#KKNK Moeder Moed en haar kinders

Moeder Moed en haar kinders
Roekeloos
24 Maart

Moeder Moed is ’n rondreisende handelaar wat ’n lewe maak uit oorlog. Sy en haar
kinders trek van veldslag na veldslag met ’n wa vol drank en rantsoene.

Dis ’n harde lewe van opoffering en aflegging, waarin daar met bloed betaal word vir finansiële oorlewing en vooruitgang.

Die stuk word algemeen beskou as een van die bestes uit die vorige eeu en in ’n wêreld waarin korrupsie en gierigheid hoogty vier, is Moeder Moed net so relevant soos 70 jaar gelede.

* Debuut *

Met: Aletta Bezuidenhout, Deon Lotz, Andre Roothman, Nicole Holm, Juliana Venter, Jaqcues Theron, Cintiane Schutte en Milan Struwig
Regie: Jerry Mofokeng
Teks: Bertolt Brecht
Vertaling, verwerking en vervaardiging: Saartjie Botha

Genre: Plekspesifieke Teater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14
Tyd: 90 minute
Kaartjies: R 110
Plek: SANW Loods, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart 11:00 (Finale Kleedrep: R55) 29 Maart 20:00, 30 Maart 09:00 30 Maart 20:00, 31 Maart 09:00 31 Maart 20:00, 1 April 09:00 1 April 18:00

KKNK 2014

4.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar