Die Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) het ‘n rekordgetal van 50 inskrywings vir vanjaar se kompetisie, die 42ste sedert dit in 1984 gestig is.

Die kompetisie vir klassieke musikante tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar vind van 1 tot 5 Desember plaas in die Endler-saal, Konservatoriumgebou, Victoriastraat, Stellenbosch.

Altesaam 28 deelnemers van regoor Suid-Afrika is gekies. Dit is drie meer as wat die voorgeskrewe kompetisiereël bepaal.

“Die oudisiepaneel van gerekende musikante het die standaard so hoog gevind dat hulle aanbeveel het dat 28 opkomende sterre genooi word om aan die week lange geleentheid deel te neem,” sê Aileen Maas, koördineerder van die NJMK.

Hulle sal om prysgeld van altesaam R180 000, asook die gesogte wennerstitel en goue, silwer- en bronsmedaljes meeding.

Twee pare sibbe is onder die deelnemers. Hulle is Weien Amy en Xizhi Aiden Luo van Umhlanga in KwaZulu-Natal en die Yang-broers, Haotian (Mike) en Juntian (David), van Rondebosch in Kaapstad.

Die NJMK word oor vier rondes in vyf kategorieë vir orkesinstrumente beslis – klavier, strykinstrumente, houtblaasinstrumente, koperblaasinstrumente en ander orkesinstrumente (harp, slagwerk, marimba, xilofoon, ens.).

 Vanjaar is 14 pianiste, ses tjelliste, ses violiste en twee saksofoonspelers gekies.

Tydens die vyfdaagse kompetisie moet hulle ‘n uiteenlopende repertoire van hul eie keuse uitvoer wat verskillende stylperiodes en Suid-Afrikaanse komposisies insluit. Al die deelnemers sal in die eerste twee rondes speel. Daarna sal 12 semifinaliste in die derde (halfeind-) ronde meeding om te bepaal wie die top-ses musikante is.

Die top-ses aanspraakmakers sal dan tydens ‘n galakonsert begelei deur die Kaapstad Filharmoniese Orkes (KFO) op Saterdag, 6 Desember, om die oorwinning meeding.              

Die twee jongste sterre (14 jaar oud) is van die Wes-Kaap. Vyf deelnemers is eerstejaarstudente aan die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Stellenbosch Universiteit (SU), terwyl die res van die deelnemers ‘n verskeidenheid streke verteenwoordig.

Die name van die beoordelaarspaneel en kaartjiepryse vir die galakonsert op 5 Desember 2026 sal nader aan die kompetisie bekend gemaak word. Toegang tot die eerste drie rondtes van 1 tot 3 Desember 2026 is gratis.

      Die volledige alfabetiese lys van die suksesvolle kandidate is:

SurnameNameAgeInstrumentOrigin
BeukesCorban18VioolKSD, Protea Hoogte
CordewenerMeya17VioolHartenbos
De VilliersLukas18KlavierWellington
GoliathQuinn17SaxofoonKSD, Loevenstein
GrayRebecca16TjelloKSD, Pinelands
LammingaTiaan17KlavierLangebaan
Le DuVictor15KlavierGrahamstad
Le RouxMadison19KlavierKSD, Pinelands
LuoWeien Amy18VioolUmhlanga
LuoXizhi Aiden15KlavierUmhlanga
MoreengKotso18VioolBloemfontein
NelAJ17SaxofoonWellington
PengYu Qing18KlavierJHB, Woodmead
PhilanderDamian19KlavierStellenbosch
PillayMicah17TjelloKSD, Brackenfell
PriceDylan15KlavierJHB, Dunkeld
PrinsAné19TjelloStellenbosch
ShawAnja14TjelloHermanus
ShiJason16KlavierJHB ,Dunkeld
SinghAran17KlavierUmhlanga
StiffEmma19VioolStellenbosch
Van der MerweMisha16TjelloMosselbaai
Van NiekerkEmily16VioolKSD, Tuine
WengDavid16KlavierDurban
YanWeiru17KlavierBallito
YangHaotian (Mike)14KlavierKSD, Rondebosch
YangJuntian (David)16KlavierKSD, Rondebosch
YilmazDilara16TjelloJHB, Westcliff

Die kompetisiewenner en die finale rangorde van die NJMK word kumulatief oor die vier rondes bepaal. Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika waar die ses finaliste om die hoogste eer meeding, begelei deur die Kaapstad Filharmoniese Orkes (KFO). Die galakonsert van die finale ronde sal regstreeks op die NYMC-webwerf (www.nymc.co.za) uitgesaai word.

Die direkteur van die NJMK, prof Mario Nell, en Aileen Maas, die NJMK-koördineerder (middel), vier die medalje-oes van die drie algehele wenners van die 2025-NJMK. Hulle is, van links na regs: Hermanus Schmidt (goud), Yu Qing Peng (silwer) en Kyrah Adams (brons).
Die direkteur van die NJMK, prof Mario Nell, en Aileen Maas, die NJMK-koördineerder (middel), vier die medalje-oes van die drie algehele wenners van die 2025-NJMK. Hulle is, van links na regs: Hermanus Schmidt (goud), Yu Qing Peng (silwer) en Kyrah Adams (brons).

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar