Die bewers in China is vreeslik opgewonde. Die wêreld se grootste hidroëlektriese dam is in aanbou in die Yarlung Zangbo-rivier in Tibet.
Die nuwe dam se geprojekteerde jaarlikse kapasiteit van 300 miljard kWh is gelykstaande aan Brittanje se totale kragverbruik in 2024, en byna drie keer meer as die van die wêreld se huidige grootste dam, die Driekloofdam … ook in China.
Hierdie tipe projekte laat die res van die wêreld groen van jaloesie, want China sal na verwagting teen 2030 byna 60% van die wêreld se nuwe skoon energie produseer.
