Daar is geen beter manier om die Desember-feesseisoen op ’n hoë noot te begin as met ’n onvergeetlike aand van musiek, nostalgie en lekker kuier saam met Die Broers nie! Die gewilde Snyman-broers – Christo, Cobus en Nic – keer op Dinsdag, 1 Desember 2026, terug na die Boer teater se verhoog, vir die eerste keer in 2026 en des te meer beloof Die Broers ’n energieke en prettige vertoning wat gaste van die eerste noot af sal laat saamsing en -dans. Gehore kan uitsien na al hul grootste treffers oor die jare, asook nuwe gunstelinge wat hul kenmerkende harmonieuse sang en polsende Afrikaanse klank ten toon stel. Christo, Cobus en Nic maak reeds van kleins af saam musiek en staan landswyd bekend vir hul aansteeklike verhoogpersoonlikheid, meesleurende stories en veelsydige musikale talent op instrumente soos klavier, trompet, kitaar en kontrabas. Oudergewoonte behoort Die Broers die gehoor op hul voete te kry en is hierdie vertoning die ideale geleentheid om die jaar se spanning agter te laat en in die vakansiegees te kom. [
Datum: Dinsdag, 1 Desember 2026
Tyd: 20:30 (Deure open 18:00 vir aandete en drankies)
Plek: Die Boer Teater Restaurant, Chenowethstraat 6, Durbanville
Kaartjies: R240 per persoon
Besprekings: Bespreek aanlyn by dieboer.com of skakel die teater by 021 979 1911 / 083 406 0111

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
