Afrikaanse kunstenaar Wentzel is terug met sy splinternuwe enkelsnit, “Verseker Beter”, wat onlangs vrygestel is. Die lied vertel die storie van ‘n doodgewone ou wat sy hart verloor op die mooiste klein-dorp meisie – die tipe wat net so tuis is tussen die plaashekke en die bosveld as by ‘n lekker kuier saam met vriende. Met ‘n bietjie skaamte, ‘n goeie dosis humor en ‘n ouwêreldse benadering probeer hy haar wys dat hulle eenvoudig verseker beter saam is.
Verseker Beter is nie ‘n swaar liefdesballade nie, maar ‘n aansteeklike pop/country-
lied vol goeie energie, lekker melodieë en ‘n refrein wat moeilik uit jou kop verdwyn. Dit vier die eenvoud van die plattelandse leefstyl, egte mense en die lekkerte van saam kuier – temas waarmee baie Suid-Afrikaners maklik sal kan vereenselwig. Met sy vars pop/country-klank en energieke produksie is Verseker Beter gemaak vir oop paaie, naweke saam met vriende, braaivure en dansvloere. Dit is die soort lied wat sommer van die eerste luister af ‘n glimlag op jou gesig sit en jou voete laat saam tik.
Met sy toeganklike styl en eg Suid-Afrikaanse aanslag lewer Wentzel nóg ‘n
enkelsnit wat tuis sal voel op radiostasies, in speellyste en oral waar mense hou van
goeie Afrikaanse musiek en ‘n lekker kuier.

