Met bekende en beminde klassieke sowel as kommersiële liedere, neem Louis Loock en Cobus Snyman die gehoor op ‘n toer van klank en musiek.
Louis Loock met sy opgeleide en pragtige tenoor stem doen saam met Cobus Snyman, wat self in ’n duisend stemme sing, ‘n produksie waar Louis bekende popliedjies aanpak uit ’n klassieke benadering en Cobus op sy beurt weer die klassieke werk omgekeerd met ‘n ligte musiek benadering aanpak. Die “magic” gebeur as die twee saamsing en klassiek en pop musiek in harmonie weerklink.
By Die Boer teater op 3 Desember om 20:30
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

