“Oorlog is ‘n kreet. ‘n Lied vir elkeen wat al gevoel het hulle is vasgevang in ‘n stryd met hulself, die wêreld, verhoudings of enige ander uitdaging wat dit laat voel asof oorwinning buite bereik is.

Met Oorlog wou Ek meer doen as om net oor daardie gevegte te sing. Ek wou ‘n lied skryf wat mense kan saamdra, saamsing en hul eie maak. ‘n Lied wat hulle herinner dat daar steeds hoop is, dat elke stryd ‘n doel kan hê en dat geen oorlog vir altyd aanhou nie.

Dit gaan daaroor om sonder verskoning of twyfel Jouself te wees en vas te staan vir dit waarin jy glo. Oorlog is bedoel om uit volle bors gesing te word!

Elke oorlog begin met ‘n keuse om nie moed op te gee nie en dis my wens vir elkeen wat hom luister”. So vertel Carmen van Tonder.

Carmen van Tonder
Carmen van Tonder

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar