Moordwalvisse jag haaie aan SA kus

Dit wil voorkom asof moordwalvisse tans jag maak op witdoodhaaie aan die Kaapse kus.Die veiligheidsprogram Shark Spotters het verlede week ’n 4,9 meter witdoodhaai op Gansbaai se strand gevind. Daar was ’n groot gat tussen haar borsvinne. ’n Nadoodse ondersoek het bevind haar lewer is weg. Hierdie inligting, tesame met die feit dat daar verskeie …

Ou grootbek

Wetenskaplikes het vroeër vanjaar bekend gemaak dat hulle ’n nuwe fossiel van ’n plankton-eter ontdek het van die genus Rhinconichthys.’n Skedel van die spesie wat 92 miljoen jaar gelede geleef het, is in Colorado in die VSA ontdek. Hulle bekke het ’n ekstra spesiale been bevat wat dit in staat gestel het daarom ekstra wyd …

Visse het dalk ook emosies

Navorsers aan verskeie Europese universiteite het bevind dat visse moontlik emosies ervaar en ’n bewussyn het. Zebravisse is vir die eksperimente gebruik.Daar is verskille onder die wetenskaplikes oor die visse se bewussyn, maar almal stem saam oor die moontlikheid van emosies.Dit was drie jaar se navorsing, wat onlangs gepubliseer is in Proceedings of the Royal …

Haaie en pylsterte bedreig

’n Kwart van die wêreld se kraakbeenagtige vis, haaie en pylsterte, staar uitwissing in die gesig.Die bevinding is gedokumenteer in ’n studie deur die International Union for Conservation of Nature se Shark Specialist Group. Daar is bevind dat indien daar nie drastiese stappe gedoen gaan word om dié visse te beskerm nie, gaan toekomstige geslagte …

Oesters gebruik dalk klank om huis te soek

Oesters begin hul lewe as klein swerwertjies wat op seestrome dryf. Wanneer hulle volwasse word soek hulle ‘n huis op ‘n koraalrif.Oesterlarwes is plankton, wat beteken hulle kan nie teen of oor seestrome swem nie. Hulle het wel die vermoë om op en af te beweeg in die kolom water waarin hulle is. Die volwasse …

Wêreld se eerste baster-haai

Australiese wetenskaplikes het die ontdekking van twee verskillende haaispesies wat gepaar het, verwelkom. Dit is iets wat nog nooit vantevore gesien is nie en kan haaie op die lange duur help om beter in warm oseane te oorleef. Die hoofnavorser, Jess Morgan, het gesê die paring van die Australiese swartvin-rifhaai met sy internasionale ekwivalent, die …