Suid-Afrika wil die prop sit in dronkbestuur

In ’n skuif wat kelners, braaivleis-entoesiaste en oom Jan met sy “ek ry beter ná twee” kollektief laat sluk het, het die minister van vervoer Barbara Creecy aangekondig dat Suid-Afrika se dronkbestuur limiet binnekort amptelik nul gaan wees.

Kaapstad bekroon as wêreld se derde gelukkigste stad – ondanks die wind

KAAPSTAD – In ’n internasionale opname, wat duidelik deur iemand uitgevoer is wat nog nooit in die Suidooster vasgeloop het nie, is Kaapstad pas bekroon as die derde gelukkigste stad op aarde – net ná Kopenhagen en Tokio, en ver voor plekke soos Johannesburg en Potchefstroom, waar geluk net nog ’n abstrakte begrip is.