Die 2024 Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) huldig die stigter van die kompetisie, wyle Michael Maas wie op 14 Maart 2023 oorlede is. Die totale prysgeld is ook tot R180 000 verhoog.

      Die 40-jaaroue kompetisie vir klassieke musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar sal van 2 tot 7 Desember 2024 by die Endler-saal, Konservatorium-gebou, Victoriastraat, Stellenbosch beslis word. Die NJMK word in samewerking met Stellenbosch Universiteit Musiekdepartement.

      Die toelatingsvereistes, reëls en registrasievorm vir die 2024 kompetisie is op 4 Maart 2024 op die NJMK se webblad by www.nymc.co.za gepubliseer. Die sluitingsdatum is 28 Junie 2024.

      Slegs 25 kandidate sal ná oudisies gekies word. Alle intekenare sal teen 22 Julie 2024 van die uitslag verwittig word. Die week lange kompetisie word oor vier rondes in vyf kategorieë, klavier, strykinstrumente, houtblaasinstrumente, koperblaasinstrumente en ander orkesinstrumente (soos harp, slagwerk, marimba, xilofoon, ens.) beoordeel.

      Elke suksesvolle deelnemer moet ‘n wye repertorium van hulle eie keuse voorberei. Dit moet verskillende stylperiodes en Suid-Afrikaanse komposisies, soos in die kompetisiebrosjure aangedui, insluit. Alle deelnemers  sal in die eerste twee rondes speel. Daarna sal 12 semi-finaliste in die derde ronde (semi-finaal) speel om die voorste ses musici aan te wys.

      Die leidende ses deelnemers sal dan om die goue medalje en die Michael Maas Huldigingprys van R36 000 sake uitspook, begelei deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO)). Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika waar die ses finaliste met ‘n volle simfonieorkes om die louere meeding.

Lewer kommentaar

Leave a Reply