Die Liefde-span maak gereed vir die opkomende konsert by Meerendal in Durbanville. Feesgangers kan uitsien na optredes deur Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Bernice West, Early B, Die Piesangskille, Jack Parow, Bok van Blerk, Appel, Eden, GString, Robbie Wessels, Ricus Nel, Riaan Benadé, Zaan Sonnekus, Twee en Moegoe. Die Mc is Schalk Bezuidenhout.
Bo en behalwe die groot name op die program, is daar ook nog ‘n paar collabs tussen die kunstenaars, asook secret acts wat aanhangers soos altyd gaan verras. Dis Liefde Gees!
Die fees-ontwerp van die dag is in eie reg iets spesiaal om te beleef. Die immergewilde opblaas -eende en ander fantasties dekor-elemente is al vir jare deel van die Liefde- fees gevoel. Daar is baie om jou aandag te hou en wonder te wek.
Bernice West sien uit om weer op die Liefde-verhoog te wees. Sy sê: “Die line-up is NOOIT vervelig nie! Dis ’n samekoms van verskillende kunstenaars wat almal regtig ’n ware liefde vir musiek het. ‘My fans kan baie energie, passie en ’n hengse lekker tyd verwag!”
Appel beaam daai gevoel vanaf die verhoog: “ Dit maak nie saak hoe sleg my week was nie, dit raak binne in my stil as ek op die verhoog stap. En vandaar af ontmoet ek die gehoor. Daai konneksie is alles. Dit bly elke keer‘n voorreg om te doen wat ons doen.”
Bring oudergewoonte jou kombers saam en los dit agterna op die veld. Vanjaar word die komberse weer geskenk aan MES. Hulle sal sorg dat dit na huise gaan waar dit nodig is. Loer gerus na wat hulle alles en hoe jy verder kan help by https://mes.org.za/
Anelle Erasmus, Nasionale Bemarkingsbestuurder van MES Mould Empower Serve NPC sê:
“By MES is ons ongelooflik dankbaar vir die jaarlikse kombersinsameling by die “Liefde by die Dam”konsert. Vir baie is ‘n kombers meer as net warmte; dit is die eerste teken dat iemand omgee. Dit is dikwels die eerste stap op ‘n pad van hoop, herstel en blywende verandering.”
Die hekke maak maak 08h30 oop en die program vir die dag lyk so:
09h00 – MOEGOE.
09h20 – Bernice West.
09h50 – GSTRING
10h25 – Twee.
10h50 – Eden.
11h30 – Ricus Nel en Riaan Benade.
12h25 – Bok van Blerk.
13h00 – Zaan Sonnekus.
13h35 – Robbie Wessels.
14h20 – Die Piesangskille.
15h00 – secret act
15h05 – Die Heuwels Fantasties.
15h45 – Appel.
16h25 – Jack Parow.
17h30 – Early B.
18h15 – Fokofpolisiekar.
KAARTJIES:
Algemeen: R399.00
Kinders 3-12: R220.00
Kinders onder 3: Gratis
Kaartjies by Ticketmaster of www.liefdebydiedam.co.za
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
