Intensiewe vorme

Intensiewe vorme (of intensiewe adjektiewe) is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Dit word gebruik om ‘n sin trefkrag te gee. ‘n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme altyd vas geskryf, behalwe by wawyd oop, nugter wakker en alom bekend.

Intensiewe vorm van:

  • af morsaf
  • alleen manalleen, stoksielalleen, vingeralleen, vroualleen
  • arm brandarm
  • bang dood(s)bang, skytbang, vrekbang
  • bedaard doodbedaard
  • bekend alom bekend, wêreldbekend, wydbekend
  • bekommerd doodbekommerd
  • belangrik lewensbelangrik
  • benoud doodbenoud
  • beroemd wêreldberoemd
  • besig druk besig
  • bitter aalwynbitter, alweebitter, galbitter
  • blank lelieblank
  • bleek doodsbleek
  • blind stekelblind, stokblind
  • blink diamantblink, skitterblink
  • blond bottelblond
  • blou blouselblou, hemelsblou, pikblou, potblou, erdblou
  • bly doodbly
  • breed hemelsbreed
  • bruin modderbruin
  • deur dwarsdeur
  • diep enkeldiep, kniediep
  • dig potdig
  • dik knubbeldik, knippeldik, knuppeldik, trommeldik
  • dom aartsdom, eseldom, klipsteendom
  • donker doodsdonker, nagdonker, pikdonker, stikdonker
  • dood morsdood
  • doof stokdoof
  • droef kerkhofdroef
  • dronk diepdronk, dikdronk, horingdronk, papdronk, poepdronk, smoordronk, stomdronk, stormdronk
  • droog horingdroog, kurkdroog
  • dun papierdun, plankdun, ragdun
  • duur bitterduur, peperduur
  • eerlik doodeerlik
  • eenvoudig doodeenvoudig
  • eg goudeg
  • ellendig doodellendig
  • ernstig doodernstig
  • flou stokflou
  • fris perdfris
  • fyn haarfyn, piekfyn, ragfyn
  • geduldig doodgeduldig
  • geel borriegeel, goudgeel, kanariegeel, kerriegeel, knalgeel, mosterdgeel
  • gek stapelgek
  • gelukkig dolgelukkig, doodgelukkig, sielsgelukkig, stralend gelukkig
  • gesond blakend gesond, kerngesond
  • gemaklik doodgemaklik
  • gerus doodgerus, houtgerus
  • getrou lewensgetrou
  • gewoon doodgewoon
  • gevaarlik doodsgevaarlik
  • gevoelig fyngevoelig
  • gewone doodgewone
  • glad seepglad, satynglad, spieëlglad
  • goed bittergoed, doodgoed
  • goedkoop doodgoedkoop, spotgoedkoop
  • graag bittergraag, dolgraag
  • groen grasgroen, lowergroen
  • groot lewensgroot
  • grou loodgrou
  • grys loodgrys
  • hard kliphard, klipsteenhard, rotshard
  • heet snikheet, stikheet
  • helder glashelder, klokhelder, kristalhelder
  • honger doodhonger, rasend honger, sterwend honger
  • hoog hemelhoog, helhoog
  • jammer doodjammer
  • jonk bloedjonk
  • kaal poedelnakendkaal
  • kalm doodkalm
  • klaar klinkklaar
  • klein piepklein
  • koel komkommerkoel
  • koud bibberkoud, piskoud, yskoud
  • krom hoepelkrom
  • kwaad doodkwaad, smoorkwaad
  • lam boeglam
  • lang ellelange
  • lank doodlank, lewenslank
  • leeg dolleeg
  • lelik hondlelik, skreeulelik, vreklelik
  • lekker smullekker, vingerleklekker, vreklekker, watertandlekker
  • lewendig springlewendig
  • lig helderlig, veerlig
  • luiters doodluiters
  • maer brandmaer, biltongmaer, doodmaer, plankmaer, seningmaer, vrekmaer
  • mak hondmak, skaapmak
  • mal aapmal
  • maklik doodmaklik, spotmaklik, verspotmaklik
  • min bloedmin
  • mislik kotsmislik
  • moeg doodmoeg, hondmoeg, lewensmoeg
  • mooi feetjiemooi, popmooi, prentjiemooi, sprokiesmooi, wondermooi
  • naak poedelnaak
  • nat druipnat, papnat, papsopnat, sopnat, waternat, watersopnat
  • natuurlik doodnatuurlik
  • netjies kraaknetjies
  • nodig broodnodig, hoognodig
  • noodsaaklik lewensnoodsaaklik
  • nugter bloednugter, doodnugter
  • nuuskierig aartsnuuskierig
  • nuut splinternuut
  • ongelukkig doodongelukkig, sielsongelukkig
  • onnosel domonnosel, kliponnosel, stomonnosel
  • onskuldig doodonskuldig
  • oop wawyd oop
  • oortuig doodoortuig
  • oranje skeloranje
  • orent penorent
  • oud horingoud, oeroud, stokhoringoud, stokoud
  • pers pimpelpers, skreeupers
  • pienk felpienk, knalpienk, skelpienk skreeupienk
  • raak doodraak
  • reg doodreg
  • regop kiertsregop, penregop
  • reguit penreguit
  • rein hemelrein
  • rond bolrond, koeëlrond
  • rooi bitterrooi, bloedrooi, knalrooi, robynrooi, skarlakenrooi, tamatierooi, vlamrooi
  • ryk skatryk, stinkryk, vrotryk
  • ryp doodryp, papryp
  • saai doodsaai
  • saf papsaf
  • sag fluweelsag, papsag, satynsag, troetelsag
  • seker doodseker
  • sekuur fynsekuur
  • siek doodsiek, hondsiek
  • sindelik kraaksindelik
  • skaam doodskaam
  • skeef windskeef
  • skelm jakkalsskelm
  • skerp vlymskerp
  • skoon beeldskoon, kristalskoon, wonderskoon
  • skoon silwerskoon
  • skraal rietskraal
  • slap papslap
  • sleg hondsleg, kaksleg, vreksleg, vrotsleg
  • snaaks skreeusnaaks
  • snel blitssnel
  • soet stroopsoet, suikersoet
  • sout pekelsout
  • stadig doodstadig
  • sterk stormsterk
  • stil botstil, doodstil, grafstil, tjoepstil
  • styf snaarstyf, stokstyf
  • suinig vreksuinig
  • suiwer glassuiwer, kristalsuiwer
  • suur asynsuur
  • swaar loodswaar
  • swak doodswak, kuikenswak
  • swart gietswart, gitswart, pikgietswart, pikgitswart, pikswart, raafswart, roetswart
  • toe bottoe
  • taai biltongtaai, hondstaai, karootaai, rateltaai, seningtaai
  • tevrede doodtevrede
  • vaal asvaal, muisvaal
  • vars douvars, kraakvars, neutvars, oondvars
  • vas bankvas, doodvas, rotsvas
  • veilig doodveilig
  • verbaas stomverbaas
  • vererg doodvererg
  • verlief doodverlief, dolverlief, malverlief, smoorverlief
  • verlig helderverlig
  • verskriklik allerverskriklik
  • vervelend doodvervelend
  • vet blinkvet, moddervet, spekvet
  • vinnig blitsvinnig, helvinnig, kwikvinnig
  • vol barstensvol, boordensvol, propvol, stampvol, tjok-en-blok vol
  • vreemd wildvreemd, wondervreemd
  • vriendelik katvriendelik
  • vrot papvrot
  • vry skotvry, voëlvry
  • wakker nugter wakker
  • warm helwarm, kokend warm, rooiwarm, snikwarm, stikwarm, vuurwarm, witwarm
  • weinig bloedweinig, broodweinig
  • wit lakenwit, melkwit, skitterwit, spierwit
  • wyd wawyd, wêreldwyd

Hierdie bladsy oor intensiewe vorme in Afrikaans bevat:
Voorbeelden van intensiewe vorm, intensive form en intensive vorm in Afrikaans.

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar