Ongeveer 61 persent van ons planeet se skilpadspesies word bedreig, of het reeds uitgesterf. Hulle tel nou onder die mees bedreigde diere op aarde. (bron: Bioscience) Hierdie hedendaagse afstammelinge van antieke spesies dien vir ons as barometer van hoe die mens se handeling die afname van ons wild teweegbring. Skilpaaie is al hier vir meer …
Kategorie Argiewe:Reptiele
Kinders se slange van Suider-Afrika
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids.Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm.Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van …
Krokodil uit kolkgat gered
Chris Hobkirk, hoof van die Mpumalanga Toerisme en Park-agentskap (MTPA) se wildvang-eenheid, vrywilligers van Lowveld Venom Suppliers en die Off Road Rescue Unit (ORRU) – wat eintlik bergklimmers help – het ’n week gelede die 3,4 m lange reptiel wat in ’n kolkgat naby Komatipoort beland het, van ’n gewisse uitgerekte dood gered.
Seeskilpaaie se geslag besig om te verander
Nuwe navorsing het bevind dat groen seeskilpaaie op die Groot Koraalrif by Australië omtrent net wyfies voortbring.Die rede is oseane wat verwarm. Om die kolonie se kanse op oorlewing te verbeter is meeste kleintjies nou wyfies. Die geslag van die skilpadjies word bepaal deur die temperatuur van die sand waarin die eiers gelê word.Die sand …
Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika
Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika is ’n interessante gids tot die paddas van die streek.Volkleurfoto’s, verspreidingskaarte en verstaanbare teks sal nuwelinge en aspirantnatuurkenners help om die algemeenste paddaspesies in Suider-Afrika uit te ken, te ontdek waar hulle voorkom en te leer van hul unieke gedrag en buitengewone eienskappe. Sasol Eerste Veldgids tot …
Lees meer “Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika”
Slang se rooibok-happie
Dié luislang is 3,9 m gemeet toe hy in die veld buite Groblersdal gevang is. Hy moes eers ‘n rooibokooi uitspoeg voor hy gevang is.
Waar het slange hulle lang lyf gekry
Vir jare al het wetenskaplikes gewonder oor ’n slang se uitermatige lang lyf. Waar kom dit vandaan? Hoekom is ’n slang se lyf so lank? Navorsers van in Portugal Instituto Gulbenkian de Ciência het in 2016 die antwoord gekry.Daar is ooglopende verskille in die grootte en vorm van gewerwelde diere, of jy nou ’n slang …
Krugerwildtuin-droogte
Die droogtegeteisterde Krugerwildtuin het vandeesweek goeie reën gesien – veldwagters vertel van dié vir wie hierdie verligting te laat gekom het, maar ook hoekom die droogte belangrik is.
Karetskilpaaie vrygelaat
’n Paar weke gelede is 17 jong karetskilpaaie vrygelaat ’n paar seemyle van Durban af.Jong karetskilpaaie oorleef die eerste paar jaar van hul lewens deur in warm oseane rond te dryf. Hulle leef van klein seediere wat naby die oppervlak ko, byvoorbeeld klein jellievisse en klein bloublasies.Die 17 is gered nadat hulle in verkeerde strome …
Slange & Slangbyt in Suider-Afrika
’n Onontbeerlike gids vir die uitkenning van al die gevaarlike slange en algemene onskadelike slange in Suider-Afrika, sowel as belangrike en praktiese kitsinligting oor noodhulp ingeval van ’n slangbyt. Eenvoudige ikone, verspreidingskaarte, bondige teks en talle volkleurfoto’s help om slange wat algemeen in die streek voorkom maklik uit te ken. Simptome en behandeling van slangbyte …
