Ongeveer 61 persent van ons planeet se skilpadspesies word bedreig, of het reeds uitgesterf. Hulle tel nou onder die mees bedreigde diere op aarde. (bron: Bioscience)
Hierdie hedendaagse afstammelinge van antieke spesies dien vir ons as barometer van hoe die mens se handeling die afname van ons wild teweegbring. Skilpaaie is al hier vir meer as 200 miljoen jaar en het die dinosourusse oorleef.
Hulle getalle is besig om drasties te daal omdat hulle natuurlike omgewings vernietig word, hulle as troeteldiere aangehou word, hulle geëet word en weens klimaatsverandering.
Dit is nie altyd ooglopend nie, maar skilpaaie speel ’n belangrike rol in die onderhoud van verskeie natuurlike omgewings. ’n Afname in hul getalle affekteer nie net die omgewing en ander wild nie, maar ook die mens. Hulle help, onder andere, met die verspreiding van saad en die voorbereiding en onderhoud van die habitat van ander wild.
(foto: UGA)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

