Hierdie inhoud mag alleen vir persoonlike en nie-kommersiële doeleindes afgetrek word. Die herpublisering of hergebruik van die inhoud sonder vooraf toestemming van Roekeloos.co.za is streng verbode.
Roekeloos.co.za sal nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings, onderbrekings of vertragings met betrekking tot die inhoud nie of enige skade as gevolg van sodanige situasies nie.
Die sienswyses/menings uitgespreek en die grafiese materiaal wat vertoon word op Roekeloos.co.za reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za of die uitgewer nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.
Alle handelsmerke genoem behoort aan hul onderskeie eienaars. Tensy anders vermeld word die kopiereg op alle inhoud op hierdie webwerf besit deur Roekeloos.co.za of die betrokke bydraer/skrywer/kunstenaar. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui.
Roekeloos.co.za gee ieder en ‘n elk die reg om die bladsye op die webwerf te versprei mits die blaaie die nodige kopieregkennisgewings en Roekeloos.co.za se logos bevat.
Die inhoud van die webwerf mag op geen ander manier gebruik of gewysig word nie. Belangstellendes wat graag van die inhoud wil gebruik kan die uitgewer kontak by quintus by qvrp.net .
Individuele dokumente gepubliseer deur Roekeloos.co.za op die Internet mag inligting met betrekking tot patentreg en kopiereg bevat wat net van toepassing is op daardie spesifieke dokument. Hierdie spesifieke inligting sal op geen wyse inbraak maak op die regte van Roekeloos.co.za nie. Let daarop dat enige inhoud, produk, proses of tegnologie vervat op enige domein van Roekeloos.co.za onderhewig mag wees aan enige ander vorm van eindomsreg waarop Roekeloos.co.za mag aanspraak maak.
Om alle blaaie op die domein van Roekeloos.co.za ten volle te benut moet gebruikers oor die nuutste webblaaiers en Java beskik en enige sagteware wat nodig sou wees vir die korrekte interaksie met JavaScript, PhP, MySQL, SSI en VBScript. Gebruikers stem in daartoe dat Roekeloos.co.za of die uitgewer nie aanspreeklik gehou kan word weens enige verlies of skade weens die gebruik van sagteware op die webwerf nie of die onregmatige gebruik van sagteware in die verskaffing van dienste aan Roekeloos.co.za deur ‘n derde party nie.
Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.
Gebruikers stem toe dat Roekeloos.co.za of die uitgewer nie aanspreeklik gehou kan word vir enige verlies of skade weens laster, hetsy geimpliseer of nie. Roekeloos.co.za is wel verbind tot die verwydering van enige materiaal wat volgens Suid-Afrikaanse wetgewing as laster beskou kan word.
Alle inhoud wat aan Roekeloos.co.za gestuur word word vir publikasie beskou tensy uitdruklik anders vermeld. Deur enige vorm van inhoud te verskaf aan Roekeloos.co.za stem gebruikers in dat dit hul eie werk is en gee hulle toestemming dat die inhoud op enige wyse deur Roekeloos.co.za of susterswerwe geredigeer en gebruik mag word.
Bydraers / skrywers wat hul volledige naam en van verskaf geniet voorkeur.
Alles moontlik word gedoen om te verseker dat geen inhoud inbraak maak op die eiendomsreg van ‘n ander party nie. Inhoud wat as eiendom van ‘n derde party geidentifiseer word sal onmiddelik verwyder word en Roekeloos.co.za sal alles moontlik doen om te help met die opsporing en vervolging van diegene wat sulke inhoud sonder toestemming verskaf. Roekeloos.co.za of die uitgewer sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of skade weens die gebruik van sulke inhoud nie.
Roekeloos.co.za behou die reg voor om die naam van enige verskaffer van inhoud te publiseer.
Roekeloos.co.za of die uitgewer mag op geen wyse geassoiseer word met enige inhoud in die openbare forums nie. Roekeloos.co.za maak ook geen aanspraak op enige reg op enige materiaal wat in die openbare forum verskyn nie. Roekeloos.co.za behou die reg om enige inhoud uit die forum te verwyder.
Roekeloos.co.za erken jou reg op privaatheid en is verbind tot die beskerming daarvan. Geen persoonlike inligting wat met ons gedeel word sal opsetlik openbaar gemaak word nie, met uitsondering van die forum en artikels. ‘n Naam wat onder aan ‘n e-pos geplaas is sal wel geplaas word. Roekeloos.co.za hou geen rekord van enige e-pos wat ontvang word nie.
Weens die misbruik in die verlede van ons Forums by http://www.roekeloos.co.za/phpBB2/index.php word alle IP-adresse, wat ‘n bydrae lewer tot ‘n forum, opgeteken. Die IP-adresse sal nie openbaar gemaak word nie, behalwe in die geval van individue wat hulle aan wangedrag skuldig maak en nie ag slaan op waarskuwings nie. Die betrokke persone sal by die diensverskaffer / netwerkoperateur / werkgewer / Suid-Afrikaanse Polisie aangegee word.
Die gebruiker verskaf enige besonderhede op eie risiko aan Roekeloos.co.za.
Die gebruiker stem in dat Roekeloos.co.za of die uitgewer nie aanspreeklik gehou sal word vir die uitlek van persoonlike inligting nie, hetsy per ongeluk of weens die werk van kuberkrakers of programfoute nie.
Roekeloos.co.za aanvaar dat alle skakels wat aan die webwerf verskaf word met die goedkeuring kom van daardie spesifieke webwerf se eienaar/s. Roekeloos.co.za of die uitgewer kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies weens ongemagtigde skakeling nie.
Roekeloos.co.za behou die reg om enige inhoud te redigeer of verwyder sonder enige kennisgewing.
Dit is die beleid van Roekeloos.co.za om nie enige handelsmerke in die werf se metakode te gebruik sonder toestemming nie. Enige sulke handelsmerke sal onmiddelik verwyder word. Roekeloos.co.za en die uitgewer aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade of verlies weens die ongemagtigde gebruik van ‘n handelsmerk in die metakode nie.