Smokie toer uitgestel tot Maart 2021

As gevolg van die regering se beperkings op openbare byeenkomste, teaters, arenas en internasionale lugreise vir die afsienbare toekoms, het Lefra besluit om die Smokie-konserte wat in Desember in Carnival City aan die Oos-Rand, GrandWest in Kaapstad, en Time Square in Pretoria gehou sou word, uit te stel na Maart 2021.