Die nuwe enkelsnit “Spook by my” is Afrikaanse popsanger, Julanie J, se vyfde onafhanklike vrystelling. Hierdie treffer is nie net perfek vir ń somer sokkie dans nie, maar sy lirieke, soos baie van haar ander liedjies, het ń dieper betekenis.

“Ek weet dis my verlede wat kom spook by my”. As mens eers seer gekry het in die area van hartsake, is dit nie so maklik om sommer net in n volgende verhouding in te stap nie. Jy onthou dat daar beloftes van “mooi” was en wat toe heel anders uitgedraai het. En om dan sommer net te vertrou is nie so eenvoudig. Want jy weet dat dit wat nou mooi en belowend lyk, heelwat anders kan uitdraai en eintlik is dit jou verlede wat by jou spook, wat maak dat jy terughou.

Julanie wou hierdie ervaring en gevoelens namens soveel mense verwoord in ‘n liedjie en natuurlik, jy kan dit net doen as jy dit self beleef het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply