Die konsertmeester van die Afrika Verenigde Jeugorkes (AVJO), violis, Gilah Kellner is die gaskunstenaar by die galakonsert van die 2024 Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK) op Saterdag 7 Desemberby die Endler-saal in Stellenbosch.
Die AVJO het in Augustus vanjaar by die Carnegie-saal as deel van die WOW!-fees (Wêreld Orkesweek) opgetree. Die feesprogram het uitvoerings deur Venezuela se Kindersimfonie, die Beijing Jeugsimfonieorkes, die Europese Gemeenskap-jeugorkes, die Afghaanse jeugorkes en lede van VSA se Nasionale Jeugorkes ingesluit.
In 2017, het Gilah, toe 14 jaar oud, met die louere weggestap as die algehele en goue medalje wenner van die 2017 NJMK. Sy is tans ‘n tweedejaar BMus student onder Dr Suzanne Martens aan die Stellenbosch Universiteit.
Die NJMK galakonsert is die hoogtepunt van die weeklange kompetisie vir talentvolle klassieke musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar. Dit is die enigste Suid-Afrikaanse musiekkompetisie waar die ses finaliste sake onder begeleiding van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) uitspook. Maestro Brandon Phillips is op die podium. Hy was ook die dirigent toe Gilah die kompetisie gewen het.
Die ses finaliste voer by die galakonsert hulle onderskeie concerti met die KFO uit. Die konsert sluit af met Gilah wat die veel-geliefde tweede beweging van Beethoven se vioolkonsert sal speel.
Die kompetisie met pryse van R180 000, goud-, silwer- en bronsmedaljes word deur ‘n paneel van sewe gewaardeerde musici beoordeel. Die wenner en finale ranglys van die kompetisie word kumulatief oor vier rondes bepaal.
Die galakonsert begin om 18:00. Kaartjies vanaf R110 vir die finale ronde se galakonsert is beskikbaar by Quicket https://www.quicket.co.za/events/286207-national-youth-music-competition-2024/#/
Die volledige konsert en prysuitdeling word regstreeks op die NJMK se webtuiste by www.nymc.co.za gestroom.