‘n Nuwe daeraad breek aan vir die 2024 Nasionale Jeug musiekkompetisie (NJMK) met ‘n nuwe tuiste en 13 nuwe ontluikende sterre onder die 20 gekeurde klassieke musiek sensasies. Om die kroon te span, gaan twee broers vanjaar in dieselfde kategorie teen mekaar meeding.

Voorbereidings vir die 40ste NJMK wat van 2 to 7 Desember 2024 by die Endler-saal, Konservatoriumgebou, Victoriastraat, Stellenbosch aangebied word, is in volle swang.

Die 20 tienersterre sal in die week-lange kompetisie, met ‘n totale prysgeld van R180 000, plus die gesogte titel as wenner, ‘n goue medalje, silwer en brons medaljes, wedywer. Die twee broers, Kian,17, en Quinn Goliath, 5, van Loevenstein in Kaapstad. Altwee is saxofoonspelers.

Die invloedryke kompetisie vir klassieke instrumentaliste is n toonkas van talentvolle jong Suid-Afrikaanse musici tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar. ‘n Paneel van gevierde musici het 20 kandidate deur video-oudisies gekies.

Hulle sal in vyf kategorieë vir orkes-musiekinstrumente – klavier, stryk-, houtblaas-, koperblaas- en ander orkesinstrumente (harp, slagwerk, marimba, xilofoon, ens.) – meeding.

Oor die vyf-dae lange wedstryd, Moet die deelnemers ‘n wye repertoire van hulle eie keuse speel. Dit dek verskillende stylperiodes en Suid-Afrikaanse komposisies. Al die mededingers sal in die eerste twee rondes speel. Daarna sal 12 semi-finaliste in die derde (semi-finaal) ronde meeding om die voorste ses musici aan te wys.

Daar is vanjaar deelnemers  in al vyf kompetisie-kategorieë. Die pianiste kraai koning met sewe mededingers, gevolg deur ses ontluikende strykersterre. Kort op julle hake is daar vyf houtblasers. Die res van die groep bestaan uit een koperblaser en ‘n marimbaspeler in die kategorie vir ander orkesinstrumente.

Sewe van die sterre het al voorheen aan die NJMK deelgeneem, en ‘n indrukwekkende 13 jongelinge ding vir die eerste mee om die gesogte titel. Hulle is van oor die hele land gekies.

Die drie jongste sterre (14 jaar) kom almal van die Wes-Kaap af. Ses van die deelnemers is studente van die Universiteit van Kaapstad (UK), Universiteit van Pretoria (UP) en Stellenbosch Universiteit (SU).

Die name van die beoordelaars en kaartjiepryse vir die galakonsert op 7 Desember 2024 sal nader aan die kompetisie aangekondig word. Toegang tot die eerste drie rondes van 2 tot 5 Desember 2024 is gratis.

      Die volledige alfabetiese lys van die suksesvolle mededingers is as volg:

VanNaamOuderdomInstrumentAfkomstig van
AdamsKyrah18MarimbaPaarl
AdamsLogan19Trompet/KornetKaapstad
CilliersJames18SaxofoonDurbanville, KSD
ClaassenGabriella19FluitCenturion, Gauteng
GoemansBernadette19VioolKaapstad
GoliathKian17SaxofoonLoevenstein, KSD
GoliathQuinn15SaxofoonLoevenstein, KSD
GrayRebecca14TjelloKaapstad
HiemstraChristian-Peter14PianoKaapstad
Le RouxMadison17PianoPinelands, KSD
LiJayden15TjelloJohannesburg
LiuHelen19VioolBedfordview. Jhb
LupamboChanda Bupe19KlavierBassonia Estate, Jhb
PengYu Qing16KlavierJohannesburg
PienaarTalitha18FluitPretoria
SchmidtHermanus18KlavierStellenbosch
Shmanova-PearsonVivianna19KlavierNuweland, KSD
StamerLuke16TjelloKaapstad
SteenkampEmma17VioolKaapstad
YangJuntian (David)14KlavierKaapstad

Die wenner en finale ranglys van die NJMK word kumulatief oor vier rondes bepaal. Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika waar die ses finaliste sake vir die louere, begelei deur die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO), uitspook. Die derde ronde met die 12 semi-finaliste, sowel as die vierde ronde se galakonsert  sal regstreeks op die NJMK se webblad gestroom word.

Die drie algehele wenners van die 2022 NJMK is vlnr Qden Blaauw (brons), Mike Wang (goud) en Esihle Mthethwa (silwer)
Die drie algehele wenners van die 2022 NJMK is vlnr Qden Blaauw (brons), Mike Wang (goud) en Esihle Mthethwa (silwer)

Lewer kommentaar

Leave a Reply