Die Tulbagh-skou is die oudste deurlopende skou in Suid-Afrika. Die skou is vanjaar 152 jaar oud.
Dis landbou-georiënteerd met die hoofbyeenkoms die perdekampioenskappe en die nasionale Friesperdkampioenskappe as die hoogtepunt.
Daar is ook die baie gewilde steak-aand die Vrydagaand met Desmond Wells wat sy 80’s show gaan kom doen.
Ons het ook ‘n pluimvee saal sowel as ‘n veldblomme saal, wat pragtig is … en talle stalletjies.
Kontak gerus tulbaghskou@gmail.com of 023 2300189 of 0767020212.