Inwoners en besoekers aan Kaapstad sal oor die Erfenisdag-naweek gratis toegang tot sommige natuurreservate in die stad hê. Dit bied ‘n geleentheid om die stad se natuurlike erfenis te verken en die landskap te geniet.
Kategorie Argiewe:Insekte
Bye en heuning
Een by produseer een eetlepel heuning in ’n leeftyd.
Wat byt nou?
Die byt van die spinnekop kan ’n pynlike ereksie veroorsaak.
Vuurvliegies bedreig
Die wêreldwye afname in insekpopulasies maak navorsers en die algemene publiek bekommerd. Daar is nog groot gapings in ons kennis van wat die insekte bedreig. Dit geld ook vir die amper 2000 plus spesies vuurvliegies.Navorsers aan Tufts University in Amerika het onderneem om uit te vind wat die grootste bedreigings vir vuurvliegies is. Hulle het …
Stokinsekte leef voort, al eet voëls hulle
’n Stokinsek is ’n insek wat soos ’n blaar of ’n takkie lyk. Die meeste van die 600 soorte kom in tropiese streke voor en hulle kan tot 33 cm lank word.Dit word algemeen aanvaar dat wanneer insekte deur voëls geëet word, hulle en hul nageslag geen kans het om te oorleef nie. ’n Span …
Laagwater bring vir Bob Marley
Op 11 Januarie 2009, om 02h00 die oggend, het die water langs die kuslyn van Queensland, Australië, abnormaal vêr teruggetrek. Oplettende navorsers van die Queensland Museum en die Universiteit van Hamburg het op die nuut ontblote seebodem ’n nuwe soort seespinnekop ontdek.Die laagwater het hulle aan die reggae legende Bob Marley se liedjie, “High Tide …
Spinnekoppe: Die ‘evangelie’ volgens Norman
Hy laat voed mense op oor spinnekoppe en beveg die ‘mite’ dat spinnekoppe mense byt. Ontmoet Norman Larsen.
Miere bou brûe
Nuwe inligting oor miere wat brûe bou met hul lywe.
Ongewerweldes het ’n belangrike rol in reënwoude
Die afkap van bome in tropiese reënwoude veroorsaak dramatiese veranderinge in die aantal en tipes ongewerweldes in dié woude.Ongewerweldes, soos miere en wurms, het baie belangrike funksies in hierdie ekosisteme. Termiete en wurms help byvoorbeeld om dooie blare te verwerk en hul voedingstowwe in die grond vry te stel. (foto Tom Fayle)
Bye gebruik plastiek
Navorsers het gevind dat sekere stedelike bye begin het om hul korwe te bou van plastieksakke en ander plastiek produkte. Die bye kou die plastiek fyn voor hulle dit gebruik in die korf.Die studie is gepubliseer in die joernaal Ecosphere.(foto Luis Miguel Bugallo Sánchez)
