“Daar is ’n plek waar ek gereeld heen gaan wanneer die wêreld om my ’n bietjie te besig en luidrugtig raak. ’n Plek waar daar verkieslik nie te veel ander mense is nie – of waar hulle my ten minste nie pla nie. Veral nie dié wat hanna-hanna nie: besig lyk, maar eintlik nie veel doen nie. En ook nie diégene wie se lippe aanhoudend beweeg – blah blah blah – terwyl die geraas op die ou end maar min beteken nie.
Dis die denkbeeldige plek waarheen ek verdwyn wanneer ek liedjies skryf; waar ’n gedagte vorm kan aanneem; ’n tema woorde kry, en lirieke hul plek vind in rym en ritme, totdat iets wat eers net ’n gedagte was, begin klop-klop, lewe kry en eindelik iets sinvol beteken.
So die wêreld kan maar hanna-hanna, Hulle kan maar blah blah blah …
Ek hokus fokus.”

– Gerard Stoop


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar