Intensiewe vorme

Redakteur: Quintus van Rensburg

Intensiewe vorme (of intensiewe adjektiewe) is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Dit word gebruik om ‘n sin trefkrag te gee. ‘n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme meesal vas geskryf.

Intensiewe vorme kry gewoonlik nie graadtrappe nie.

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

Intensiewe vorm van:

  • af morsaf
  • agter heelagter
  • agteroor rûensagteroor
  • alleen manalleen, stoksielalleen, vingeralleen, vroualleen, moedersielalleen
  • arm brandarm, straatarm
  • bang dood(s)bang, skytbang, vrekbang
  • bedaard doodbedaard
  • bedorwe diepbedorwe
  • bedroef diepbedroef
  • bekend alom bekend, wêreldbekend, wydbekend
  • bekommerd doodbekommerd
  • belangrik lewensbelangrik
  • beledig doodbeledig
  • belese doodbelese
  • bemind alombemind
  • benoud doodbenoud
  • beroemd wêreldberoemd
  • besig druk besig
  • besope stombesope
  • bewoë diepbewoë
  • bitter aalwynbitter, alweebitter, galbitter
  • blank lelieblank
  • bleek doodsbleek
  • blind stekelblind, stokblind
  • blink diamantblink, skitterblink
  • blond bottelblond
  • blou blouselblou, hemelsblou, pikblou, potblou, erdblou, baftablou
  • bly doodbly, dankiebly, dolbly
  • bo heelbo
  • bont papegaaibont, kakelbont
  • breed hemelsbreed
  • broos seepbelbroos
  • bros kraakbros
  • bruin modderbruin
  • dapper doldapper
  • deftig kraakdeftig
  • deur dwarsdeur
  • diep enkeldiep, kniediep
  • dig potdig, botdig
  • dik knubbeldik, knippeldik, knuppeldik, trommeldik
  • dof droomdof
  • dom aartsdom, eseldom, klipsteendom
  • donker doodsdonker, nagdonker, pikdonker, stikdonker
  • dood morsdood
  • doof stokdoof, potdoof
  • dor beendor, kurkdor
  • driftig doldriftig
  • droef kerkhofdroef
  • dronk diepdronk, dikdronk, horingdronk, papdronk, poepdronk, smoordronk, stomdronk, stormdronk
  • droog horingdroog, kurkdroog
  • druk dooddruk
  • duidelik glasduidelik
  • dun papierdun, plankdun, ragdun
  • duur bitterduur, peperduur
  • eenvoudig doodeenvoudig
  • eerlik doodeerlik
  • eg goudeg
  • eie bloedeie
  • ellendig doodellendig
  • ernstig doodernstig
  • fiks topfiks
  • flou stokflou
  • fris perdfris
  • fyn haarfyn, piekfyn, ragfyn
  • gaar doodgaar
  • gedaan doodgedaan
  • gedienstig hondgedienstig
  • geduldig doodgeduldig
  • gedwee hondgedwee
  • geel borriegeel, goudgeel, kanariegeel, kerriegeel, knalgeel, mosterdgeel
  • gek stapelgek
  • gelief alomgelief
  • gelukkig dolgelukkig, doodgelukkig, sielsgelukkig, stralend gelukkig
  • gemaklik doodgemaklik
  • gereed slaggereed
  • gerus doodgerus, houtgerus
  • gesond blakend gesond, kerngesond
  • getrou lewensgetrou
  • gevaarlik doodsgevaarlik
  • gevoelig fyngevoelig
  • gewillig doodgewillig
  • gewone doodgewone
  • gewoon doodgewoon
  • giftig groengiftig
  • glad seepglad, satynglad, spieëlglad
  • goed bittergoed, doodgoed
  • goedkoop doodgoedkoop, spotgoedkoop
  • goor hondgoor
  • graag bittergraag, dolgraag
  • groen grasgroen, lowergroen
  • groot lewensgroot
  • grou loodgrou
  • grys loodgrys
  • haastig dolhaastig
  • hard kliphard, klipsteenhard, rotshard
  • heet snikheet, stikheet
  • helder glashelder, klokhelder, kristalhelder
  • honger doodhonger, rasend honger, sterwend honger
  • hoog hemelhoog, helhoog
  • jammer doodjammer
  • jonk bloedjonk
  • kaal poedelnakendkaal, poedelkaal
  • kak hondkak
  • kalm doodkalm
  • klaar klinkklaar
  • klam slymklam
  • klein piepklein
  • koel komkommerkoel
  • koppig vrekkoppig
  • koud bibberkoud, piskoud, yskoud
  • krom hoepelkrom
  • kwaad doodkwaad, smoorkwaad
  • laag hondlaag
  • lae hondlae
  • lam boeglam
  • lang ellelang
  • lange ellelange
  • lank doodlank, lewenslank
  • leeg dolleeg
  • lekker smullekker, vingerleklekker, doodlekker, vreklekker, watertandlekker
  • lelik hondlelik, skreeulelik, vreklelik
  • lewendig springlewendig
  • lig helderlig, veerlig
  • lui doodlui, vreklui
  • luiters doodluiters
  • lustig daadlustig
  • maer brandmaer, biltongmaer, doodmaer, plankmaer, seningmaer, vrekmaer
  • mak hondmak, skaapmak
  • maklik doodmaklik, spotmaklik, verspotmaklik
  • mal aapmal
  • min bittermin, bloedmin
  • mislik kotsmislik
  • modern raakmodern
  • moeg doodmoeg, hondmoeg, lewensmoeg
  • moeilik hondmoeilik
  • mooi feetjiemooi, popmooi, prentjiemooi, sprokiesmooi, wondermooi
  • naak poedelnaak
  • naby doodnaby
  • nakend poedelnakend
  • nat druipnat, papnat, papsopnat, sopnat, waternat, watersopnat
  • natuurlik doodnatuurlik
  • netjies kraaknetjies
  • nietig miernietig
  • nodig broodnodig, hoognodig
  • noodsaaklik lewensnoodsaaklik
  • normaal doodnormaal
  • nugter bloednugter, doodnugter
  • nuttig doodnuttig
  • nuuskierig aartsnuuskierig
  • nuut splinternuut, kraaknuut, vonkelnuut
  • nuwe splinternuwe
  • oggend vroegoggend
  • ongelukkig doodongelukkig, sielsongelukkig
  • onnosel domonnosel, kliponnosel, stomonnosel
  • onskuldig doodonskuldig
  • onsteld sielsonsteld
  • oop wawyd oop
  • oortuig doodoortuig
  • oranje skeloranje
  • orent penorent
  • oud horingoud, oeroud, stokhoringoud, stokoud
  • pap lam-pap
  • pers pimpelpers, skreeupers
  • pienk felpienk, knalpienk, skelpienk skreeupienk
  • prettig dolprettig
  • raak doodraak
  • reg doodreg, loodreg
  • regaf loodregaf
  • regop kiertsregop, penregop, kersregop
  • reguit penreguit, reëlreguit, pylreguit
  • rein hemelrein
  • rond bolrond, koeëlrond, balrond
  • rooi bitterrooi, bloedrooi, knalrooi, robynrooi, skarlakenrooi, tamatierooi, vlamrooi
  • rou bloedrou
  • rustig doodrustig
  • ryk skatryk, stinkryk, vrotryk
  • ryp doodryp, papryp
  • saai doodsaai
  • saf papsaf
  • sag fluweelsag, murgsag, papsag, satynsag, troetelsag
  • salig sielsalig
  • seker doodseker
  • sekuur fynsekuur
  • siek doodsiek, hondsiek
  • simpel doodsimpel
  • sindelik kraaksindelik
  • skaam doodskaam
  • skaars doodskaars
  • skeef windskeef
  • skelm jakkalsskelm
  • skerp vlymskerp
