Roekeloos begin goed in 2008
(14/05/2008) Teen alle verwagting in het Suid-Afrika se oudste, Afrikaanse portaal uitstekende groei van amper 16% getoon in die eerste kwartaal van 2008. Die webwerf het 74 928 absoluut unieke gebruikers gehad in die eerste kwartaal van 2008, teenoor 2007 se 63 091. Dit is teen alle verwagting in nadat vyf afdelings in Januarie verwyder is en die werf se Hoekie vir Eensames in 2007 oorgeneem is deur Eensaam.com. Die webwerf het nou meer daaglikse besoekers as Johncom se koerant SundayWorld.
Roekeloos prominent in Afrikaanse mark
(03/01/2008) Daar is 'n beraamde 1,11 miljoen Afrikaanssprekende Internet-gebruikers in Suid-Afrika (Nielsen//NetRatings, 2007), 18,5% hiervan het die Afrikaanse portaal Roekeloos.co.za in 2007 besoek. Die webwerf het sy aandeel in die Afrikaanse mark in 2007 meer as verdubbel teenoor die vorige jaar.
Roekeloos.co.za word tans tussen 400 000 en 500 000 keer per maand besoek.
Rekord (25 Januarie 2006): aantal besoeke ontvang op die Roekeloos.co.za-domein op een (1) dag: 29 723
Vanaf begin Oktober 2004 tot einde Desember 2004 het ons 'n intensiewe opname gedoen en saam met die statistieke wat ons daagliks versamel kan ons julle die volgende vertel van ons gebruikers:
Roekeloos.co.za is ´n onafhanklike internet-publikasie. Die publikasie word hoofsaaklik saamgestel uit bydraes van gebruikers, skrywers, joernaliste en kunstenaars. Die portaal is die grootste onafhanklike Afrikaanse internet-publikasie.
Ons hou noukeurig statistieke van gebruikerspatrone rondom onderwerpe en het ´n top 300 wat as maatstaf gebruik word om te bepaal of ons bydraes plaas oor ´n spesifieke onderwerp.
Ons werf bied die ideale omgewing vir adverteerders en e-handelaars om ´n aansienlike en gegoede gehoor te bereik deur middel van goedgeteikende boodskappe en aanbiedinge.
´n Beperkte aantal advertensies word per blad toegelaat. Behalwe in geval van ´n borgskap sal inhoud onder geen omstandighede deur advertensiemateriaal verberg word nie. Adverteerders het ook die opsie om van Roekeloos.co.za se weeklikse nuusbrief of sms-diens gebruik te maak.
Voorbeeld (ander groottes en teksadvertensies ook beskikbaar):
Koste: (3 opsies)
1) Sig (Betaal vir elke keer wat die advertensie aan 'n gebruiker vertoon word): R0,13 per keer. 'n Minimum van 1 000 (R130) moet aangekoop word. Die advertensie is saam met ander advertensies in rotasie in die advertensiebediener (sien voorbeeld, die advertensie verander as die blad weer gelaai word).
2) Staties (Betaal vir elke keer wat die advertensie aan 'n gebruiker vertoon word, maar die advertensie is nie in rotasie nie): R0,24 per keer. 'n Minimum van 1 000 (R240) moet aangekoop word.
3) Klik (Jy betaal slegs wanneer 'n gebruiker op jou advertensie klik): R0,44 vir elke klik. 'n Minimum van 1 000 (R440) moet aangekoop word.
Aan die einde van elke webblad op Roekeloos.co.za is daar plek vir woorde wat 'n adverteerder met sy skakel kan verbind. Slegs een woord per skakel word toegelaat. Enige woord kan gebruik word solank dit nie 'n handelsnaam is of as kru taal gelees kan word nie. Ons het slegs vier woorde beskikbaar. Die koste per woord beloop R800 per maand.
Vir 'n plek op die waglys kontak
Betaling moet, op die laatste, 4 dae voor plasing ontvang word.
Advertensies moet verkieslik verskaf word, maar Roekeloos sal eenvoudige advertensies kosteloos saamstel.
Ons raai adverteerders aan om een (1) spesifieke advertensie nie meer as 50 000 keer te vertoon nie.
Statistieke kan verskaf word.
Indien u onseker is oor wat die beste opsie vir u is kan u die inhoudsbestuurder kontak vir raad of faks 0866668575. Vermeld asseblief wat u begroting is.
Bespreek asseblief u advertensie by die inhoudsbestuurder by of faks 0866668575.
Lees gerus The psychology of banner ads.
© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.
© 2004 Roekeloos.co.za Navrae Die maatskappy
Nuwe voorblad en inhoud elke Maandag. Ekstra inhoud elke Donderdag.
Alle regte voorbehou!