Alle paaie lei na Prins Albert op 1 tot 5 Mei 2024, met die tweede jaarlikse Journey to Jazz Festival wat ‘n fees vir die siel gaan wees.
Jy kan uitsien na verskeie plaaslike en internasionale kunstenaars, ‘n opwindende huldeblyk aan die klavier, meesterklasse, werkswinkels, heerlike kos en gesprekke en ander leefstylgeleenthede is stewig op die program.
Onder toesig van die fees se 2024 artistieke direkteur, Kyle Shepherd, en sy kreatiewe direkteur, Brenda Sisane, is gehore in vir ‘n ware musikale verrassing, met Shepherd wat sê dat hul programmeringstrategie ook “paid homage to a specific narrative of the Western Cape music inheritance, which is in keeping with the contemporary jazz follower of today”. Shepherd het ook gereflekteer hoe die die keuse van kunstenaars ‘n opwindende samevloeiing van moderne en klassieke jazz is wat deur talentvolle plaaslike en internasionale kunstenaars aangebied word.
Vanjaar se kunstenaars sluit onder andere in:
· Afrika Mkhize Quartet (SA)
· Adam Zanoli’s Heliacal Rising of Sothis (VSA)
· Cameron Ward (SA)
· Darren English Quartet (SA en VSA)
· Giovanni Guidi Trio (Italië/USA)
· Kyle Shepherd (SA)
· UCT Little Big Band (SA)
· The Karoo Jazz Project – onder leiding van Ramon Alexander (SA)
· Jonathan Rubain en die Koortjies Band (SA).
Die fees vind plaas oor die hele dorp, met die meeste plekke binne loopafstand van mekaar. Benewens die Showroom-teater en die Swartbergpas, kan feesgangers optredes by die NG Kerk ervaar, in die buitelug by die African Relish-restaurant, die intieme Old Barn, sowel as in Botterblomstraat vir ‘n New Orleans-feesvibe. Die amptelike opening van die fees sal plaasvind by die Krittikom Quarry Theatre, ‘n voormalige ongebruikte steengroef van prehistoriese klip wat deur PACT opgeknap is.
Vir die eerste keer sal Prins Albert se legendariese Showroom-teater verskeie van die fees se voordragte en vertonings aanbied, wat met die gebou se besonderse akoestiek ongetwyfeld jazz-entoesiaste verder sal opgewonde maak. Dit is ook die perfekte omgewing vir die fees se fokus op die emosionele resonansie van die klavier, met al sy kunssinnigheid en veelsydigheid.
Wat Journey to Jazz ook ‘n totale uitblinker maak, is hoe die hele gemeenskap saamstaan om hierdie wêreldklas-geleentheid aan te bied, met die dorp se blywende gesegde, “Groet is ‘n Moet”, bewys. Behalwe die musiek wat aangebied word, is daar ‘n magdom opwindende leefstylgeleenthede en uitstallings. Van ‘n spookwandeling, ‘n aand by die museum (vir aandete), die Groet Tafel byeenkoms, sonsopkoms joga, begeleide staptogte in die Swartbergpas en by Wolwekraal, wynproeë en 5-ster kookkuns en vele meer. ‘n Persentasie van die kaartjieverkope gaan aan die Prince Albert Community Trust (PACT). Kaartjies is beskikbaar by https://www.quicket.co.za/events/247496-prince-albert-journey-to-jazz/#/