. As dit nie moontlik is nie is dit beter om geen dier aan te hou en deur sulke behandeling te sit nie. Ek is seker dat daar iemand iewers is wat maar te dankbaar sal wees om die verlosser te wees van iemand wat nie meer die dier – papegaai – wil hê nie.
Ek glo nie julle moet enigsins verbaas wees dat hierdie papegaai afwykings toon nie. Verwag niks goeds as gevolg van die traumaties ervarings wat hy moet beleef nie. Vra jouself die vraag af: – “Sal ek weg van mense wat ek reeds lank net vanaf ʼn distansie af ken, weggeneem wil wees en tussen my vyande geplaas wil word? Sal ek daarna steeds myself wees, of sal daar nie ook sielkundige afwykings by my teenwoordig wees nie?” En ja, hy kan deelagtig word van lelike parasiete. Hom regkry, oornag, is buite die kwessie. Neem hom liewer veearts toe as dit vir die betrokke persone belangrik genoeg is.”
Help
Hoe maak jy hulle mak my man het een as geskenk gekry en hy is natuurlik versot op my man en as ek hom voer, maar die res van die tyd blaas hy op en en hap na my hoe weet ons of dit mannetjie of wyfie is dankie.
– Joy Pretorius
Francien Mare skryf: “Hi Joy, ek neem aan jy praat van ʼn ringnek papegaai wat julle het. Jy noem nie hoe oud hy is nie. Die beste manier om hom mak te maak is deur baie interaksie. Hantering, praat en goeie versorging is van uiterste belang. Gee my ʼn bietjie meer inligting asseblief sodat ek julle meer inligting kan gee. Hoop om gou van jou te hoor.”
Help
Hi daar,
Ek het ‘n blou ringnek van 7 mnde gekry by ‘n kollega. Die ringnek is mak tot op ‘n punt. Ons laat hom gereeld uit sy hok, maar hy wil net byt, en om hom terug te sit is net so groot probleem. Is dit te laat om hom mak te maak, indien nie, hoe doen ek dit? Moet ek vir hom/haar ‘n maat kry?
– Ostelle Farnsworth
Francien Mare skryf: “Hallo Ostelle Jou ringnek is jonk en kan nog baie leer en natuurlik makgemaak word. Jy kan dit alles regkry met baie geduld. My voorstel is dat jy hom glad nie buite die hok sal toelaat voordat hy geleer het om op jou hand te klim nie. Hy moet die “OP” opdrag uitvoer en sodoende het jy beheer oor hom en nie soos dit nou gaan nie. Dit wil voorkom asof hy nooit geleer het om op die hand, vinger, te klim nie. Hoe nou – wonder jy? Kom ons begin voor.
Wanneer jy na die hok beweeg, die deur oopmaak, moet jy dadelik ferm jou hand na hom uit hou, met gewrig effens gebuig na onder, jou wysvinger reguit na hom uitsteek met die opdra, “OP”. Die moontlikheid bestaan dat hy gaan probeer byt. Trek net weg en herhaal die opdrag. Druk jou vinger teen sy lyf, laag naby sy bene, sodat hy gedwing word om op te klim. Sou dit gebeur dat hy opklim, prys hou daarvoor, en maak ʼn groot ophef daarvan.
Maar, MOENIE HOM UITHAAL NIE. Plaas hom terug op sy stok elker keer wat hy positief reageer. Herhaal dit ʼn hele paar keer en prys hom elke keer daarvoor. Los hom in die hok net om later weer dieselfde proses te herhaal. Doen dit vir ʼn week lank, tussen 10 – 15 keer per dag. As jy verby loop hou jou vinger na hom uit en hy behoort te verstaan wat jy bedoel. Herhaal net elke keer die opdrag. Wanneer jy sien dat hy nie meer weier en gemaklik opklim, haal hom uit, stap ʼn draai met hom terwyl jy aanhou gesels. Kom weer terug, plaas hom terug in die hok en los hom tot jy dit later weer herhaal. Hierdie proses is nodig vir nog ʼn week lank. Dit kan gebeur dat hy gaan probeer wegkom, deur af te vlieg. Neem ʼn ferm standpunt in met hom, hou jou vinger met die opdrag, plaas hom terug in die hok. Moet nooit die oomblik in ʼn drama oomblik verander nie, want dan hou hy aan met die tipe optrede. Hy kry reaksie op sy ongehoorsaamheid. Plaas hom terug en los hom uit vir ongeveer ʼn uur en probeer weer. Die belangrikste is dat hy moet leer om gehoorsaam te wees aan jou opdragte. As hy dit begryp sal hy ander dinge net so vinnig leer. Sterkte en onthou – geduld is die wagwoord.”
Help
Het u enige raad vir ‘n ringnek, hy is blou van kleur en baie mak. Ons het hom +- 3mnde terug gekoop by ‘n Petshop. Hy gesels nogal baie. Ons het met vakansie gegaan Desember’2007, en het iemand gehad wat na ons diere en voëls omgesien het. Toe ons teruggekom het van vakansie af het Bubblegum se vere minder begin raak. Hy was wel alleen in ‘n kamer gewees. Dis net vir ons eienaardig. Wat sal u sê kan die probleem wees. Ons het hom ook by ‘n vearts gehad en die Dr sê dit kan dalk ‘n virus wees of Bubblegum was eensaam, of het stres. Die vere val van self uit, Bubblegum pluk glad nie die vere uit nie. Hy is nou op antibiotika, ons hoop dit help.
– Elma vd Merwe
Francien Mare skryf: “Hallo Elma
Om sulke inligting te hoor is vir my ontstellend. Ek is baie bly dat jy jou papegaai dadelik veearts toe geneem het en wat hy noem maak sin. Ek glo sy probleem is iets van albei.
Jy moet besef dat julle lank weg was en hy alleen. Daar was net vir ‘n paar minute op ‘n slag interaksie met hom, dan nie eers wat hy aan gewoond is nie.
Ongetwyfeld was hy onder baie spanning gewees, omdat hy julle glad te sien gekry het nie. die persoon met wie hy besig was om te bind was skielik nie daar nie. So, ja, dit is moontlik dat hy so angstig geraak het, dalk ook nie soos gewoonlik sy kos ge-eet het nie, en daar raak hy toe vatbaar vir een of ander virus.
Solank sy vere uitval, selfs na die antibiotika moet jy weer terug dr. toe met hom. As sy probleem ‘n virus is, wat hopelik die enigste rede is, dan behoort hy binnekort weer homself te voel.
