Aandag alle gholfliefhebbers! Bespreek nou vir ’n onvergeetlike gholf-avontuur in Mauritius saam met sportlegendes soos JP Duminy, Breyton Paulse, Alwyn Hollenbach en Johnny Davids. Om jou plek te verseker, is al wat jy hoef te doen om nóú jou R3 000-deposito te betaal! Die balans hoef eers 30 dae voor die vertrekdatums vereffen te word.
Alle gholfspelers, ongeag van jou voorgee of ervaring, word genooi om vanaf 7 tot 14 September 2024 aan hierdie eerste-van-sy-soort geleentheid deel te neem, wat aangebied word deur World Leisure Holidays (WLH) en die Afrikaanse dagblad, Beeld.
Die toernooi sal op drie van die eiland se mees skouspelagtige bane gespeel word: Ile aux Cerfs, ’n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Bernhard Langer; Anahita-gholfbaan, ’n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Ernie Els; en die tegnies uitdagende 18-putjie par-72 kampioenskap Tamarina-gholfbaan, die langste op die eiland, ontwerp deur Rodney Wright.
“Om die toernooi op drie bane te speel, sal nie net gholfspelers se vaardighede en vermoëns uitdaag nie, maar sal ook wys wat die eiland het om te bied. Dit gaan alles oor gholfspeel in die paradys,” sê
Elaine Durr, WLH se bedryfsdirekteur. “Die feit dat dit net vier ure se vlieg van Suid-Afrika is, is ’n ekstra bonus.”
Deelnemers sal verder ook bederf word met drie aande in die Mauritiaanse hotelgroep SunLife se vyfster Sugar Beach Resort, en vier aande in sy vyfster Long Beach Resort, onderskeidelik.
Dié uitstappie bied egter veel meer as net gholf en gaste kan ook uitsien na baie uiteenlopende aktiwiteite en ervarings wat by die onderskeie SunLife-oorde beskikbaar is as deel van hul Come Alive Collection, met beide wat ’n verskeidenheid kroeë en restaurante, vermaak, en ’n keuse van sport- en ontspanningsgeriewe bied.
Besprekings vir hierdie besonderse wegbreek kan gedoen word teen R29 700* per persoon wat deel of R39 700* per enkelkamer en sluit in:
Vlugte van Johannesburg, insluitend lughawebelasting
3 nagte se verblyf (sommige etes ingesluit) by Sugar Beach Resort
4 nagte se verblyf (sommige etes ingesluit) by Long Beach Resort
Drie rondes gholf, insluitend ’n gholfkarretjie
Vervoer tussen hotelle
Verwelkomingsete
Prysoorhandigingsete op die laaste aand
Spelers wat ’n span van 2 x 4-balle inskryf, sal gratis bly en speel en slegs vir vlugte en lughawebelasting betaal, so nooi nou jou vriende om jou op hierdie eksklusiewe ervaring te vergesel! Tariewe is onderhewig aan verandering vanweë die wisselkoers en terme en voorwaardes geld.
Maak jou gholfdrome waar en bespreek nou jou plek vir die heel eerste Mauritius-gholftoernooi van sy soort by golf@wlh.co.za.