AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Reën
Winkels
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Wall-EJMMet die stemme van: Sigourney Weaver en John Ratzenberger Wanneer die ouens van Pixar 'n nuwe fliek uitbring het mens altyd rede om opgewonde te raak. Met Wall-E is dit geen uitsondering nie. Om die waarheid te sê, hierdie keer is daar meer rede as ooit tevore. Tegnies is Wall-E in 'n klas van sy eie. Daar is 'n outydse benadering te bespeur in die animasie, wat uitgevoer word met die digitale presisie van moderne tegnologie. Die verloop van die storie is perfek in lyn met die film se tegniese kant. Die afgeleefde robot wat die jongste in robottegnologie ontmoet. En hoe hard jy ook al probeer keer. Die ou robotjie, wat op die ashoop leef wat ons die aarde noem, gaan aan jou hart raak. Alles gebeur boonop met die minimum dialoog. 'n Animasieprent wat ons wys wat visuele vermaak werklik beteken.
Regisseur Andrew Stanton was ook verantwoordelik vir die rolprentweergawe van die teks. Dit is nie toevallig dat Wall-E van so 'n hoë standaard is nie. Stanton toon lank reeds dat ons groot dinge van hom kan verwag. So was hy ook verantwoordelik vir die rolprentweergawes van die teks van Toy Story (1995), A Bug's Life (1998), Toy Story 2 (1999), Monsters, Inc. (2001) en Finding Nemo (2003). Hy was ook die regisseur van laasgenoemde. Sy volgende projek is John Carter of Mars wat ons teen 2012 kan verwag. Ja, jy gaan verlief raak op 'n robot. Kinders gaan mal wees oor hom. Almal wat Wall-E nou sien gaan eendag kan sê hulle was daar met die vrystelling van 'n klassieke kinderfliek. Een van die beste films van alle tye!
|