Talentvolle Daniella Venter ingevoer vir dié hoogtepunt

Die Suid-Afrikaans-gebore danser Daniella Venter gaan dié week haar pointe-skoene in Johannesburg vasgespe en by die WGRUV Dance Company aansluit as gasdanser in Highlights: Tracing the Line — ’n produksie wat van 20 tot 23 Augustus by die UJ Arts Centre aangebied word.