Bartolomeu Dias – op soek na Indië om Afrika se suidpunt

In 1487 vertrek die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias met sy vloot uit Lissabon op ’n sending om die seeweg na Indië te vestig om die suidpunt van Afrika.

Namibiese pasta is koning

Suid-Afrika het in 2017 49 327 ton pasta ingevoer, 19% meer as die vorige jaar. Die grootste verskaffers was: • Italië: 21% 🇮🇹 • Namibië: 15% 🇳🇦 • Litoue: 15% 🇱🇹 • China: 13% 🇨🇳 • Letland: 11% 🇱🇻 • Portugal: 10% 🇵🇹 • Ander: 15% Bron: Wandile Sihlobo / Twitter / ITC

Toto se Africa speel vir ewig in Afrika

Die Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het ‘n klankinstallasie in die Namibwoestyn opgerig om Toto se Africa sonder ophou te speel. Siedentopf het ’n onbekende plek naby die kus in die woestyn gekies om ses luidsprekers op te stel wat aan ’n MP3-speler gekoppel is en met behulp van sonkrag werk.