  • skoon beeldskoon, kristalskoon, silwerskoon, wonderskoon
  • skraal rietskraal
  • sku skilpadsku
  • skurf rasperskurf
  • slap papslap
  • sleg hondsleg, kaksleg, vreksleg, vrotsleg, papsleg
  • slim vrekslim
  • slinks jakkalsslinks
  • snaaks skreeusnaaks
  • snel blitssnel, bliksemsnel
  • soet stroopsoet, suikersoet, heuningsoet
  • sout pekelsout
  • stadig doodstadig
  • sterk stormsterk, ystersterk
  • stil botstil, doodstil, grafstil, muisstil, tjoepstil, bladstil
  • styf snaarstyf, stokstyf
  • suinig vreksuinig
  • suiwer glassuiwer, kristalsuiwer
  • suur asynsuur
  • swaar loodswaar
  • swak doodswak, kuikenswak
  • swart gietswart, gitswart, pikgietswart, pikgitswart, pikswart, raafswart, roetswart
  • taai biltongtaai, hondstaai, karootaai, rateltaai, seningtaai
  • tevrede doodtevrede
  • toe bottoe, pottoe, digtoe
  • trou hondtrou
  • vaal asvaal, muisvaal
  • vars douvars, kraakvars, neutvars, oondvars, kersvars
  • vas bankvas, doodvas, rotsvas, paalvas
  • veel dolveel
  • veilig doodveilig
  • vêr doodvêr
  • verbaas stomverbaas
  • vererg doodvererg
  • verlate doodverlate, mensverlate
  • verleë doodverleë
  • verlief doodverlief, dolverlief, malverlief, smoorverlief
  • verlig helderverlig
  • verskrik doodverskrik
  • verskriklik allerverskriklik
  • verslete doodverslete
  • verveeld doodverveeld
  • vervelend doodvervelend
  • vervelig doodvervelig
  • verwonderd doodverwonderd, stomverwonderd
  • vet blinkvet, moddervet, spekvet
  • vies doodvies
  • vinnig blitsvinnig, helvinnig, kwikvinnig
  • vol barstensvol, boordensvol, propvol, stampvol, tjokenblok, tjokvol, stikvol
  • voos grysvoos
  • vreemd wildvreemd, wondervreemd
  • vriendelik katvriendelik
  • vrolik dolvrolik
  • vrot papvrot
  • vry skotvry, voëlvry
  • vuil moddervuil
  • wakker nugter wakker, wawyd wakker
  • warm helwarm, kokend warm, rooiwarm, snikwarm, stikwarm, vuurwarm, witwarm
  • weemoedig oerweemoedig
  • weg witweg, botweg
  • weinig bloedweinig, broodweinig
  • wit lakenwit, melkwit, skitterwit, spierwit, haelwit, lykwit
  • woes dolwoes
  • wyd wawyd, wêreldwyd

Indien ’n byvoeglike naamwoord voor ’n selfstandige naamwoord staan tree dit attributief op, byvoorbeeld:
’n mooi meisie
die groot boom

Indien ’n byvoeglike naamwoord in ’n gesegde (predikaat) met ’n koppelwerkwoord as kern voorkom, tree dit predikatief op, byvoorbeeld:
Die boomslang is groen.
Die melk is nie suur nie.

Sleutelwoorde op hierdie bladsy oor intensiewe vorme in Afrikaans:
Voorbeelden van intensiewe vorm, intensive form en intensive vorm in Afrikaans.
Intensiewe adjektiewe. Byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Afrikaans huistaal. Afrikaans eerste addisionele taal. Baie, baie. Baie is. Baie … is.

Sluit aan by die Gesprek

17 Kommentare

    1. Jy sal na die byvoeglike naamwoord se antoniem kyk en dan die intensiewe vorm van daardie antoniem opsoek. Byvoorbeel; donker se antoniem is lig, lig se intensiewe vorm in daardie konteks is helderlig.

Lewer kommentaar

Leave a Reply