Meerkat Petra het ‘n sensasie geword op Tiktok in 2023 en het die verhoog betree vir die eerste keer met haar verhoogstuk, Plastiekwêreld.
Dit is ‘n komiese kyk uit Petra se perspektief, na die wêreld waarin ons tans leef. Almal wil “Famous'” wees, en sal enigiets doen om daai status te bereik. Die mensdom het behep geraak met sosiale media en hoe hy homself weerspieël. “Fake” het die nuwe norm geword en Petra is hier om dit reg te stel.
Maak jou reg vir ‘n nostalgiese rit uit die verlede, en hoe als oornag verander het. Kom spandeer die aand saam met Petra, waar sy jou lagspiere kielie met haar unieke humorsin, asook haar flambojante persoonlikheid. Petra skroom nie om haar opinie te lewer nie, en is altyd eerlik en “straighforward”. Geen onder 18’s en geen sensitiewe kykers nie.
R220 by Die Boer teater Restaurant in Durbanville op 1 & 2 Oktober 2026.

