Lefra Produksies, wat reeds FIELA SE KIND – DIE DRAMA deur Dalene Matthee met verhoogteks deur Suzanne van Wijk vir drie keer opgevoer het (1997, 2007, 2017) het na vele versoeke van skole, besluit om die FIELA SE KIND-DIE DRAMA regstreekse aanlyn toeligtings- en besprekingssessie weer aan te bied op Dinsdag, 14 Mei 2024 om 10:00. Skole wat vir hierdie werksessie wil bespreek kan Monica Booysen skakel by (011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan info@lefra.com Direkte aanlyn besprekings kan gedoen word by: https://tinyurl.com/fielas Vir meer inligting besoek www.fielasekind.com of www.lefra.com Lees meer by: https://icont.ac/4XQp8 Sluitingsdatum vir besprekings is Maandag, 6 Mei 2024.
‘n Paneel, bestaande uit wyle Shaleen Surtie-Richards (wat die rol van Fiela verskeie kere op die verhoog vertolk het en ook in die eerste rolprent), Phillru van Achterbergh (wat die rol van die volwasse Benjamin/Lukas in die 2017 verhoogproduksie vertolk het/ Binnelanders/ Van Kose), Vian Singleton (wat die rol van die jong Benjamin/Lukas in die 2017 verhoogproduksie vertolk het wat ook te sien was as die karakter, Thomas in SewendeLaan) en Junaid Anthony (samesteller van die studiegids), sal fokus op aspekte vanuit die drama wat Graad 12 Afrikaans Addisionele Taal leerders in staat sal stel om die drama beter te verstaan ter voorbereiding van die eksamens. Frans Swart, besturende direkteur van Lefra wat ‘n hele paar keer saam met Fiela lang paaie gestap het, sal die gespreksleier wees. Die aanlynsessie word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Britz Couriers and Removals, WS Pianos en Ambassador Execudrive.
Die sessie gaan regstreeks heruitgesaai word. Behalwe vir die gesprekke met die akteurs, gaan daar ook kort toneeltjies uit die drama ingespeel word, soos onder andere die badtoneel, die sensusmanne se toneel, Barta se erkenning en Benjamin/Lukas se roerende monoloog van wie hy nou werklik is. “Hierdie toneeltjies, toegelig met bespreking deur die paneellede, gaan vir die matrieks beslis toerus om FIELA SE KIND – DIE DRAMA heeltemal te verstaan,” sê Swart.