Willem Botha, die veelbekroonde kunstenaar en skoonheidsekspert, bied op Saterdag, 31 Augustus 2024, sy uiters gewilde Make-up Masterclass aan by Hedgehog’s Nest in Rustenburg. Hierdie unieke geleentheid, wat om 11:00 begin, beloof om die perfekte afsluiting van Vrouemaand te wees, vol leer, lag en luuksheid. Dit spog geleentheid word deur Brutusbree.Events georganiseer.
Gaste kan uitsien na ‘n meesterklas van twee ure, waarin Willem Botha sy top Make-up tegnieke, wenke en truuks sal deel, alles voor die indrukwekkende agtergrond van Hedgehog’s Nest se pragtige omgewing. Hierdie is nie net ‘n opleidingsessie nie, maar ook ‘n sosiale geleentheid waar vroue nuwe herinneringe kan skep saam met vriende en familie.
Die meesterklas bied nie net insig in professionele grimeerkuns nie, maar na afloop van die meesterklas kan gaste uitsien om Willem in lewende lywe te ontmoet en hul nuwe grimeervaardighede te bespreek. Willem se eie skoonheidsreeks, Willem Botha Beauty, se produkte sal te koop aangebied word, en gaste word aangemoedig om hulself te bederf om hul selfvertroue te versterk.
Die dag sluit ook ‘n 30-minute musiek optrede deur Willem Botha in, voor die meesterklas begin, wat die atmosfeer van hierdie eksklusiewe gebeurtenis verder sal verhoog. Voor die meesterklas kan gaste uitsien na ‘n ligte ete en iets verfrissend om te drink, terwyl hulle in geselskap verkeer.
Kaartjies en Besprekings
Verskeie kaartjie-opsies is beskikbaar, VIP, VIP33, en Algemeen. Tafels van maksimum tien sitplekke elk, kaartjies is beperk. Belangstellendes word aangemoedig om vinnig te bespreek. WhatsApp “WBM KAARTJIES” na 072 559 4635 om julle plek te verseker. Kaartjies verkoop vinnig, jy wil dit nie misloop nie!

