KFO-violis keer terug na nasionale musiekkompetisie

Violis Nicholas Bruiners, ‘n bronsmedaljewenner van die 2017 Nasionale Jeugmusiekkompetisie, keer vanjaar na die kompetisie terug om as gaskunstenaar by die finaliste se galakonsert op te tree.

Nege studente skat waarde van 19 ontluikende sterre

Nege millennials van drie Suid-Afrikaanse universiteite is genooi om op die skadujurie van die gesaghebbende Nasionale Jeugmusiekkompetisie te dien wat van 9 tot 13 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad plaasvind.

Johannesburgse tiener wen gesogte SA nasionale musiekprys

‘n Veertienjarige tuis-skool violis van Parktown Noord, Johannesburg, Gilah Kellner, het met die louere weggestap in vanjaar se Nasionale Jeugmusiekkompetisie.