Ek wil jou aanraai om hom goed te versorg, baie aandag, baie liefde, die regte dieet dadelik aan te moedig sodat hy gouer sy immuunstelsel kan opbou. Wanneer ‘n papegaai se immuunstel afgebreek word is hulle gewoonlik baie vatbaar vir die geringste siektes.
Sorg dat sy hok te alle tye skoon en reukvry is. Sy kosbakke moet deeglik met sterk seepwater gewas word, daagliks, en skoon afgespoel word.
As dit kom dat julle weer op verlof gaan, neem hom liewer na die mense wat na hom gaan kyk sodat hy steeds beweeging en mense om hom sien en hoor. Moenie hom nie weer aan so ‘n ondervinding blootstel nie, asseblief.
As daar weer verdere inligting of hulp nodig is kan jy of hier jou vrae stel, of jy kan my by die volgende e-pos kontak: kalaharikat@webmail.co.za
Hoop ek hoor gou weer van sy vordering.”
Help
Ek (student) het onlangs ‘n 4 maande oue ringnek gekoop. EK het twee goed wat ek graag net sal wil uitvind. Is dit reg as hy so nou en dan langs my sit as ek eet en saam eet? Ek wil nie toekomstige probleme skep nie! Tweedens wil ek net ietsie vra rondom sy hokkie: Ek wil nie sy hokkie heeldag oophou nie want ek verstaan dit is te veel vryheid. Kan ek byvoorbeeld in die oggend (as ek klasdraf) sy hokkie oop los maar in die middae toe? Ek sal hom graag in die oggend wil oop los om by sy speelraam te speel. Ek het geniet die kommentaar!
– Anton Hough
Francien Mare skryf: “Hallo Anton,
Dankie vir terugvoering oor die inligting wat ons gee en is bly dat jy dit geniet. Solank jy dit ook toepas om jou ringnek te leer ken en te leer praat. Laat ons gerus weet hoe jy vorder met jou ringnek asseblief.
Ek sou baie graag wou weet waar jy tuis is, dalk ʼn woonstel? Anton, dit is nie verkeerd as hy saam met jou sit en eet nie, maar dit is verkeerd as jy hom toelaat om verkeerde kos saam met jou te eet. Op die oog af lyk jou kos onskadelik, maar as dit nie sout, speserye, vettigheid, avokadopere, sjokolade – kyk onder ringnek vir kos wat papegaaie nie mag eet nie – dan sien ek eerlik niks daarmee verkeerd nie. Wat jy kan doen is gee hom sy bordjie kos, skoon vars vrugte en groente en iets soos ongesoute rys, kapokaartappels ens, maar asseblief maak seker dit is ongegeur. Dit is baie ongesond vir hulle en dodelik. As jy iets drink gee hom ʼn klein bietjie vrugtesap sonder suiker of die gewone joghurt [plain lae vet].
Wat jou tweede vraag aanbetref wil ek antwoord asof jy in ʼn woonstel bly. As jy alleen is in jou blyplek, wil ek voorstel dat jy nooit jou papegaai alleen oop los nie. As jy dink dat hy al die tyd daar gaan sit en homself besig gaan hou, verseker ek jou dis nie die geval nie. Papegaaie, alle papegaaie, is nuuskierig en ondersoek alles deur daaraan te byt. Stel jou voor hy byt aan ʼn lewendig kragdraad, wat gaan jy vind as jy tuiskom? Terwille van sy veiligheid is dit beter om hom in sy hok te hou totdat jy tuis is en toesig kan hou. Gee aan hom aandag as jy tuis is en hou hom in sy veilige hawe wanneer jy uit is.”
Help
Ons het ‘n wit (albino) ringnek wyfie wat nou 4 jaar en 3 maande is. Queenie is te oulik en gesels dat dit klap. Sy het ongelukkig bek en veer siekte gekry toe sy ‘n jaar oud was en het al haar veertjies verloor. Ons vermoed dat sy dit gekry het van hout speelgoed wat ons by ‘n dierewinkel gekoop het. Die veearts het gese daar is geen hoop vir haar nie, maar hoe maak jy jou kind dood? Ons het navorsing gedoen en ‘n persoon by Onderstepoort het voorgestel dat ons vir haar Colloidal Silver in haar water gee met baie vrugte en groente. Sy het nou so mooi herstel dat haar hele lyfie vol veertjies is. Sy sal seker nooit weer soos ‘n gewone ringnek lyk nie, maar sy is gelukkig en pragtig. Sy is mal oor haar “pa” en roep gereeld vir Pappa. Sy’s verskriklik besitlik oor hom en ek word afgeknou as ek te naby hom kom en sy op sy skouer sit 🙂 Koop altyd speelgoed wat toegedraai is in plastiek of was eers die speelgoed voor dit in die hok gehang word.
Ringnek groete
– Melanie Potgieter
Francien Mare skryf: “Baie dankie dat jy ons die goeie nuus meegedeel het oor Queenie. Ek is seker dat almal wat hierdie lees ‘n punt daarvan sal maak om hout en ander speelgoed eers skoon te was voordat dit in hulle hokke aangebring sal word. Ek wil sover gaan en ʼn voorstel maak dat die houtspeelgoed ʼn paar minute in die oond gebak word, net om seker te maak niks oorleef wat ons voëlkinders kan benadeel nie. Ek neem beslis kennis van jou inligting, dankie.”
Help
Ek het absoluut gek geraak oor die ringnek- parakete. Ek wil bittergraag vir my een aanskaf. Ek is ‘n student wat maar partykeer besig gaan wees en het net gewonder: Ek weet daar word vertel dat ringnekke konstante aandag verlang, maar is dit ook reg as ek hom maar partykeer vir lang rukke gedeurende die dag in sy hokkie moet los? Ek weet dit klink stupid maar ek wil nie ‘n ringnek koop as ek weet hy kan glad nie sonder konstante aandag nie. Ek sal wel byvoorbeeld etenstye in my flat wees waar ek hom BAIE sal bederf. Dankie!
– Anton
Francien Mare skryf: “Anton, enige papegaai het aandag nodig, maar nie konstante aandag nie. Hulle het tye wat hulle woelig raak, speel en eet, maar hulle het tyd nodig om ook te rus. Ek persoonlik is tussen 7- 8 ure ʼn dag uit omdat ek werk. Daar is net ʼn huishulp tuis. Louis kry kwaliteit aandag en nie kwantiteit nie, en nog nooit het ek enige afwyking opgemerk omdat ek nie 24 uur met hom kan wees nie. Sorg net dat hy speelgoed het waarmee hy hom kan besig hou wanneer jy weg is. Ek glo dis baie belangrik wanneer jy tuis is om hom goeie aandag te gee. Onthou hulle raak gou in roetine en moet dit liewer nie laat gebeur nie. Moenie dat hy glo wanneer hy jou sien moet hy dadelik aandag kry nie. Wissel sy tye af. Oor ʼn naweek moet jy die tye dieselfde hou, want hy sal nie verstaan waarom hy eendag meer aandag as ʼn ander kry nie.”
Help
Ek het sowat 3 maande terug ‘n ring nek gekry en ek wil graag weet hoe bepaal ‘n mens die ouderdom vam ‘n ringnek? Hy eet daarem al saad en groente en vrugte maar hy kry nog ‘n aand voeding met ‘n spuit want hy wil nie van die lepel af eet nie, ek sal dit waardeer as iemand miskien vir my kan help met raad of ‘n website waar ek foto’s van ringnekke kan sien, ek het die ander inligting baie hulpsaam gevind.
– Yolande van Tonder
Francien Mare skryf: “Ek dink die moontlikheid bestaan dat ‘n kenner, soos ‘n veearts, jou sal kan help om sy ouderdom te bepaal. Wat ek weet is dat hulle op die ouderdom van ongeveer 3 jaar ‘n ring om die nek ontwikkel, alleenlik as dit ‘n mannetjie is. Die wyfie kry nie ‘n ring nie, en so word hul geslag uitgeken.
Hou maar aan om hom in die aand te voer, ‘n spuit werk net so goed soos ‘n lepeltjie, totdat hy dit nie meer wil hê nie.”
Help
Groen met rooi streep oor nek. Raas in hok soos honderde van hul. Gil en skreeu luidrugtig en klap vlerke vreeslik.
Wat kan ek doen. Haar snawel is gekraak van al die kap aan die hok en sy byt ons stukkend en is aggresief.
– Ester Byleveldt
Help
In April het ons vir my dogtertjie n Jenday conure vir haar verjaarsdag gekoop en van toe af het die voel gogga ons gebyt. Ons het tans 4 ringnekke en 2 jenday conures. Ons het al 6 van hulle gekry toe hulle babas was en moes dus handvoer. Die ringnekke is al 4 in n groot hok, en was tot onlangs toe baie gelukkig sonder probleme. Maar nou het die geel ringnek almal begin byt. Ons het haar in haar eie hok ingeskuif. En haar hok naby die ander gesit. Sal sy of hy (ons weet nog nie wat een van hulle is nie) weer gewoond raak aan die ander en sal ons haar later weer kan inskuif by die ander? Sy is ook byterig aan ons skielik as ons haar uit die hok uit wil haal. Maar as sy eers uit is, is sy regtig baie rustig.
– Ansie
Help
Ek wil eintlik net graag uitvind, ek het ‘n Groen ringnek so +/- 5 jaar oud dit was eintlik my ma hul se voëltjie en het hy so maand en half gelede by my kom woon- Hy het onlangs so ‘n kolletjie langs sy bekkie wat die pennetjies uitsteek en agter sy koppie hierdie is plekke waar hy nie moontlik kan by kom om sy vere uit te pluk nie – kan dit wees dat hy verveer? Hy skud ook baie donsies af? Soos ek sê hy woon al ‘n ruk by my en was okay?
– Charlene Fourie
Francien Mare skryf: “Charlene, as ek die regte gevolgtrekking maak van die manier wat jy jou probleem beskryf, klink dit vir my asof hy besig is om tee verveer. Die nuwe vere lyk soos pennetjies met ʼn wit waslagie daarom. As hy mak genoeg is kan jy saggies daaraan vryf om net te help om hierdie waslaggies af te kry vir hom. Jy moet egter versigtig te werk gaan, aangesien dit ʼn gevoelligheid veroorsaak wanneer daaraan geraak word. Gewoonlik vryf hulle hul koppies teen die hok as hulpmiddel om van die was omhulsels ontslae te raak. As dit egter na ʼn tyd nie opklaar nie – wat vir my nie na ʼn probleem klink nie – moet jy hom maar na ʼn veearts neem vir hulp. Leer hom wat “KOPPIE KRAP” beteken en hy sal dit altyd verwelkom. Hoop dit help.”
Help
My ringnek lyk of hy verveer en hy het nie meer vere om sy ring nekkie nie dit lyk of hy juk en krap hom dan soms stukkend wat kan ek doen
– Elzabe Nagel
Francien Mare skryf: “Elzabe, dit lyk my jy moet so gou moontlik jou ringnek by ‘n veearts kry. Dalk net ‘n klein probleem nou en moet dus nie te lank wag om hom te help nie.”
Help
Wil graag weet hoe oud die ringnek papegaai word.
– Johan Esterhuyse
Francien Mare skryf: “Johan, ringnekke is bekend daarvoor om ongeveer 20 plus jaar oud te word. Dis lank genoeg om hulle te geniet.”
Help
Alle inligting sal waardeer word rakende ons nuwe baba. ‘n Blou ringnek, 5 weke oud. Hoeveel kos per maaltyd, watter tye van die dag. Alles asseblief! Eks die ene ore!
– Christelle Pretorius
Help
My vriendin het ‘n blou ringnek van so agt weke oud. Hy eet nog nie self nie en eet hoofsaaklik uit ‘n mens se mond. Sy gee vir hom sulke klein rooi pilletjies spesiaal vir ringnekke. Verder peusel hy aan groente. Op watter ouderdom begin hulle self eet? Hy het ‘n geel vlek op sy snawel ontwikkel en ons sal graag wil weet wat die oorsaak daarvan is.
– Miemie van Niekerk
Francien Mare skryf: “Miemie, dis glad nie ‘n goeie of gesonde situasie dat julle hom met julle mond voer nie. Die mond van ‘n mens is glad nie baie skoon nie en kan kieme wat vir skadelik is oordra. Kry by ‘n troeteldierwinkel die regte tipe lepeltjie wat gebruik word om hulle mee te voer. Wanneer hy nie meer gevoer wil word nie sal hy nie meer ontvanglik wees vir sy voer sessies nie. Gewoonlik begin hulle op 15-16 weke alleen te eet. Wat die vlek aanbetref stel ek voor dat jy hom na ‘n veearts toe neem net om seker te maak of daar dalk ‘n probleem is nie.”
