Na 3 suksesvolle Rock vertonings is Nádine terug op die verhoog met Rock 4 Ladies of Rock. Die vertoning sluit die grootste rock liedjies van vroulike kunstenaars in. Ikoniese sterre soos Tina Turner, Fleetwood Mac se Steve Nicks, Patty Smith en meer word almal vereer.

Maak gereed vir Nádine se uitsonderlike verhoog energie met haar weergawe van Joan Jett se “I love Rock and Roll”, krag en energie soos die van Blondie.

Nádine se Rock 4 sluit ook treffers in van Avril Lavigne, Heart, Alanis Morissete en Pink.

Moenie uitmis op hierdie enige in sy soort konsert nie.

Sondag 27 Sept om 14:00 by Die Boer teater in Durbanville.

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911/ www.dieboer.com

Nádine
Nádine

Lewer kommentaar

Leave a Reply