Kandelaarblom

Brunsvigia orientalis

Die kandelaarblom in ’n inheemse bolplant wat aan die Suidwes-Kaapse kusgebiede voorkom. Dit is sigbaar as ’n regop steel wat tot 450 mm lank word.

In die herfs vorm dit ’n groot skerm met ongeveer 60 trompetvormige blomme aan die punte. Nadat dit geblom het breek die skerm af en waai dit oor die veld soos ’n rolbos. Die breë blare verskyn na die blomme en lê plat op die grond.

Die plant groei stadig en kan nie maklik verplant word nie. Die bolle wil ook nie water hê in hul rusperiode nie.

(foto Andrew Massyn)

Lewer kommentaar

Leave a Reply