Help
Ek het onlangs ‘n ringnek gekry van so ongeveer 4/5 weke oud. Ek het al baie navorsing oor die ringnek gedoen, maar daar is nog ‘n paar dinge waarvan ek nie verstaan nie.
– As hy op my skouer sit en ek my kop draai of beweeg, dan gaan sy bekkie oop. Al asof hy my wil byt en sê los my uit. Baie keer as hy op sy stok sit en ek my hand uit steek na hom toe, dan gaan sy bekkie ook oop.
– Baie keer maak hy sulke sagte piep geluidjies. Veral as hy stil op my skouer sit of as hy slaap.
Verduidelik vir my asb. wat dit kan beteken?
Groetnis
– Elsabè
Anoniem skryf: “Ek dink ons moet almal Francien Mare se bydraes volg. Ek dink teen die tyd volgende jaar verstaan ons almal elke geluidjie en houdingtjie. Skote Petoors Francien!”
Francien Mare skryf: “Elsabe, dis interessant dat jy hiervan melding maak. Wanneer ‘n jong, klein papegaaie in jou geval, sy mond oopmaak is dit omdat hy kos soek. Wanneer hy sy ete reeds gehad het behoort hy nie dadelik so te reageer nie. Die feit dat hy nie byt nie is genoegsame bewys dat hy bedel en niks meer nie. Dis egter belangrik dat jy by drie maaltye bly per dag en tussenin kan jy wel probeer vrugte voer. Moet net nie bederf nie, want later gaan hy jou beheer en nie jy hom nie. Die sagte geluidjies is sy manier om met jou, sy ma, te kuier. Gesels dan maar net terug en sodoende gaan hy leer wat jy probeer oordra aan hom.”
Help
My ringnek hou baie van tone. Hy kan niemand se tone uitlos nie. Hy voer ‘n snaakse dansie al rondom die tone en maak sy vlerke oop en pronk! Dit is te oulik!
– Ruda Kleynhans
Francien Mare skryf: “Ruda, dit is ‘n eienskap van papegaaie lyk dit my, want ek hoor dieselfde ding van baie ander. Ons aanvaar veral as hulle so optree teenoor sy huismense dat hy maar pronk om te toon hy is pragtig en dalk sy manier om te wys hy is lief vir jou. Daar is ook gevalle dat hulle vreemde, of onbekende, mense se voet aanval met die doel om seer te maak. ‘n Vrou wat ek ken se papegaai het ‘n ander vrou se sandaal stukkend gebyt nadat hy haar sandaal uitgepluk het. Dit was ‘n macaw gewees. Solank hy net nie byt nie geniet hom maar.”
Help
Hi, ek lees jul voedingsinligting vir ringnekke en African Greys. Is die voeding van ‘n kokketiel dieselfde as die van die ringnekke? Is sonneblom saad as hoofbestandeel van sy dieet skadelik?
– Karin
Francien Mare skryf: “Die koketiel se stapelvoedsel, soos dit genoem word, moet nooit net uit sonneblomsaad bestaan nie. Met die papegaaie is daar tog ‘n verskil aan hoe hulle hanteer en gevoed moet word.
Moenie hulle net sonneblomsaad voer nie, maar geen ook stukkies vrugte en gekookte eier. Al verskil hier is dat jy sy vrugte moet vas sit aan die hok. Die rede is dat hulle nie soos die groter papegaaie kos met die poot vasklou nie. So verkieslik moet jy afsonderlike bakkies in sy hok plaas waarin hy kan kies wat hy wil eet. Stel hom vroeg reeds voor aan verskillende kossoorte, maar sy sonneblom moet hy ook kry.
Jy kan gerus ook wortelblare skoon was, dit moet vars wees, en hang dit vir hom op. Hulle is gewoonlik lief daarvoor. Wat meer is, die klein budgie is baie lief daarvoor. Maar verwyder dit wanneer jy sien dit lyk nie meer te vars nie.
Sterkte en hoop jy kom reg.”
Help
My african grey (Poena) is nou 2mnde en 1week oud. Ek moet hom nog steeds voer met ‘n lepel. 3 keer ‘n dag. Is dit normaal of nie? Hy eet nie baie deur die dag nie. Ek gee vrugte en groente. Hoe lank kan ek hom nog voer met ‘n lepel?
– Ansie
Francien Mare skryf: “Jy moet aanhou voer, maar verminder stelselmatig na twee keer per dag, aangesien hy al redelik groot is. Jy moet egter ‘n bietjie sonneblom saad by hom in sy hok plaas, of van die “pellets” wat vir hulle bedoel is. Dit is om hom te leer dat hy self moet begin belangstel in kos. Water moet ook altyd byderhand gehou word, al drink hy nog nie self nie.
Met tyd sal jy begin agterkom dat hy nie meer lus het vir die lepel etery nie. Sou hy nie meer so wil eet nie, moenie daaroor bekommerd wees nie. Maak ‘n mengsel van saggekookte groente en natuurlik sonder enige sout of olie en gee dit aan hom om aan te peusel. Hou klein stukkies vrugte, sonder pitte, ook naby hom. Sodra dit lyk asof die kos nie meer vars lyk nie, verwyder dit onmiddelik asseblief. Ou kos is nadelig vir enige voël.
Geniet om verskillende kos te gee en leer so waarvan hy die meeste hou. Onthou ook altyd, dat daar nie te veel papaja gegee moet word in die begin nie, aangesien dit maag-werking kan veroorsaak, wat as dit nie behandel word nie, dodelik is.
Ontspan en geniet hom. Laat hy jou leer wanneer hy nie meer ‘n baba voel nie en neig na grootword.
Sterkte met Poena”
Help
Ons het onlangs ‘n ringnekkie gekry wat so tussen 6 en 8 weke houd is…en tog te oulik. Hy is nog op die “baba-pap” en skree partykeer op ons as hy die gou genoeg kos kry nie. So paar dae terug het hy begin miaau soos ‘n klein katjie – en ons het nie ‘n kat wat hy kan naboots nie. Is daar dalk iets fout? Of is dit maar net een van die maniere hoe hy met ons gesels?
– Jana von Wielligh
Francien Mare skryf:
“Jana, ‘n papegaai van tussen 6 – 8 weke sal nog nie regtig ‘n geluid of woord reg kan na-aap nie. Nee, daar is ook nie fout met hom nie, hy gesels maar met jou. Gesels maar voort en leer hom op daardie manier. Ons is so oorywerig om ‘n papegaai te hê wat gesels, dat elke geluid wat hulle maak, soos iets bekend wil klink. Sterkte met jou ringnek.”
