Speel gholf in Mauritius saam met van die land se gewildste sportsterre

Mauritius is ’n ware paradys en die ideale vakansiebestemming. Om gholfspelers die geleentheid te gee om ’n paar van hierdie eiland se uitmuntende gholfbane eerstehands te ervaar, bied World Leisure Holidays (WLH), in samewerking met Beeld, volgende jaar ’n weeklange gholftoernooi in Mauritius aan.