Gratis toegang tot sommige natuurreservate in Kaapstad tydens die Erfenis-naweek

Inwoners en besoekers aan Kaapstad sal oor die Erfenisdag-naweek gratis toegang tot sommige natuurreservate in die stad hê. Dit bied ‘n geleentheid om die stad se natuurlike erfenis te verken en die landskap te geniet.

Kaapstad bekroon as wêreld se derde gelukkigste stad – ondanks die wind

KAAPSTAD – In ’n internasionale opname, wat duidelik deur iemand uitgevoer is wat nog nooit in die Suidooster vasgeloop het nie, is Kaapstad pas bekroon as die derde gelukkigste stad op aarde – net ná Kopenhagen en Tokio, en ver voor plekke soos Johannesburg en Potchefstroom, waar geluk net nog ’n abstrakte begrip is.