Help
Ek is ‘n groot papegaai liefhebber ek het 2 ringnekke wat net soos my kinders is! ‘n Geel ringnek +- 4jaar en ‘n groen ringnek +- 1jaar. Ek het die geletjie van babatjie tyd af gehad en met die hand groot gemaak. Sy is baie mak maar nie baie spraaksaam nie. Dan het ek die einde van laas jaar die ander een gevang hy het wild rond gevlieg (ek skat sy vorige eienaars het sy hok oop gemaak en toe het hy weg gevlieg) ek sukkel om hom mak te kry, ek kan ook glad nie aan hom vat nie en ek wil baie graag, hy gaan na my vriend toe maar wil niks van my weet nie. Hy sal vrugte ens uit my hand uit vat maar dis dit. Hy is ook dan baie jaloers op die geletjie sy is baie mak so sy klim op my skouer of sy hou daarvan as ek haar koppie krap maar ek hou nie daarvan dat my kindertjies die heeldag in die hok sit nie so as ek by die huis kom van die werk af maak ek hulle oop tot slaaptyd en hulle is amper die julle naweek oop so met gevolg as ek haar vat om by my te sit of haar koppie krap dan wil die ander een haar byt. Ek weet nie wat om te doen omtrent die situasie nie? Help asb? en dan nog ‘n ding het hulle ‘n vieslike skril skreegeluid wat hulle maak in die aand so van 18:00 se kant af of as ek op die foon is of as ek hulle nie oopmaak nie. Ek weet nie hoe om die geskree van hulle te hanteer en wat daaromtrent te doen nie?
– Maryke de Beer
Francin Mare skryf:
“Maryke, ongelukkig is dit die waarheid dat die ringnek vreeslik kan skreeu. Dit is ‘n geluid wat ‘n mens soms net nie meer kan vat nie, maar ek het goeie nuus vir jou. Wanneer hy so gil neem sy kombers en drapeer dit oor sy hok en ignoreer hom geheel en al. Dis wanneer hulle aandag kry wanneer hulle sulke geluide maak wat ons pla merk hulle dit op en hou dan aan daarmee. Probeer maar jou bes en draai ‘n dowe oor en hy kry nie meer sy sin nie. Ja, hulle is jaloers op die aandag wat die ander kry en daarom sal hy ‘n aanval loots. Skuif net weg van die jaloerse een af en hou jou besig met haar weg van hom af. Jy moet hulle leer dat elkeen tyd met jou kan spandeer.
Moet nooit op jou papegaai gil nie, want hulle lees dit as ‘n opgewondenheid nagelang van wat hulle doen. Wees ferm en beslis as jy met hom raas. Maar nie skreeu nie. Hy sal met tyd leer om jou emosies deur jou stem te lees. Gee altyd ‘n baie ferm NEE, en herhaal dit ‘n paar keer.”
Help
My ringnek is nou 7 weke oud(groen. Hy maak sulke snaakse kla geluidjies as ek met hom praat.Dit kan sy manier wees van terugpraat, maar ek sal graag wil weet.
– Pierre Rossouw
Francien Mare skryf:
“Pierre, alle klein papegaaie maak sulke geluide en veral om ons aandag te trek. Ja, aanvaar maar dat hy met jou gesels.”
Help
Ek het ‘n ringnek wat 3 jaar oud is. Sy is die enigste papegaai in die hok en het die laaste week 2 eiers gelê. Moet ek die eiers uithaal of moet ek dit nog in die hok los?
– Reynette Reynierse
Help
Ek het ‘n blou ringnek – hy is nou amper 8 weke oud en eet nog avi plus pap – op watter ouderdom kan ek hom speen van die pap – op die stadium voer ek hom nog met ‘n lepel, maar begin om deur die dag vrugte en sonneblomsaad en peanuts in sy bakkie te sit – hy huil egter vir pap en begin om met sy saadjies te speel.
– Annemarie Liebenberg
Help
Ek het ‘n baba ringnekke van om en by 14 dae oud, ek voer hom die pap wat ek gekoop het by die “petshop”, met die regte lepel hulle het vir my gese ek moet hom voer totdat sy kroppie vol is of dat ek kan sien hy wil nie meer hê nie, ek wil net weet of regmaak en wanneer kan ek hom water gee, ek hou my vinger en gee hom so nou en dan druppels water in ek weet nie of dit reg is nie, ek wil hom handgroot maak, ek neem hom orals saam met my want hy is nog baie klein, ek hou ook toe in ‘n boksie met kombersie vir warmte en wil net weet of regwerk, en vir hoe lank moet ek so aangaan hy begin nou veertjies kry op sy liggaampie en hoe weet of hy ‘n mannetjie of ‘n wyfie is. Ek hoop iemand kan my dringend help.
– Luzelle Stander
Francien Mare skryf:
“Wat die bepaling van ‘n ringnek se geslag betref, is iets wat bykans twee jaar, dalk meer neem, om te bepaal wat hulle is, want wanneer hulle volwasse raak is dit die mannetjie wat ‘n pragtige ring om sy nek kry, maar nie die wyfie nie. Na my kennis is dit die maklikste manier om te bepaal wat jy het.
Luzelle jy het seker al ‘n redelike groot ringnek teen die tyd. Om ‘n jong voël te voer tot sy krop vol is, is die regte manier. Gewoonlik sal hulle ‘n aanduiding gee wanneer hulle genoeg gehad het. moet nie bekommerd wees oor die water wat hy nie inkry nie, aangesien hy vog inkry deur sy voedsel. Namate hy ouer word moet jy soos ander, sonneblom, neute ens in sy hok plaas sodat hy kan leer om belang te stel in self eet. ‘n Baba voël moet maar warm gehou word aangesien hulle maklik doodgaan op daardie ouderdom. Ek glo jy het al baie geleer met hom. Laat ons gerus weet hoe dit gaan, asseblief.”
Help
Ek het ‘n wyfie ringnek en sy het so week terug 2 windeiers gelê, ons het nou ‘n mannetjie by haar gesit en die eiers verwyder, beteken die windeiers dat sy dalk broeis is en sal sy die mannetjie aanvaar.
– Anelda Oosthuizen
Anoniem skryf: “Dit mag wees. Sommige voëlsoorte se wyfies (weet nie of dit almal is nie) lê beslis eiers wanneer hulle broeis is.”
Help
Ek die mooiste groen ringnek – met geen duidelike ring om die nek nie. En moet bely ek is GEEN voëlkenner nie, maar het 2 jaar gelede hierdie mooiste voël as geskenk gekry. Hy / sy (?) het my dadelik aanvaar, maar my grootste wens is dat hy / sy (?) kan praat, maar tot dusver (vir 2 jaar) hoor ek net ‘n vreeslike geskree in my ore. IS DAAR HOOP?
– Sandra Swart
Anoniem skryf :
Indien die voël nie meer te jonk is nie is hierdie ‘n wyfie.
Help
Ek benodig hulp rondom ‘n keuse van kleur vir my ringnek wat ek kry vir my verjaarsdag.
– Eugene Burger
Anoniem skryf:
“Wilde ringnekke is groen, indien jy dalk ‘n natuurlike voorkoms verkies. Anders kan jy jou gunsteling kleur kies of vergeet van die kleur en kyk na die baba’s se gedrag voor jy een kies.”
Help
Is dit waar as twee ringnekkies in een hok aangehou word, hulle nie gaan praat nie. Ek wil ook weet wat die beste soort kos is wat ek vir hull kan gee. Ek lees dat jy nie sonneblom saad mag gee nie, maar al die kos wat ek koop het dit in.
– M. Swanepoel
Help
Ek het 2 ringnekke van baba tyd af. Die groen is ‘n mannetjie en die geel ‘n wyfie. Aanvanklik kon ek altwee pamperlang en baie liefde gee. Tot onlangs het die groene my begin bestorm as ek naby die geele kom. Ons het aangeneem dat dit moontlik paartyd kan wees en het alles in hulle hok gesit. Die groene pronk die hele dag vir die geele en byt ons dat die hare waai. Ons gee genoeg liefde aan elkeen.
– Tinka De Almeida
Help
Is 13 jaar oud en trek nou haar vere uit. Wat kan ek doen?
– Coreen Geldenhuys
Anoniem skryf :
“Neem aan jy praat van ‘n ringnek. Gee vir haar nuwe speelgoed, probeer ‘n verandering in haar dieet en gee baie baie aandag.”
Help
Ek het 2 groen ringnekke die een het ‘n ring om sy nek en die ander een net baie lig is dit ‘n mannetjie en wyfie en moet ‘n mens vir hulle ‘n nes maak, maak hulle self ‘n nes of moet ek self een maak en wat mag hulle eet en wat nie.
– Magrietha Swart
Anoniem skryf :
Die mannetjies helder kleure op die nek en stert. Jy kan dit egter eers sien vanaf drie jaar. Voor dit is dit baie moeilik om tussen geslagte te onderskei, behalwe met DNA-toetse. Mannetjies se pupille raak klein wanneer hulle pronk. Die wyfie se ring is wel ligter. Jy kan vir haar ‘n nes koop wat geskik is vir papegaaie.
Help
Ek het my blou ringnek, ene Ringo Bluebell Star, by Wollies Voels gekoop, kompleet met ‘n ring om die poot – vandaar die naam Ringo. 🙂 Toe ek hom gekry het, was hy 8 weke oud, ‘n ene monster en baie kwaai (ek dink meer BANG). Wou hom eers Jaws gedoop het, maar daar was geen keer aan my om hom mak te maak nie. Sy vlerke was reeds geknip, en hy het net sulke sprongetjies gegee om weg te kom, as ek hom benader het. Ag shame… Maar ek het hom toe mooi sit gemaak op sy groot hok(in die tv kamer) en so het hy elke dag net daar vir ons gesit en kyk. So ‘n tip hierso, moenie die hok by ‘n deur sit nie.. Sit die hok eerder in ‘n hoek waar minimale beweging is, maar waar hy ook ‘n mooi uitsig oor die hele vertrek het, anders gaan hy te veel skrik as iemand skielik net verskyn. Wel, toe elke aand as ek my sepies gekyk het, so ‘n uur, dan het ek hom teen sy sin natuurlik, met ‘n sagte fleece kombersie geneem, en hom op my bors gesit, terwyl ek op die bank gele het.. Dan moes ek hom natuurlik vashou, maar het dan sy koppie probeer streel. So het hy elke aand by my gesit tot dat hy later my begin vertrou het, en self by my gesit het.
Hy was egter vreeslik bang vir ons hande, maar nie vir ons gesigte nie.. Snaaks.. Maar het hom gereeld hanteer(saggies natuurlik), sodat hy kan gewoond raak daaraan. Nie eers 2 weke nie, en hy het gemaklik op my skouer begin sit, terwyl ek in die huis rond geloop het / gesit het.
In my opinie moet ‘n Ringnek ten minste 3 uur per dag aandag kry / buite die hok wees. Maklikste is wanneer jy tv kyk / kos maak, want dan kan jy lekker met hom gesels as die advertensies aan is. Ek vat hom ook saam badkamer toe as ek bad, dan sit hy op die handoekreling,en gesels ek ook daar met hom.
Ringo het homself diep in my hart gekruip en is nou 7 maande oud. Hy is ‘n absolute skat, en as ek by die huis kom, beweeg hy op en af, op en af tot die hok oopgemaak word. Hy sal self van die hokkie afklim en ten my broek op klim op by my skouer uit te kom. En nou met hierdie winter weer is hy dol daaroor om binne in my sweetpaktop te broei terwyl ek tv kyk.
Ek voer Ringo basies net voelsaad, met verrykte druppels en appel. Maar as ek wel wortels, of rys eet, eet hy lekker saam. Hy’s besonders nogal lief vir ertjies! Hy byt dit oop, eet die sagte ertjie en los die doppie oor. En die wat nie ringnekke het nie, julle moet sien hoe oulik dit lyk as hulle ietsie met hulle poot vashou terwyl hulle eet. Maar geen sjokolade en avo nie.. Niemand kan dit genoeg sê nie. 🙂
Maar… Ringo kan verskriklik kwaai raak as hy die dag wil. Onthou dat diere ook gevoelens het, jy gaan seker lag, maar miskien is sy magie omgekrap / dalk kry hy koud / dalk het hy sleg geslaap / dalk het hy hoofpyn. Wees simpatiek indien jou ringnek en skielik byt of kwaai is. Beste werk vir my dat ek vir hom vra of hy nou vandag ” ‘n kwaai baba ” is, en dan sal ek hom terug sit in sy hom, en die helfde van die hok toegooi met ‘n kombers. Maar los die deurtjie oop, sodat hy kan uitkom as hy beter voel.
