Ontvang vergoeding vir jou Afrikaanse bydraes. Roekeloos.co.za betaal R50 per bydrae.
Die voorwaardes:
• Jy moet 18 jaar of ouer wees om ’n bydrae te lewer.
• Geskrewe bydraes, foto’s of ‘n PhotoShop skepping is welkom.
• Geskrewe bydraes moet uit minimum 250 woorde bestaan. Lidwoorde uitgesluit.
• Die bydrae moet oorspronklik wees en mag nêrens anders verskyn nie.
• Geen anonieme bydraes – beteken die uitgewer moet ten minste weet wie jy is. Anonieme bydraes verskyn onder “Roekeloos”.
• Vergoeding beloop R50 per bydrae.
• Roekeloos.co.za se paneel van onkundiges het die finale sê oor watter bydraes gebruik word.
• Geen korrespondensie word gevoer oor bydraes wat nie aanvaar is nie.
• Bydraers word aan die einde van elke maand betaal vir bydraes wat daardie maand verskyn het.
• Bydraes vir die Gedigte-afdeling kom nie in aanmerking vir vergoeding nie.
Bydraes oor omtrent enige onderwerp is welkom. Stuur dit aan bydraes@roekeloos.co.za.
Wie word voorgetrek:
• Humoristiese bydraes.
• Iets oor boeke, flieks, teater, musiek en kuns.
• Verhale.
Hier volg die fynskrif:
• Die uitgewer behou die reg om te besluit hoe en waar die bydraes gebruik word.
• Die uitgewer kan nie verantwoordelik gehou word indien jy nie die voorwaardes verstaan nie.
Kontakbesonderhede vir Roekeloos.co.za:
Webwerf: www.roekeloos.co.za
E-pos: bydraes @ roekeloos.co.za
Instagram: Instagram
Twitter: twitter.com/roekeloos
Pinterest: Pinterest
Facebook: facebook.com/aweregs
Google+: Google+