Rotskuns
Daar is rotskuns in feitlik elke distrik in Suid-Afrika wat terugdateer na die Steentyd; gemaak deur mense uit ’n vroeë jagter-versamelaarskultuur. Na raming is daar minstens 20 000 tot 30 000 plekke waar rotskuns voorkom, met vêr oor ’n miljoen werke. Die jongste rotskuns dateer terug na die 19de eeu. Die meeste rotstekeninge in Suid-Afrika is jonger as 25 000 jaar.
Die skilderings is meestal met ’n riet gemaak in een kleur meestal rooi oker. Geel, pers, wit en swart is ook gebruik. Die jonger rotskuns is met vingers geteken.
Gemsbok gravering by Wildebeest Kuil naby Kimberley
Die San was verantwoordelik vir die meeste rotskuns in Suid-Afrika. Hierdie jagter-versamelaargroepe en hul afstammelinge woon waarskynlik al meer as twee miljoen jaar lank in die streek.
By die Blombos-grot in Stilbaai is optiese glimdatering gebruik om die oker in die skilderings te dateer. Daar is vasgestel dat dit ongeveer 80 000 jaar oud is.
San-kinders in Namibië, foto: Nicolas M. Perrault