Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) het die beoordelaarspaneel vir vanjaar se kompetisie, wat van 1 tot 5 Desember 2026 in die Endler-saal in Stellenbosch, Suid-Afrika, sal plaasvind, aangekondig.

Die sewe-lid jurie sal na die optredes van die 28 gekeurde deelnemers tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar oud luister.

Prof Mario Nell van die Stellenbosch Universiteit (SU) en die direkteur van die NJMK sal die nie-stemgeregtigde voorsitter van die paneel wees. Die ander beoordelaars is dr Samson Diamond, Louis Heyneman, emeritus prof John Hinch, Vaughan Pietersen, Bennie van Eeden en Berthine van Schoor.

“Gesamentlik verteenwoordig hulle ’n rykdom aan plaaslike en internasionale musiekkennis en -ervaring, wat alle orkesinstrumente dek,” sê Aileen Maas, koördineerder van die kompetisie.

Elke beoordelaar sal oor die vier rondes van die kompetisie na ongeveer 22 uur se musiek luister. Nog ‘n uur is opsygesit vir beraadslaging deur die paneel. Saam, sal die totale tyd wat aan beoordeling bestee word, op meer as ses dae te staan ​​kom.

Die beoordelingspaneel sal die jong musici individueel beoordeel en in die verloop and die kompetisie na meer as honderd werke luister. Die deelnemers sal elk ’n uiteenlopende repertorium van klassieke musiek aanbied.

Die NJMK is al die afgelope 19 jaar die enigste Suid-Afrikaanse musiekkompetisie waar die ses finaliste om die hoogste eer meeding, begelei deur ‘n professionele filharmoniese orkes tydens ‘n galakonsert wat op Saterdag, 5 Desember, plaasvind.

Die opkomende klassieke sterre ding mee om die gesogte NJMK-titel, die prysgeld van R180 000, en goue, silwer- en bronsmedaljes in vyf instrumentkategorieë, naamlik klavier, strykinstrumente, houtblaasinstrumente, koperblaasinstrumente en ander orkesinstrumente soos perkussie, harp, ens.

Vanjaar maak Louis Heyneman, die afgetrede hoof- uitvoerende beampte en artistieke direkteur van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO), sy debuut as jurielid van die NJMK. Tydens sy 25 jaar by die KFO het sy visie vir musikale ontwikkeling daartoe gelei dat die orkes ’n integrale deel van die 42 jaar oue kompetisie geword het.

Al die ander beoordelaars het vorige ervaring as beoordelaars van die NJMK.

Tydens die eerste twee rondes op 1 en 2 Desember sal alle deelnemers werke uit hul selfgekose repertorium uitvoer. Slegs 12 deelnemers sal vir die derde (semi-finale) ronde op 3 Desember gekies word, waarna die top-ses saam met die KFO om die hoogste eer in die Finaliste se galakonsert sal meeding.

Die algehele kompetisiewenner en die finale ranglys van die NJMK word kumulatief oor die vier rondes bepaal. Die groep deelnemers bestaan ​​uit 14 pianiste, ses violiste, ses tjelliste en twee saksofoonspelers.

Toegang tot die eerste drie rondes (1 tot 3 Desember) is gratis. Besprekings vir die galakonsert op Saterdag, 5 Desember via Quicket. Pryse vir ongereserveerde sitplekke wissel van R150 vir studente, leerders en pensioentrekkers R200 vir volwassenes.

2026 Adjuicating Panel
2026 Jurielede

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar