JAKARTA – Voeg hierdie gerus by die lys van dinge waaroor ouers nagte lank wakker lê — iewers tussen kopluise en Jeffrey Epstein se vriendekring.
’n Onlangse verslag deur die Public Interest Research Group het ’n nuwe speler op die gevaarlys geplaas: Sagte teddiebere met groot oë en ingeboude slimstemme. Navorsers het ontdek dat hierdie speelgoed, wanneer dit alleen saam met kinders gelos word, binne minute begin praat oor onderwerpe wat elke ouer sal laat bobbejaanstuipe kry.
OpenAI, wie se GPT-4o-model die brein agter die Singapoerse FoloToy-speelgoed is, het vinnig hul samewerking met die maatskappy gestaak, nadat een van die teddies glo raad gegee het oor seksuele fetisjisme, hoe om ’n vuurhoutjie aan die brand te steek, en waar in die huis ’n mens die skerpste messe kry.
Ouers word intussen aangeraai om ’n nuwe opvoedkundige vaardigheid aan te leer: hoe om ’n teddiebeer met ’n hamer te slaan voordat dit die kinders leer hoe om die huis af te brand.