Maar as hy nou opsetlik stout is of ‘n tantrum gooi oor jy ‘n pen / jou skoen! of iets weggevat het wat hy verniel, gee net vir hom jou “evil eye” / kwaai kyk, en sê ferm NEE. Ek wys ook gewoonlik my wysvinger, waarna hy dan natuurlik kwaai pik. As ek hom dan weer NEE sê, dan pof hy kop op, maak sy pupille kyk, en loer so van onder op na jou toe. Ene dikbek. Dit lyk kostelik!! 😀
Nou.. ek hopenlik help al hierdie iemand anders. My “probleem” is, dan Ringo besonder stil is.. Ek weet mense sal wat gee vir ‘n voeltjie wat so stil is, en ek kan hom werk toe begin, en niemand sal eers weet hy’s hier nie, want hy uiter nie ‘n geluid nie!
Ek praat vreeslik baie met hom, maar geen reaksie nie. Maar, laat ek net die sakie regstel, hy maak wel geluide, maar nie vir my nie. Hy skree vir mense wat hom probeer optel, en hy wil nie opgetel word nie. (Mooi so, ma het hom geleer om nie met vreemdelinge te gaan nie.)
En hy sal ook so paar vra-skreetjies gee as ek die vertrek verlaat, en te lank wegbly.Maar as ek terug is, nie ‘n geluid nie. Ook soms as ons musiek speel, sal hy saamsing, maar sodra ons dit afsit, is hy tjoepstil. Is hy dan skaam???
Ek praat rerig baie met hom, en spandeer gemiddeld vanaf 16h00-23h00 met hom, maar hy maak niks nie. Ek hoor so van die mense wat se hulle ringnekke praat in vol sinne ens, maar myne wil nie eers probeer aaa se nie.. hehe. Sal hy ooit praat? Of verwag ek te veel te gou?
Groete, en always love your birdies!
– M. Liebenberg
Anoniem skryf :
Daar is geen waarborg dat jou ringnek gaan praat nie. Almal van hulle het die vermoë, maar hulle is maar net so vol dinge soos ons. Nes kinders soms, so maak doodseker jy beloon goeie gedrag en NOOIT swak gedrag nie. Dit kan ook wees dat hy so verlief geraak het op jou dat hy eerder wil luister na jou en kyk wat jy doen in plaas van praat. Probeer hom nou en dan afluister, dalk hoor jy iets, of verlaat die vertrek en as hy skree dan kom jy net terug wanneer hy ‘n geluid maak wat soos ‘n woord klink. Maak seker jy praat stadig met hom sodat hy kan sekerheid hê oor hoe die woorde moet klink en herhaal dieselfde woorde. Hou net aan, hy luister beslis.
Help
Ons het ‘n ringnek wat skielik haar vere begin uittrek. Sy is 13 jaar oud. Wat moet ons doen?
– Coreen Engelbrecht
Help
Ek het die artikel gelees oor die ringnek en wonder of dit ook van toepassing is op African Greys. Ek het ‘n Engelse handboek maar verstaan nie alles so lekker nie!
– Molly Grobler
Help
Goeie dag, hoop iemand kan help ? Wat moet jy doen dat hy self uit die hok klim en hoe begin jy om hom leer om nie te byt nie, wat moet jy alles doen om hom mak te maak dat hy oulik word.
– Hester
Help
Ons het ‘n groen ringnek present gekry. Volgens die mense het hy alles geeet. Nou wil hy net “sweets” eet. (Die gekleurde balletjies chips) Ons het tot pro-nutro probeer – geen sukses. Hy sal 2 happies aan ‘n peer gee en dit dan in sy water gooi. Ek is bang hy gaan dood van honger.
– Mariette De Wet
Help
Ons bly in Swaziland en het ‘n ringnek (groen) geërf by vriende wat SA toe verhuis het. Haar/sy naam is Bonny, ek weet nie hoe om haar/hom te hanteer nie ek is mal oor haar, daar is nie ‘n ring om die nek nie so ek skat maar dit is ‘n wyfie. Ek gesels met haar en kry dit nou al reg om haar snawel te vryf met my vinger en ek kry dit so bietjie reg om haar koppie te krap, hoe kan ek maak om haar te leer praat? Ek het ‘n budgie en twee zebra vinkies in verskillende hokke. Kan ek hulle langs mekaar sit byvoorbeeld op dieselfde tafel of rak? Ek wil bitter graag hê Bonny moet praat maar weet nie hoe om dit te doen nie en wil haar ook graag mak hê. Ek het geen idee hoe oud sy is nie. Is daar dalk iemand wat kan raad gee. Mail my asseblief by prinsloopg@gmail.com Raad sal baie waardeer word dankie solank.
– Ronel Prinsloo
Help
Goeie dag, hoop iemand kan help ? Wat moet jy doen dat hy self uit die hok klim en hoe begin jy om hom leer om nie te byt nie, wat moet jy alles doen om hom mak te maak dat hy oulik word.
– Hester
Help
Ons het ‘n groen ringnek present gekry. Volgens die mense het hy alles geeet. Nou wil hy net “sweets” eet. (Die gekleurde balletjies chips) Ons het tot pro-nutro probeer – geen sukses. Hy sal 2 happies aan ‘n peer gee en dit dan in sy water gooi. Ek is bang hy gaan dood van honger.
– Mariette De Wet
Help
Ons het ‘n ringnek wat Sondag 2 eiers gelê het. Ons wil net weet hoe lank vat dit voor hulle uitbroei, en wanneer sal ons hulle uit die hok kan haal? Ek wil graag ook meer inligting hê oor watter tipe kosse mag hulle eet ens.
– Delanie de Bruin
Anoniem skryf: “Wanneer hulle broei het jou ringnek ekstra vitamiene nodig. Jy kan ook ekstra gekookte eier en natgemaakte witbrood vir die ma voer. Dit wat sowat 20 dae vir die eiers om uit te broei en jy kan die kuiken na ongeveer 10 weke verwyder.”
Help
Ek het die oulikste ringnek wat ek self hand groot gemaak het. Hy is nou 1 jaar oud en praat 7 vol sinne waarvan die beste een vir ons die volgende is “tokkie is ‘n pretty boy’tjie nê”. Op hierdie stadium byt hy ons nog nie, maar ek wil nou graag nog ‘n klein ringnekkie groot maak, hopelik ‘n wyfie vir hom. Wat ek graag wil weet is of hy nog steeds so mak gaan wees en of hy nog ‘n ander voël in sy hok sal aanvaar.
