Vrydag die dertiende gaan beslis nie « bad luck » bring nie! Veral nie as julle besluit om die aand deur te bring in Die Boer teater, Durbanville, nie.
Julle het reg gehoor Op Vrydagaand die 13e Desember om 20:30 tree jul gunsteling Afrikaanse sanger/liedjieskrywer weer op… niemand anders nie as KOOS KOMBUIS!
Kom drink ‘n glasie wyn saam met Koos, en luister na sy stories, sy wel en sy wee, en sy ou en nuwe liedjies. Watter beter terapie kan daar wees vir hierdie tyd van die jaar !
Bespreek by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com