|
**** ***** skryf: “Ek is ‘n 35-jarige man. Ek en my vrou wat nou 30 is is al 10 jaar getroud en het twee pragtige gesonde seuns. By geboorte het die vraag opgekom besny of nie besny?. My vrou was baie opgewonde oor die idee om te besny, ek sê toe ook ja, ma ek sê haar as hulle eendag groot is en hulle begin vrae te vrae moet jy maar hulle antwoord aangesien dit jou idee was … sy sê toe ja dis nie ‘n probleem nie. Hul altwee word toe besny en als het baie goed gegan hul altwee het gou gesond geword. Die een is nou 10 en ander een is 9, ‘n week terug kom die een wat 10 is na ha toe, en vrae hoekom sy penis anders lyk as sy maaitjies sin … en sy het dit so mooi behandel, sy het hom na sy kamer toe gevat en by hom gan sit en vir hom verduidelik en gesê … ‘****** jou tollie is heeltemal normaal al lyk hy bietjie anders as jou maaitjies sin, en jy moet altyd onthou jy is net soveel man soos al jou maaitjies, toe jy en ******* gebore was het ons iets wat mens “besny” noem gedoen met julle. En al wat dit beteken is dat ons die velletjies op julle tollies laat afsny het. En mamma en pappa wil hê julle moet dit aanvaar en geniet.’ Hy het nog steeds baie unhappy gelyk en nie met die idee gehou nie, toe sê sy ‘Ai Bennie dit help nie om unhappy daaroor te wees nie, dis klaar gedoen oor en verby en jy moet dit aanvaar en vrede maak daarmee,om unhappy te wees gan nie die velletjie terugbring nie. Toe die volgende dag … kom hy terug na haar toe en se ‘Mamma ek het gedink daaroor en ja jy was reg ek aanvaar dit en ek is ok daarmee!’ toe gee hy haar n groot drukkie. Nou wonder ek het of jy dalk vir my kan antwoord of raadgee … dink jy my ander seun wat nou 9 is sal ook begin vrae vrae of dink jy hy sal dit net aanvaar en dan ook as hulle ouer raak soos in hulle 20’s sal die tipe vrae weer opduik?”
Antwoord: Jou vrou hanteer dit baie goed, vrae of te nie, ek dink nie regtig julle het rede tot kommer nie. Die aanvaarding daarvan hang af van die persoonlikheid. Dit is egter selde ‘n groot probleem.
Kaalkop skryf oor sy ervaring van seks na besnydenis: “Ek is op 40 besny a.g.v. phimose wat ‘n nadraai van diabetes was. Sielkundig het die operasie my nogal ‘n “knock” gegee – suiwer omdat die Uroloog my nie oordentlik vooraf van die gevolge ingelig het nie.” “Seks voel verseker “anders”, maar dit is of ek langer kan aanhou en dan vind ek my orgasme baie meer intens! Dit is egter ook asof ek vinniger weer gereed is vir ‘n volgende rondte! Dit is half soos ‘n nuwe hoofstuk in my sekslewe!” “Ek vind egter dat my penis “dom” voel en dat dit geneig is om uit te gly tydens omgang, omdat mens nie meer so goed kan voel waar jy is nie! Waar ek in die verlede elke voutjie kon voel, kan ek dit nou glad nie voel nie!” “Aangesien ek sewe weke terug gedoen is, is dit nog effe teer, maar met ‘n goeie smeermiddel is daar geen probleem nie!” “Die groot voordeel is verseker higiëne. Selfs sou mens ‘n dag oorslaan om te stort, is daar geen reukie te bespeur nie!” “Ek sou nie vir iemand aanbeveel om dit te laat doen is dit nie om mediese redes werklik nodig is nie. As mens dit wil laat doen, maak net seker van alles voor die tyd. (Tipe snit ens.) My besnydenis se kosmetiese resultate is ‘n fiasko! Op die internet kry mens baie inligting.” “Ek hoop my kommentaar kan iemand help!”
“Hallo, Ek is het jou adres gekry op die net ek hoop jy kan my help. Ek en my vrou is al 7 jaar getroud, ons is baie seksueel aktief en geniet elke oomlik daarvan. My voorvel het gekrimp en toe gaan ek vir ´n circumcision. Na die circum het ek nie meer die omgang geniet nie, dit voel of ek nie in my vrou is nie. Dit ly daartoe dat sy kla sy kry seer as ons omgang het dan moet ek met die hand klaarmaak. Dit voel nou vir my of ek nie meer my vrou kan bevredig nie. Kan jy my asseblief raad gee, ek sal dit baie waardeer! Dankie” – T
Ben: T Sommige mans sê dat hulle nie soveel genot put uit ´n besnyde penis nie, terwyl ander sê dat ´n besnyde penis hulle meer beheer oor hul orgasme gee. Die voorvel bevat heelwat senupunte wat sensitief is vir ligte aanraking. Die ophoping van die voorvel wanneer die penis terugtrek in die vagina veroorsaak heelwat stimulasie en veroorsaak gewoonlik dat die penis weer vorentoe gestoot word. Besnyde mans probeer gewoonlik dieper indruk en trek verder uit om ´n orgasme te bereik. Dit kan die smering in die vagina verminder en die vroulike orgasme beïvloed. Ek lees onlangs van ´n opname op die Internet wat getoon het dat meeste mans in jou posisie ´n smeermiddel gebruik. Dit behoort in jou geval te help keer dat jou vrou pyn ervaar. Die penis penetreer normaalweg die vagina deur binne te seil omring deur die voorvel wat penetrasie vergemaklik en sorg dat die penis dieper penetreer. Dit is amper soos ´n sponsie waarop die penis beweeg en wat heelwat van die natuurlike smering behou. Sonder voorvel skuur die penis in en onvoldoende smering kan veroorsaak dat dit pynlik is. Sover dit higiëne betref is ´n besnyde penis beter en soos die bekende Dr. Ruth sê: “Solank hulle orgasmes het is dit nie nodig om jou te bekommer oor enige voor en nadele nie.” Onthou dat jou vrou, net soos jy, gewoond sal moet raak aan die “nuwe” penis. My raad aan jou is om miskien ´n smeermiddel te probeer en om jou probleem met ´n dokter te gaan bespreek. |
|