Na Ouma vir 18 maande op pad was en die land deurkruis het, sluit sy hierdie vertoning en pelgrimstog af by haar geliefde Boer teater.

In Maart 2026 sal sy terug wees met ‘n nuwe vertoning: Ouma en die ou koeie.

Ouma is ‘n knersvlakte nooi en sy is nou oppad … om ’n paar nuwe herinneringe te gaan maak. Sy kuier in Hermanus by haar seun, waar sy en ‘n pizza afleweringsman ‘n komplot smee teen haar skoondogter se chiuaua. In Pringlebaai lees sy die gedagtes van ‘n bobbejaan-mannetjie en op die Oppiewaterfees-skip vertel sy vir die “incheck-parade”-mannetjie, wat hy kan doen met sy Covid-vorms. En in Stellenbosch wonder sy en haar oud-kamermaat of hulle nie dalk weer n draai by Wilgenhof moet gooi nie..

Ouma is oppad is geskryf deur Jurg Human.

MOMENTUM AARDKLOP- POTCHEFSTROOM

TOTIUSSAAL: 9 OKT OM 19:30 & 10 OKT 13:00- WEBTICKETS

OUMA IS OP PAD- komedie met MARGIT MEYER-RODENBECK en COENRAAD RALL (klavier), JURGEN HUMAN (Teks en regie) – GEEN O/14 (Taal)

R 240 op Dinsdag 21 Okt by Die Boer teater in Durbanville. Bespreek: 021 979 1911 / www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply