Ons het die volgende brief ontvang van Chris van Bloemfontein. Ben is al etlike jare nie meer by ons nie, maar miskien het iemand anders ’n antwoord vir Chris.
Ben,
Ek lees al jou briewe oor mans en vrou ek het gewonder of jy dalk vir my raad kan gee. Ek is jare getroud. Die seks tussen my en my vrou is glad nie opwindend sy wil ook net op haar rug lê en dit oor kry ek het al baie daaroor gepraat ek sukkel ook om ’n ereksie te kry. Ek praat baie oor seks om haar lus te maak dit help niks. Ek het al vir haar seks speelgoed gekoop; sy verwerp dit heeltemal.
Ek het haar toestemming gegee om seks met ’n ander man te hê en ek het haar gesê ek wil seks met ander vroue hê, dalk sal dit haar lus maak, maar dan is sy ongelukkig. As ek alleen uitgaan dan vra sy agterna hoe was die seks dan sê ek dit was heerlik met ’n ander vrou, hoewel ek nie seks gehad het met ’n ander vrou nie. Dit lyk vir my of sy nie so erg daaroor voel nie. Ek het vir haar gesê ek het seks met ander vroue om haar te laat besef dat sy haar opinie oor seks moet verander. Ek dink daaraan om dit wel te doen. Ek is al moeg om my self te help ek het ’n groot behoefte om seks te hê.
Ek worstel ook met ’n ander ding. Ek hou daarvan om na mans se penisse te kyk en daarmee te speel. Ek fantaseer baie daaroor om seks met man te hê. Ek is op skool deur ’n onderwyser gebruik. Dit het lank so aangegaan. Ek was seker so 13 of 14 jaar oud daardie tyd. Dit het vir my lekker geword, na al die jare tot nou dink ek daaraan en sal graag weer seks met ’n man wil hê. Ek is net bang om ’n move te maak om ’n man te kry vir seks. By die gym stort die manne en loop kaal na die sort toe. Ek vergaap my aan hulle penisse ek kry dan sommer ’n ereksie. Ek wonder of ek dalk gay is? Ek hou geweldig baie van mooi meisies en fantaseer ook baie om seks met ’n meisie te hê. Ek voel ook goed as ’n mooi meisie of vrou aandag aan my gee.
Ek is in my 50s. Is ek dalk abnormal om so baie oor seks te fantaseer? Ek wil graag seks met vrouens en mans hê. Ek droom in die nagte van seks met mans en vrouens. Ben, ek het ’n goeie vrou. sy sorg goed vir my. eek sal haar nie los vir iemand anders, dit is net die seks ding wat my pla. My vraag is . Sal dit verkeerd wees as ek so af en toe by behoeftes bevredig by iemand anders? My vrou glo dat ek dit reeds doen met vrouens en mans, so ek kan dit net sowel doen. Maar waar kry ek iemand wat soos ek voel? Ek is skaam en teruggetrokke. Ek wil net seks hê en niks meer by iemand anders. Ben, jammer oor al die vrae ek kan met niemand praat oor my behoefte nie. Ek sal graag wil hoor wat se raad jy kan gee. Ek geniet jou briewe. Is ek abnormal oor al my behoefte? Ek sien uit na jou opinie.
Groete, Chris van Bloem.
