Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) het ‘n rekordgetal van 50 inskrywings vir vanjaar se kompetisie, die 42ste sedert dit in 1984 gestig is.
Sleutelwoord Argiewe:Nasionale Jeugmusiekkompetisie
R180 000 prysgeld wink vir jong musici
Geleenthede wink vir Suid-Afrika se jong klassieke musikante. ‘n Maksimum van 25 instrumentaliste kan ‘n happie kry van die prysgeld van altesaam R180 000 by die 42ste Nasionale Jeugmusiekkompetisie.
KFO-violis keer terug na nasionale musiekkompetisie
Violis Nicholas Bruiners, ‘n bronsmedaljewenner van die 2017 Nasionale Jeugmusiekkompetisie, keer vanjaar na die kompetisie terug om as gaskunstenaar by die finaliste se galakonsert op te tree.
Gesiene musikant keer na sy wortels terug vir musiekkompetisie
Die Stellenbosch-gebore pianis en komponis, David Earl, keer terug na sy wortels om by die beoordelaarspaneel van die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) aan te sluit. Hy is tans in Cambridge, Verenigde Koninkryk gebaseer.
Opkomende musieksterre vir kompetisie aangekondig
Slegs 24 opkomende sterre vanoor Suid-Afrika is uit 35 inskrywings vir die 2025 Nasionale Jeugmusiekkompetisie gekies.
Carnegie-saal konsertmeester vir galakonsert
Die konsertmeester van die Afrika Verenigde Jeugorkes (AVJO), violis, Gilah Kellner is die gaskunstenaar by die galakonsert van die 2024 Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) op Saterdag 7 Desemberby die Endler-saal in Stellenbosch.
Nuwe era vir gesiene musiekkompetisie
‘n Nuwe daeraad breek aan vir die 2024 Nasionale Jeug musiekkompetisie (NJMK) met ‘n nuwe tuiste en 13 nuwe ontluikende sterre onder die 20 gekeurde klassieke musiek sensasies.
Jeugmusiekkompetisie huldig stigter, verhoog prysgeld
Die 2024 Nasionale Jeugmusiekkompetisie huldig die stigter van die kompetisie, wyle Michael Maas wie op 14 Maart 2023 oorlede is. Die totale prysgeld is ook tot R180 000 verhoog.
Nuwe tuiste vir Nasionale Jeugmusiekkompetisie
Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) gaan in 2024 onder die beskerming van die Departement van Musiek van Stellenbosch Universiteit (SU) hervat.
Vrystaatse violis speel troefkaart by die nasionale musiekkompetisie
‘n Vrystaatse violis speel die troefkaart by vanjaar se Nasionale Jeugmusiekkompetisie.
