Vier die Lente met ‘n inspirerende konsertervaring deur die internasionaal bekroonde Amira Willighagen. Amira het harte regoor die wêreld verower toe sy Holland’s Got Talent op negejarige ouderdom gewen het.
Amira bring ‘n indrukwekkende program van tydlose klassieke- en crossover gunstelinge asook geliefde musiek uit verskeie ander genres. Sien uit na ‘n genotvolle middag terwyl Amira se buitengewone talent die teater vul met warmte, vreugde en die gees van die Lente.
Die Boer teater restaurant in Durbanville op Sondag 20 Sept om 14:00
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com