– Lindie Mellet
Anoniem skryf: Wees gewaarsku, ‘n wyfie kan ‘n mannetjie doodmaak indien sy nie van hom hou nie. Ringnek-wyfies is vol dinge. Kyk dat die potensiële paartjie min of meer dieselfde kleur is. Jou mannetjie sal mak bly. Die beste is om maar ‘n wyfie te kry wat dieselfde ouderdom is. Indien jy ‘n nuwe wyfie wil grootmaak is dit beter om dit in ‘n aparte hok te doen.
Help
Ek verlang graag meer inligting ivm. die sorg en voeding vir ‘n ringnek soos bv. hoe was ek hom en watter kosse ek hom kan gee.
– Hamilton
Anoniem skryf: Was jou ringnek deur hom te stort met ‘n sproeibottel of was hom in die wasbak. Die water moet louwarm wees en vra jou vearts oor sjampoe. Moet NIE met ‘n haardroeër droogmaak nie. Gebruik ‘n handdoek.
Anoniem skryf: Voëlkos wat jy by jou troeteldierwinkel kry is die beste. Verder moet jou ringnek saad kry en daaglikse porsies vrugte en groente. Moet die vrugte en groente nie langer as 24 uur in die hok hou nie. Hulle hou ook van pasta en rys.
Help
Ek wil graag ringnekke aanskaf, maar weet nie waar om te begin nie. Op die internet kry ek omtrent geen inligting wat my kan help nie soos bv. grootte van die hokke, pryse van voëls ens. Kan iemand my asb. help of na iemand verwys wat kan help?
– Christie Rheeder
Chrissie Potgieter het laat weet haar suster Alta Bezuidenhout in Pretoria verkoop ringnekke. Kontak haar by 0829290302.
Hi ek is Jenny en het ‘n ringnek Polly (ligte groen) 18 maande oud, maar nou begin hy my byt sommer in die gesig as hy op my skouer is. As Polly in sy hok is dan raak hy/sy (geen ring om die nek nie) so kwaad dat sy soos ‘n kind skree. Polly het geen tekort aan aandag of liefde nie want ek is getroud en het drie kinders 5, 8, 10 en ons almal is tonne lief vir die “kind” (want hy is soos ‘n kind). As my man werk toe gaan of terugkom dan wag Polly al vir “pappa” en hy kan nie wag dat Theo hom groet nie. Wat is fout met hom dat hy byt, soek hy dalk ‘n maatjie of wat (let wel hy is nie seer gemaak of afgeknou nie ek pas hom soos goud op) ek sal graag wil weet wat is fout. Help asseblief want ek is al bang vir hom en ek kan dit nie hanteer nie want en hou daar van om hom te soen en vas te hou maar ek is bang.
– Jenny Minne
A. van Blommmestein skryf:
Ons (groen) ringnek hennetjie (9 jaar oud) was ook handmak, en het later begin byt. Kenners by wie ek kers opgesteek het, meen dat ringnekke oor die algemeen nie baie van kontak hou nie. Ons het ook gevind dat ons ringnek baie territoriaal is, en meen dat dit juis hierom is dat hulle so byt. Ons het haar later van tyd in ‘n groot hok in die kombuis geparkeer, waar sy die afgelope paar jaar goeie interaksie met die res van die gesin het – sy lui verskillende klokkies vir verskillende dinge wat sy raaksien wat sy wil hê – en het baie speelgoed in die hok. Ons het ook 2 sagte teddies in die hok vasgemaak, wat sy van tyd tot tyd karnuffel, afknou of liefkoos, soos sy die dag wil. Ringnekke is ongelooflik intelligent, en het ‘n baie goeie begrip van hulle omgewing, en verstaan taal ook baie goed. Wanneer ons verskillende opdragte vir haar gee: bv. “waar’s jou balletjie”, klip sy vinnig teen die takke af, gryp haar balletjie en speel dat dit klap. Sy ken “vang jou, vang jou”, kruip sy met haar kop in ‘n kartonnetjie weg – en talle ander taal-verwante aktiwiteite. Ringnekke is kwaai, maar koddig en het ‘n goeie sin vir humor.
Hoe ken ek die ringnek mannetjie uit van die wyfie asb
Hoe lank leef n ringnek?
Ek het n groen ringnek maar van Vrydag sit Hy met opgepofde vere praat nie en lyk van balans af. Eet en drink wel maar slaap ook ewe skielik erg baie. Kan hulle iets soos n stroke kry. Hy kry baie aandag is heeltyd in geselskap word goed versorg skoonhok vars water daagliks soms kry Hy 2x n dag nuwe water. Hey nou terramysin in water gesit om te kyk of dit help
Veesrts ver en toe oor naweek
Ek het n groen ringnek maar van Vrydag sit Hy met opgepofde vere praat nie en lyk van balans af. Eet en drink wel maar slaap ook ewe skielik erg baie. Kan hulle iets soos n stroke kry. Hy kry baie aandag is heeltyd in geselskap word goed versorg skoonhok vars water daagliks soms kry Hy 2x n dag nuwe water. Hey nou terramysin in water gesit om te kyk of dit help
Veesrts ver en toe oor naweek
Wat eet n ringnek
My ringnek skree aanhoudend as ek nie by hom.is nie hy maak.my mal is daar iets wat ek kan doen om hom.kalm te kry groot asb
Hi, my ringnek het wurms, wat gee ek vir hom?
Hoeveel voedings moet my 5 weke oue ringnek kry, en beste tye om hom te voer asb. Watter ouderdom kan n veearts sy geslag bepaal, die dingetjie moet naam kry asb
Hi ek het raad nodig my vriendin het n ringnek en hy will glad nie eet if water drink nie, haar pote trek styf en sy nies en haar asem haling is baie swaar. As jul my kan help asb.
My ringnek mannetjie eet van gister af niks nie. Drink so nou en dan water. Verder sit hy op hopie. Kan iemand my w.app met raad. 0828208117
More, ek het n ringnek en was ons weg gewees vir 3 dae en my kinders na haar gekyk. Vandat ons terug is fluit sy nie meer nie. Is daar is fout?
Dit gebeur as hulle siek is of deoressief of angstig is. Ek neem aan sy het minder aandag gekry by jou kinders. As jy seker is sy is nie siek nie kan jy net bietjie aandag gee, sy sal hopelik weer haarself word.