Nege millennials van drie Suid-Afrikaanse universiteite is genooi om op die skadujurie van die gesaghebbende Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) te dien wat van 9 tot 13 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium in Parow, Kaapstad plaasvind.

Onder die nege is die 2016-Goue Medalje, Eerste Pryswenner, saxofoonspeler Cameron Williams, ‘n finalis van die 2017-kompetisie.

Onder die wakened oog van prof John Hinch, fluitspeler en emeritus professor van die Universiteit van Pretoria, sal skadujurie sal die kompetisie met pryse van meer as R145 000 oor vier rondes beoordeel.

Die skadujurielede vir die 2018-kompetisie is Nicholas Bruiners (UK), Joshua Louis (UK), Seul Pearl Jung (UK), Rosemarie Lemmer (UP), Lihle Mabhula (UK), Mulalo Mphaphuli (UK), Chris Njapha (US), Jolandi Schaap (UP) en Cameron Williams (US).

Almal is musiekstudente in die ooreenstemmende instrumente van die 19 mededingers, naamlik klavier, viool, tjello, fluit, klarinet en saxsofoon.

Hulle sal punte toeken aan die 19 deelnemers, tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar, onafhanklik van die beoordelinspaneel van vooraanstaande akademici en kundiges in die klassieke musiekarena. Die skadujurie wys die mees belowende semi-finalis aan, wie nie tot die finale ronde van die kompetisie deurdring het nie.

Die jaarlikse westryd, aangebied deur die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS), is 34 jaar gelede in Port Elizabeth deur Michael Maas, stigter en voorsitter van die NJMS, van stapel gestuur.

Die stigting se visie is om jeugmusici te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel. Daarom nooi die stigting voormalige mededingers en ander opkomende sterre om op die skdujurie te dien en sodoende ‘n nuwe generasie beoordelaars op te lei.

“Dié konsep bied aan voormalige deelnemers en opkomende musici die geleentheid om die binnewerking van die beoordelingsproses by musiekwedstryde te beleef. Sedert die instelling van die skadujurie is ‘n sterk ooreenkoms tussen hulle puntetoekkennings en die van die panel beoordelaars gesien,” sê Maas.

Prof Hinch was ‘n dosent in fluit, piccolo, metodologie, repertoire, musiekgeskiedenis (klassiek, jazz en populêr), instrumentalisasie, estetiese musiek en navorsingsmetodolgie. Hy het meer as ‘n honderd musiekkompetisies en eisteddfods regoor Suid-Afrika beoordeel, en doen dit steeds.

Die beoordelaarspaneel bestaan uit Michael Maas (voorsitter­); Prof Ella Fourie (klavier); mnr Vaughan Pietersen (Hoof van die Frank Pietersen Musiekskool, Paarl); Prof Nina Schumann van die Universiteit van Stellenbosch (klavier); Prof Corvin Matei (Hoof van fluit en dirigering van die Universiteit van Stellenbosch); me Khanyisile Mthetwa (fluitdosent by Wits Universiteit); mnr John Theodore (klavier); me Polina Burdukova (strykinstrumente) and Dr Becky Steltzner (houtblaasinstrumente by die Universiteit van Kaapstad).

· Die finaliste se galakonsert op 13 Oktober begin om 19:00. Kaartjies kos R120, R90 vir pensioentrekkers, student en leerders. Besprekings by Computicket 0861 915 8000, Shoprite en Checkers winkels, of aanlyn by www.computicket.com.

· Toegang is gratis by die eerste drie rondes van 9 tot 11 Oktober by die Hugo Lambrechts-Ouditorium.

Lewer kommentaar

Leave a Reply