Haaie en pylsterte bedreig

’n Kwart van die wêreld se kraakbeenagtige vis, haaie en pylsterte, staar uitwissing in die gesig.

Die bevinding is gedokumenteer in ’n studie deur die International Union for Conservation of Nature se Shark Specialist Group. Daar is bevind dat indien daar nie drastiese stappe gedoen gaan word om dié visse te beskerm nie, gaan toekomstige geslagte nie die visse kan sien nie. Die spesies word veral bedryf deur die visserybedryf en die verandering van hul natuurlike habitat. Die areas waar die visse onder groot druk verkeer is die Stille Oseaan (veral die Golf van Thailand), die Rooi See en die Middellandse See.

Nick Dulvy van die Simon Fraser Universiteit in Kanada, een van die navorsers betrokke in die studie. (foto Perry Zavitz)

Lewer kommentaar

Leave a Reply